Page 1 of 2
.260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 12:52 am
by Leon Crous
Hello manne,
Kom ek val sommer weg:
Ek besit 'n Musgrave .30-06 en Ruger .243.
Ek wil egter graag iets "in between" hê waarmee ek tot Koedoe grootte wild kan skiet.
Dit moet Blesbokke tot op 350-400m kan bêrre en bietjie papierskiet kan doen tot 500m.
Dit is dan obviously tussen 6.5mm en 7mm. En dit moet meer 'n jag geweer "set-up" (lees: gevoel gee) as varminter of taktiese geweer.
Ek het bietjie opgelees en stel vreeslik in die .260 Rem belang.
Ek sou baie graag 'n Remington XCR ii in hierdie kaliber wou aanskaf maar lyk my nie daar bestaan so iets nie.
So hoe moet my nuwe familie-lid lyk?
1)Kort aksie;2)Verkieslik .260 rem kaliber;3)Remington 700 of ander baie goeie (akkuraatheid) aksie;4) 24" loop (verkieslik varmint-tipe - dws bietjie dikker as gewoon maar nie nootwendig ekstra dik nie) met 1-in-8.5" of maksimum 1-in-9" twist;5) Loop moet verkieslik "ge-crown" wees;6)die staal (loop ingesluit) moet verkieslik 'n goeie roeswerende laag op he (dws nie blik soos SS) en hier hou ek weereens van die XCR se "coating" (kan nie nou op naam kom nie);7)ook die kolf van die Rem XCR ii is presies waarna ek soek - sinteties,olyf groen,met Hogue "grip en fore-end". Dit moet nie 'n prominente "beaver" tipe voorent hê nie;8)en dan nog miskien 'n verwyderbare magasyn.
Blikemmer, dis darem nou baie gevra nè!!
Raait, laat weet asb enige kommentaar oor enige van bo-genoemde.
Voorstelle sal vreeslik waardeer word.
Cheers!
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 3:43 am
by Heinz Petersen
Leon, dit lyk vir my jy het eintlik self besluit wat jy wil aanskaf.
My voorstel sal n 308 wees as jy Blesbokke op 400m wil skiet en tot 500m wil papier skiet. Onthou ook net, papier skiet hou nie op by 500m nie. Op n stadium gaan jy wil verder skiet en dan is n 260 n bietjie lig in die broek. Nie dat ek sê n 260 gaan nie verder kan skiet nie.
Gaan kyk na Sniper 101. Daar maak hulle dit vir jou makliker om na n kaliber te soek.
Laat weet vir ons op wat jy toe besluit het en hoekom.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 7:56 am
by JPS
Heinz,
Ek gaan so effe verskiloor die 260 wat bietjie lig is in die broek vir oor die 500m.
Oor 500m is waar die 260 die 308 se gat skop, en sommer solid skop.....
Leon, as jy die geweer gaan laat pasmaak is die remington aksie goeie begin, dit alles hang seker af van hoeveel jy op 'n pasmaak geweer wil spandeer...maar dit lyk tog of jy redelik besluit opgemaak het oor wat jy wil doen.
Groete
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:20 am
by Geno
Heinz Petersen wrote:
My voorstel sal n 308 wees as jy Blesbokke op 400m wil skiet en tot 500m wil papier skiet. Onthou ook net, papier skiet hou nie op by 500m nie. Op n stadium gaan jy wil verder skiet en dan is n 260 n bietjie lig in die broek. Nie dat ek sê n 260 gaan nie verder kan skiet nie.
.308 ballisties beter as 'n .260? Regtig?
http://demigodllc.com/articles/the-case ... ngton/?p=2
The .260 Remington cartridge is gaining favor with many long-range shooters for the simple reason that it slings the long, slim, high-BC 6.5mm bullets at respectable velocity. It duplicates or beats the .300 Winchester Magnum's trajectory with less recoil than .308.
Compared to the venerable .300 Winchester Magnum's most common load - a 190-grain Sierra MatchKing at 2900 fps - the .260 has about 17% less wind drift and a few clicks less drop. Even though it shoots a 140-grain bullet, it still has 87% of the Magnum's energy at 1000 yards because its slim design yields a much higher ballistic coefficient (BC) value, so it retrains velocity longer. It also has 60% less recoil than the 300.
The .260 Remington blows .308 out of the water. It has 35% less wind drift and about 10 MOA less drop at 1000 yards than the standard 175-grain M118LR load. Despite a 35-grain deficiency in bullet mass, it has 31% more energy because it loses less along the way due to atmospheric drag, hitting 350 fps faster at 1000 yards.
http://demigodllc.com/photo/260-misc/small/D100_9642_imgwb.jpg
To match the BC of the 6.5 mm 139-grain Lapua Scenar (#2 from left, 0.615), the .30 caliber has to step up the 210-grain Berger VLD (#3 from left, 0.631). Also shown for comparison are the .30 caliber 175-grain Sierra MatchKing (left, 0.496) and the .338 caliber 250-grain Lapua Scenar (right, 0.675)
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:51 am
by Fishaman
Ek ry self nou in hierdie bootjie. Het ook gejeuk vir iets tussen my 308 en 22-250. Min of meer selfde redes as jy, bietjie veldskiet, bietjie papier en af en toe 'n Blesbok.
Daardie jeuk is no met 'n Ruger Hawkeye Predator in 6.5 Creedmoor gekrap...
Daai 6.5mm koeëls se BC's maak maar net sin.
http://www.ruger.com/products/HawkeyePr ... odels.html
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 9:09 am
by Doomslayer
Ek wou ook self pak uitgedeel het oor die stelling: "Op n stadium gaan jy wil verder skiet en dan is n 260 n bietjie lig in die broek.", maar ek sien Geno was my reeds voor.
Die enigste voordeel waaraan ek kan dink vir 'n .308 bo .260 is die langer looplewe en vrylik beskikbare herlaai komponente. Ballisties gesproke wen die langer hoë BC punte van die 6,5mm die .308 by ver, veral op langafstande.
My voorstel vir .260 bou sou wees:
1. Remington kort aksie. Seker niks fout met Howa ens. nie, maar ek verkies Remington omdat ringe en mounts, kolwe, snellers ens makliker bekombaar is met groter verskeidenheid.
2. Loop - 1 in 8 twist om die langer swaarder punte beter te stabiliseer - ek skiet slegs die 139gr - 142gr punte in myne met baie goeie resultate. Broughton of krieger loop is uitstekend. Kry 'n heavy palma profiel loop.
3. Kolf - die keuses is legio, so ook die pryse. Miskien 'n GRS? HS Precision? McMillan? Tweedehands? Hier is jou budget maar die bepalende faktor. Goeie kwaliteit sintetiese kolf is egter nie sommer goedkoper as R8000 nie. As jy bietjie wil teiken skiet ook, kan ek verstelbare kolf hoog aanbeveel - veral met verstelbare wangstuk, kolflengte.
4. Sneller - ek kan 'n Jewell sneller hoog aanbeveel, maar dit las nog R3000 by die prys... Dit kan altyd later bygevoeg word.
5. Ek sal die aksie en loop laat cerakote - dis meer duursaam as phosphatizing of gewone blou en is in legio kleure te kry.
Vir van die rak af geweer sal ek kyk na Savage se LRP in .260 Rem of as die budget bietjie verder strek, dalk 'n Tikka T3 Sporter.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 9:20 am
by Leon Crous
Jis dankie Doomslayer,
Great kommentaar en info.
Nog iets manne?
Cheers, ek moet nou eers bietjie werk om 'n klomp blare bymekaar te maak vir die familielid.
Leon.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 9:36 am
by Doomslayer
En dan natuurlik die glas vir bo-op.
Goeie glas gaan waarskynlik amper soveel soos die geweer kos

.
Pryse so vanaf R10 000 - 45 000. In stygende volgorde:
1. Sightron
2. Zeiss Conquest HD
3. Leupold Merk IV.
4. Nightforce NXS.
5. Kahles Competition K.
6. Schmidt Bender PMII.
Hierdie is sommer net paar vinnige voorbeelde, daar is legio ander om vanuit te kies. Soos meeste geweer dinge is budget maar die bepalende faktor....
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 9:59 am
by Reggie Gerber
Doomslayer wrote:En dan natuurlik die glas vir bo-op.
Goeie glas gaan waarskynlik amper soveel soos die geweer kos

.
Pryse so vanaf R10 000 - 45 000. In stygende volgorde:
1. Sightron
2. Zeiss Conquest HD
3. Leupold Merk IV.
4. Nightforce NXS.
5. Kahles Competition K.
6. Schmidt Bender PMII.
Hierdie is sommer net paar vinnige voorbeelde, daar is legio ander om vanuit te kies. Soos meeste geweer dinge is budget maar die bepalende faktor....
Slayer
Maak Swarovski nie die lys nie

Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 10:01 am
by JTM
Wat van 'n Savage model 10 Predator Hunter Max 1 in .260 Rem. Ek dink dit hoort mooi aan al jou vereistes te voldoen
Savage Kort Aksie met Accu-Trigger
24 Duim swaarloop 1:8 twist het mooi taper om die goevoel van meer van jag geweer te gee.
Sintetiese Accu-stock kolf in groenerigge realtree camo sonder prominente beaver profiel voor.
Verwyderbare magasyn
Aksie en loop in dowwe swart Ceracoat afwerking
Ek hoop net jy kry een in voorraad

Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 10:03 am
by Jaco B
Hi manne. Wil nie die topic hijack nie, maar hoe vergelyk die 7mm (.284) se bc met die van die 6.5mm vir lang afstande?
Jaco
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 10:18 am
by Eugene
Met die regte platvorm en kolf, soos Ludwig se 284, is die recoil verskil tussen 'n 7mm en 6.5mm, amper weglaatbaar klein...
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 10:32 am
by Fishaman
Doomslayer wrote:En dan natuurlik die glas vir bo-op.
Goeie glas gaan waarskynlik amper soveel soos die geweer kos

.
Pryse so vanaf R10 000 - 45 000. In stygende volgorde:
1. Sightron
2. Zeiss Conquest HD
3. Leupold Merk IV.
4. Nightforce NXS.
5. Kahles Competition K.
6. Schmidt Bender PMII.
Hierdie is sommer net paar vinnige voorbeelde, daar is legio ander om vanuit te kies. Soos meeste geweer dinge is budget maar die bepalende faktor....
Wat is julle manne se gevoel oor die 6-24 Vortex Viper PST FFP?
Hoop nie die word as 'n hijack gesien nie, ons praat darem van gewere vir dieselfde doel min of meer. 6.5 Creedmoor en 260 Rem is ballisties ook amper identies.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 11:49 am
by Doomslayer
Ek stem saam met Ludwig, die 7mm's is definitief 'n opsie.
Swarovski is goeie glas, maar het nie al die features vir langer afstande skiet wat ek soek nie
Die vortex pst is definitief 'n aanvaarbare opsie.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 12:53 pm
by Fritz
Ek sien almal spring op hulle perdjies toe die .260rem laag gevat word, maar niemand erken die .30-06 se langafstand vermoë nie. Leon, wat is fout met jou musgrave .30-06? Dis mos 'n baie akkurate geweer. Vir wat dit werd is, my .30-06 met bipod, knaldemper, goeie teleskoop en gelaai met die regte koeëls staan nie terug vir 'n .260 tot 500m nie. Ek en 'n mede .30-06 vriend skiet gereeld die torso teiken op 1000m raak, en my blesbok het op 530m ook geval. As jy geen gewere gehad het nie sou ek sê ja, koop 'n 6.5 of 7mm vir die minder recoil en effens beter ballistics ens ens.. Begin dalk eers by die teleskoop en bipod. Skiet jou .30-06 met 180-210gr koeëls en kyk waarvan jy hou, en hoe vêr jy wat wil skiet. Ek bou self ook 'n 7mm, en hy gaan ongelooflik wees, maar hoeveel beter gaan hy regtig as my huidige geweer? Seker nie baie nie.
Terloops, ek het so paar pakkies 208gr A-max gekry met G7 BC van 0.324. Wat is die 6.5 manne se antwoord op daardie ene? Ja ja ek weet, julle is bang vir die recoil
Die punt wat ek wil maak is dat jy klaar 'n baie "capable" langafstand geweer besit, en terwyl jy beplan aan jou droomgeweer, kan jy hom maar so af en toe afstof om die staalteiken op 1000m te lui. Jammer dat ek nie regtig jou vrae beantwoord het nie, maar ek kan jou verseker die antwoorde wat jy tot dusvêr gekry is van manne wat weet.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 1:25 pm
by Capt. Yoda
Tot op 500m tyken skiet en BB tot op 400m sou ek vir jou .243 n groter scope op sit.Dis n klip gooi daai
As jou loop se twist reg is vir hulle Berger 115 gr Match Grade VLD Hunting G7 BC 0.279 maar daar is niks lekkerder as n nuwe geweer nie so....
As ek nou een kon koop sou dit n Sako Varminter wees of Tikka T3 sporter.
As ek een sou bou sou ek na n Howa in 6.5x55 (nie n kort aksie maar hy het weer ander + punte) kyk, hom in n GRS kolf gooi en n lekker sneller op sit.Dalk bq meer as R20 000 + cerakote en jy kan gooi en dan die res van die geld vat en n Nightforce scope koop
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 2:40 pm
by Jean Marais
Ek wil by Ludwig aansluit oor die vermoë van die 7mm. Daar is basies 3 waarna jy kan kyk:
1. 7mm 284
2. 7mm WSM
3. 7mm SAUM
Die 7mm SAUM (Short Action Ultra Magnum) is dalk die beter platform (my opinie). Gaan lees gerus hier meer daaroor:
http://www.6mmbr.com/7mm284.html#7SAUM
Sterkte met jou keuse.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 2:53 pm
by Fritz
Capt. Oblivious wrote:Tot op 500m tyken skiet en BB tot op 400m sou ek vir jou .243 n groter scope op sit.Dis n klip gooi daai
As jou loop se twist reg is vir hulle Berger 115 gr Match Grade VLD Hunting G7 BC 0.279 maar daar is niks lekkerder as n nuwe geweer nie so....
Stem saam CO. Dit is ongelukkig die grootste drawback van die .243 in fabrieksformaat

. Baie min het twist beter as 1:10"
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 3:00 pm
by Jean Marais
Dis waar Ludwig. Doppe is sekerlik ons grootste "drawback"
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 3:22 pm
by James Wilson
Seker maar omdat dit in die voorliefde van ons stokperdjie is, gaan ons graag in soveel detail in.
Ek wonder soms of ons nie die wiel herontwerp, en dan nie agterna, seker is, of ons met n beter of slegter wiel sit nie? Een sekerheid van so n projek is die hope geld wat daarin gaan.
Eerstens Leon, hartlik welkom hier by ons. Dit is maar min dat n nuwe aansluiting met so n lekker projek/vraag wegspring. Omdat ek al self n geweer of twee laat bou het, weet ek as n man se kop eers in daardie rigting staan, dan is die belsuit eindelik reeds geneem. Dieselfde geld naruurlik oor n besluit rakende n kaliber. Dit klink of die 260 reeds jou hart gesteel het. Uit ondervinding weet ek dat, sou iemand jou ompraat om n ander kaliber te doen, gaan jy altyd in stilte wonder: wat as ek maar die 260 gevat het?
Dit alles in agenome asook my aanvanklike vraag- of ons nie soms die wiel herontwerp nie- wil ek nou n opmerking maak wat verskil van wat reeds genoem is.
Ek het na jou kriteria gekyk, en moet ek vir jou noem dat jou met jou behoeftes is daar baie "normale" jagkaliber en van die rak af produkte, wat meer as voldoende gaan wees. Ek kan aan baie dink, maar maak net een voorstel wat jou baie minder gaan kos, en waarvan die resultate waarskeinlik weglaatbaar klein is, in terme van jou behoeftes, wat tans oorheersend na jag aplikasie klink.
My voorstel( en ek weet dit gaan waarskeinlik geen impak he nie

): n varmint/competition geweer: se maar Savage, Tikka of Remington in 25-06. Baie goedkoper maar geensins swakker nie.
Aag nou ja, ek ken die koors van geweer bou.
Ns: die belangrikste aspek van geweer bou, is nie die aksie, loop of selfs kaliber nie, maar wel die geweersmit!!!!
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 3:41 pm
by Rudie
Leon ek is nou so week terug deur dieselfde slaaplose nagte. Ek het gekyk na die pasmaak opsie en ook na 2 baie goeie fabrieks gewere, my keuse was basies tussen die Savage LRP en die Tikka Varminter in 260 Rem.
Ek het op ou einde besluit op die Tikka wat tien teen een uit die fabriek uit beter skiet as wat ek ooit sal kan en met die geldjies wat ek op die pasmaak geweer gespaar het gaan ek vir my 'n GRS kolf opsit en dan besluit ek nog tussen die Viper PST en die Nightforce SHV vir glase.
Na al my sommetjies gemaak is draai ek op dieselfde bedrag in totaal as wat net die pasmaak geweer my sou gekos het.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 6:09 pm
by James Wilson
Ludwig, kyk watter koeël Leon ookal kies en watter kaliber, dit wil vir my voorkom of sy aanwending oorwegend jag gaan wees. Die beste koeël uit n 260 en die beste koeël uit 25-06 op n bok op 500m gaan in die praktyk waarskeinlik nie meetbaar wees nie. Ek sou reken, om by sy behoefte aan te pas, sal dit hom loon, om een koeël kies vir jag en papier skiet. Dit gesê, wil ek nie Leon se post kaap met kaliber gesprekke nie. Die punt wat ek wou maak gaan veel eerder oor custom vs rakgeweer vir sy aanwending, wat maar 500m is. Jy kan maar 25-06 in my skrywe met enige algemene jaggeweer kaliber vervang, soos binne sy behoeftes. My gedagte word beter raakgevat deur Rudie se post:
Rudie wrote:Leon ek is nou so week terug deur dieselfde slaaplose nagte. Ek het gekyk na die pasmaak opsie en ook na 2 baie goeie fabrieks gewere, my keuse was basies tussen die Savage LRP en die Tikka Varminter in 260 Rem.
Ek het op ou einde besluit op die Tikka wat tien teen een uit die fabriek uit beter skiet as wat ek ooit sal kan en met die geldjies wat ek op die pasmaak geweer gespaar het gaan ek vir my 'n GRS kolf opsit en dan besluit ek nog tussen die Viper PST en die Nightforce SHV vir glase.
Na al my sommetjies gemaak is draai ek op dieselfde bedrag in totaal as wat net die pasmaak geweer my sou gekos het.
Tot op 500m gaan die intieme kennis van jou geweer se trajek baie meer saak maak as n matige variasies in bc.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:03 pm
by Sangoma (IAN)
Watse loop lewe kan n ou verwag met die 260Rem?
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:15 pm
by Doomslayer
My broughton loop het nou so 2200 deur die loop. Ek het so paar weke laat my smit die borescope deursit - die eerste derde se groewe is moeg, maar hy group nog onder 1 duim op 300m. So ja ek sal raai dat ek so 3000 plus sal kry.
Re: .260 Rem Pasmaak geweer
Posted: Wed Jun 18, 2014 8:45 pm
by JPS
Ludwig,
Ek kan maar net saamstem oor die feit dat die Tikka sporters ongelooflike roere so van die rak af is.
Ek wou met alle geweld 300WSM bou, mag dalk nog steeds, maar is vir nou baie in my noppies met die Sporter soos al menige male genoem.
Fritz, miskien is my 30-06 net nie in die klas van joune nie (is mos nie Tikka soos joune nie:-)) maar my 260skiet kringe om die 30-06 van my enige dag enige tyd.
Mooiloop