308 mauser akkuraatheid potensiaal

Post Reply
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

308 mauser akkuraatheid potensiaal

Post by Dwight375 »

Middag manne

N vinnige vraag, in dien n geweer aan mekaar gesit word deur n geweer smit wat weet wat hy doen en n goeie kwaliteit loop word gepasens, bv:

Large ring mauser aksie
24 duim Truvello loop ( 17mm breed by die kroon ) ( Loop kan dalk later met krieger, broughton, bertlein vervang word )
Timney sneller, oorspronklike hout " jag " kolf of dan op n later stadium n Boyds kolf.

Wat dink julle manne kan n mens verwag van so geweer ? Met oordentlike lading ontwikkeling en dop voorbereiding, is dit moontlik dat die geweer n half duim sal hou op 100 m ? 1duim op 200m ? 2-3 duim op 300m ?

Dink julle ek benader die situasie verkeerd deur dalk te veel te verwag van n mauser aksie ?

Die rede hoekom ek vra is want ek het n oulike 308 gekoop by Ralph Badenhorst en ek begin wonder of ek die oulike geweer net so moet los of hom dalk vorentoe kan gebruik as n ander platvorm om n raak skiet geweer te bou, ja ek weet dit is n mauser maar my pa se 308 gebou op n mauser skiet n barshou - is dit net een in n duisend ? ??? :o

Ek hoor graag van julle. ^-^

Dankie en groete
Dwight
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308 mauser akkuraatheid potensiaal

Post by Dwight375 »

Natuurlik moet n man kyk na die fondse, een van die redes oor die vraag wat gevra is :'( ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 308 mauser akkuraatheid potensiaal

Post by PWV »

Geen rede waarom die geweer nie sal skiet nie, bhalwe as die fool agter die tool nie weet hoe nie! ::)
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: 308 mauser akkuraatheid potensiaal

Post by Dwight375 »

Dankie Oom
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: 308 mauser akkuraatheid potensiaal

Post by Williel »

gooi kole, hy sal werk. Besluit net hoeveel geld jy wil spandeer vs n nuwe een.
Groete, Willie
Post Reply