9.3x62
-
atjie
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Thu Oct 31, 2013 9:34 am
9.3x62
Goeie dag!
Ek wil bietjie meer uitvind by die manse wat so geweer het, hoe bevind julle die kaliber.
Ek het n .243 waarmee ek omternt al alles geskiet het behalwe n eland en wildebees, maar ek sien al hoe meer plase vereis n .270 of groter. En ek verstaan hoekom.
Nou wil ek n groter kaliber koop en die 9.3 cz lyk net vir my reg. Ek jag ook meeste in die bosveld.
Dink julle dit sal die moeitewerd wees.

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 9.3x62
Jy sal NOOIT 'n fout maak nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62
Kan dit nie beter sê nie, jy gaan hom genietDWB wrote:Jy sal NOOIT 'n fout maak nie
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: 9.3x62
Ek self droom oor hom, ook die cz. Die fullstock is bitter mooi maar kan probleme gee met die loop wat raak. As ek reg is Deon het jy eers die fullstock gehad en hom toe verander?
Ek kannie dink jy sal verkeerd gaan nie.
Kom wys fotos!
Ek kannie dink jy sal verkeerd gaan nie.
Kom wys fotos!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: 9.3x62
Die 9,3 is fantastiese bosveld kaliber! My seun het die naweek groot koedoe koei en bwb met die 9,3 gejag.Die bwb het in sy spore geval met 286gr claw punte met hoe hart long skoot.Jy sal nooit spyt wees nie
Meer recoil wat jy miskien gewoond is maar heel hanteerbaar! 
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: 9.3x62
Skiet als met hom en omtrent geen vleis skade nie, jy sal daai 243 sommer weg gee....
Groette
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- Hilux01
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm
Re: 9.3x62
Atjie
Ek gaan n +1 gooi op al die bogenoemde kommentaar
Ek geniet myne verskriklik en ek skiet van n vlakvark tot n eland met hom en het nog geen vleis skade gehad nie
Hulle dra lekker in die bosveld, die CZ se aksie is fantasties - ek weet wel DWB het gesukkel met sy full stock op n stadium miskien kan hy jou meer inligting gee
As jy eers daai outjie in jou kluis het gaan die .243 nie so baie werk he nie

Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
-
Benji93
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Nov 07, 2012 12:54 pm
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: 9.3x62
Sopas my tweede jag gehad met my CZ Full Stock 9,3 x 62. Skitterende geweer wat in moeilike berge en dale terrein lekker gedra en goed presteer het teen BWB en Impalas ! Jy sal nie spyt wees nie !
-
mustangsa
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am
Re: 9.3x62
Dagse atjie!
Ek het in 1999/2000 vir my my droom BRNO .308 vir R2500 gekoop en gedink nou is ek reg vir die bos en Namibie... Ek het lekker rooibokke en koedoes gejag en toe in 2010 'n Elandkoei geskiet met die .308 - daar het ek besef iets groter sal baie beter wees want ek moes ver loop agter die eland aan aangesien die 180gr koeel nie diep genoeg penetreer het nie - dus was my logiese groter opsies 3006/9.3x62/375 H&H/375 Ruger:
1) Met 'n 375 kan jy alles skiet, maar die ammo gaan jou beursie seermaak en ook die terugskop is bietjie kwaaier na 10 skote op die baan...
2) 3006 is maar dieselfde as .308 en nie regtig die beste aanvulling tot bestaande versameling nie.
3) 9.3x62 was my antwoord:
i) omdat dit 3006-doppe gebruik (jy kan 3006 doppe vervorm en 9.3 laai as jy nodig het)
ii) ammo is bekombaar
iii) CZ maak 9.3x62
iv) Jy kan 'n buffel met 'n 9.3 skiet as jy moet en dis seker al groot 5 wat ek ooit sal kan skiet/graag wil skiet...
Dus het ek toe hier 'n 9.3x62 CZ gekry met knaldemper op en ek moet se die terugskop is nie baie rowwer as my vriend se 3006 nie, die kd help ook aansienlik met geraas en die blik S335 gaan baie verder kom met 9.3 herlaai as 375!
Dit - in 'n neutedop - my voorstel vir 'n ordentlike bosgeweer (en vlaktegeweer met die kd - kd gee 100voet/s verbetering deur kronograaf!)
Sterkte!

Sako 30-06
Mauser .22LR
Mauser .22LR
-
atjie
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Thu Oct 31, 2013 9:34 am
Re: 9.3x62
Goeie dag.
My besluit is gmaak 9.3 sal dit wees, maar nou het ek die Sauer 303 Classic XT gesien.
Semi auto 4 skote.
Alhoewel een skoot byna altyd genoeg sal wees is die n mooi geweer.
http://www.sauer.de/en/weapons/s-303/s-303-classic-xt/

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: 9.3x62
Die enigste rede hoekom ek nie n 9,3 het nie, was oor ek n 375 Ruger 2 jaar gelede vir R6000 gekoop het. Dit was goedkoper as om my 30-06 se loop te vervang. Volgens die manne wat weet, doen die 9,3 als wat die 375 doen met n bietjie minder geweld!
-
Benji93
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Nov 07, 2012 12:54 pm
Re: 9.3x62
Koop n 9.3 nou!
Sal nooit spyt wees nie!
Sal nooit spyt wees nie!
243 TIKKA T3
7x64 Steyr Mannlicher
30-06 Brno
9.3x62 Mauser M12
7x64 Steyr Mannlicher
30-06 Brno
9.3x62 Mauser M12
-
Mauser browser
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Sun May 19, 2013 7:18 am
Re: 9.3x62
As jy vinnig 'n groot bargain wil los slaan bel NWK Ligtenburg, hulle het nou die 9,3 CZ op special vir R11335.
Jy sal nie spyt wees nie
Jy sal nie spyt wees nie
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: 9.3x62
Fantastiese kaliber wat minder skop maar net so dood skiet soos enige 375(ook n baie goeie kaliber).
Soos almal se jy sal nie spyt wees nie,behalwe as n T-Rex jou storm.
Soos almal se jy sal nie spyt wees nie,behalwe as n T-Rex jou storm.