Enige kenners op die Lynx LX2 2.5-15x 50 RF

Post Reply
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Enige kenners op die Lynx LX2 2.5-15x 50 RF

Post by alecjohnson »

Ek wil graag vir my 'n lekker bekostigbare goeie teeleskoop koop.

Die teleskoop sal op my 375H&H monteer word, nou wil ek weet of daar enige van julle is wat een het? Ek wil graag die SAHunter reticle he. Maar hoe is sy rangefinding vermoë? hulle se van vlakvark 200m en groter diere 800m ( neem aan eland en dalk kudu op daai afstande?)

Die teleskoop rangefinder combo is vir my noggals 'n goeie idee want ek wil nie 'n rangefinder in die veld dra nie, maar sal lekker wees om presies te weet hoe ver daai bok is. nou dra ek dit sommar in my teleskoop.

Ek sal nog lank moet spaar om dit te koop, spaar maar terwyl ek vir die kaarkie wag.


Enige insette sal waardeur word.
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: Enige kenners op die Lynx LX2 2.5-15x 50 RF

Post by Boogjagter »

Alec, ek is nie seker of ek 'n nuwe model van Lynx gemis het nie, maar ek het die Lynx pro-series in die genoemde vergroting met 'n rangefinding reticle. Die scope het nie 'n rangefinder in soos bv die Burris eliminator nie, maar die reticle het mildots en "range estimating graduation lines". Jy kan die hoogte van die bok se skouers op tien vergroting tussen die milldots gebruik om 'n aanduiding van die afstand na die bok te kry of op verskilledne vergrotings die hoogte van die bok se skouers meet in die graduated lines om weereens 'n aanduidung van die afstand te kry.

Jy kan hier mooi lees hoe werk dit: http://www.lynx.co.za/PDF/Instructions% ... %20low.pdf

Sover ek weet maak Nikon, Burris en Bushnell scopes met laser range finders in.

Hoop dit help jou.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Enige kenners op die Lynx LX2 2.5-15x 50 RF

Post by alecjohnson »

Baie dankie, met daai kruishaar sal ek kan werk!

Sal kyk na ander telescope maar ek laaik daai kruishaar!
Post Reply