Kom ek val sommer weg:
Ek besit 'n Musgrave .30-06 en Ruger .243.
Ek wil egter graag iets "in between" hê waarmee ek tot Koedoe grootte wild kan skiet.
Dit moet Blesbokke tot op 350-400m kan bêrre en bietjie papierskiet kan doen tot 500m.
Dit is dan obviously tussen 6.5mm en 7mm. En dit moet meer 'n jag geweer "set-up" (lees: gevoel gee) as varminter of taktiese geweer.
Ek het bietjie opgelees en stel vreeslik in die .260 Rem belang.
Ek sou baie graag 'n Remington XCR ii in hierdie kaliber wou aanskaf maar lyk my nie daar bestaan so iets nie.
So hoe moet my nuwe familie-lid lyk?
1)Kort aksie;2)Verkieslik .260 rem kaliber;3)Remington 700 of ander baie goeie (akkuraatheid) aksie;4) 24" loop (verkieslik varmint-tipe - dws bietjie dikker as gewoon maar nie nootwendig ekstra dik nie) met 1-in-8.5" of maksimum 1-in-9" twist;5) Loop moet verkieslik "ge-crown" wees;6)die staal (loop ingesluit) moet verkieslik 'n goeie roeswerende laag op he (dws nie blik soos SS) en hier hou ek weereens van die XCR se "coating" (kan nie nou op naam kom nie);7)ook die kolf van die Rem XCR ii is presies waarna ek soek - sinteties,olyf groen,met Hogue "grip en fore-end". Dit moet nie 'n prominente "beaver" tipe voorent hê nie;8)en dan nog miskien 'n verwyderbare magasyn.
Blikemmer, dis darem nou baie gevra nè!!
Raait, laat weet asb enige kommentaar oor enige van bo-genoemde.
Voorstelle sal vreeslik waardeer word.
Cheers!

