Middag manne
Ek wil net hier noem iets wat vir my taamlik belangrik is, ek het so ruk terug n 308 gekoop by Oom Ralph hulle en ek was toe so in my noppies dat Ek hulle arm gedraai het om vir my n "matching" 22-250 ook te bou wat hulle toe gedoen het met baie moeite.
In die laaste ruk het my persoonlike lewe n taamlike draai geneem vir die slegter, hopenlik net vir die kortduur en ek het toe vir Oom Ralph en Junior Ralph gekontak en laat verstaan wat my situasie is, hulle het met ope harte gese hule vertsaan en dat hulle bereid is om die 22-250 te verkoop aan iemand anders en daar was geen kwaad gevoelens nie.
Ek wil net aan julle almal noem dat ek dit werklik lekker is om met hulle te werk en dat ek defnetief in die toekoms weer met hulle sal gesels oor n mooi kolf vir my teiken 308 wat ek beplan om te laat bou wanneer alles weer normaal is en gestabiliseer het.
Dankie aan Oom Ralph en junior Ralph, ek wardeer die goedhartigheid opreg.
Groete
Dwight
