Is my redenasie reg?

Post Reply
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Is my redenasie reg?

Post by smitjs »

Die boer bel my toe en vertel 'n jakkals het laasnag alweer 'n angorabok gevang.
Ek ry toe soontoe en beskou die karkas. Dit le op die linker sy. die regter boud is totaal opgevreet tot op die been. Die regter ribbes is kaal gevreet. Die pens is heel.
My gevolgtrekkings is:
Dis rooikat se werk, nie jakkals nie.
Dit was nie laasnag nie. Ek dink nie 'n rooikat kan in een sitting die hele boud kaal vreet nie. Ek dink nie die kraaie kan in een dag die ribbes kaal vreet nie.
Daarom dink ek dit was twee nagte gelede, en rooikat is lank weg, sal nie weer terugkom nie.
Nogtans het ek na donker soontoe geloop met die stoeltjie en geweer en nagsig en so 'n ent daar van daan teen 'n bos gesit tot middernag. Niks het gekom nie.
Toe het ek maar die voertuig gaan haal, en ent daarvandaan begin roep. Daar was geen reaksie nie.
Ek het net op die buurplaas 'n koor van jakkalse gehoor. Waar ek is, geen jakkals geluid nie.
Is my redenasies reg?
Groete
Johan Smit
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Is my redenasie reg?

Post by BLOK »

Klink vir my ook eerder soos n kat. Taf het ons altyd geleer dat as voor en agter gevreet is dit eerder moontlik twee katte kan wees. Ma met jonges of twee jonges, maar die moontlikheid is ook dat die kat volgende nag terug gekom het om verder te vreet.

Wat ek sou doen is eerder van voor sononder by karkas te gesit het tot so na nege uur. As kat terugkom kom hy gewoonlik vroeg aand of oggend terug.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Is my redenasie reg?

Post by Freddie101 »

Johan
Wil saam met Blok stem. Klink soos kat.

Kyk ook of vetderm nie van agter uitgetrek is nie en of vleis nie onder vel in uitgehol is nie. As nie so is dit kat. As jy jakkalse van daar gehoor het is hulle definitief naby genoeg om daar te vang.

Wat ek dink
Groetnis
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Is my redenasie reg?

Post by wlm »

As die kat nie die prooi probeer toe krap nie is die kanse vir terugkom skraal.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Is my redenasie reg?

Post by Jakkie 321 »

Smitjs

Bel my dan gaan ek saam met jou.. :)

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Is my redenasie reg?

Post by smitjs »

Baie dankie vir al die antwoorde.
Nee wat, dit was 'n kat, en die kat is lankal weg op die rondtes.
Ek is nie genooi na die buurman nie. Ek wag dat die boere dit onder mekaar uitsorteer, want ek het die boer vertel dat daar geen manier is dat die buurman se jakkalse by hom sal bly nie. Nou moet hy maar eers die buurman bearbei.
Post Reply