Casting wax/giet was produkte

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Is hier enige tandartse op ons forum? Ek sal regtig graag met `n tandarts wil gesels oor die spesifieke produk. Johan het die produk nodig om `n klomp aksies te giet sodat ons die nodige veranderinge aan die aksies kan aanbring soos, gravering, lisensie kodes/nommers ens. Ook as ons lang afstand aksies wil doen verander ons net sekere afmetings.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Pvdw »

Tandartse weet met die uitsondering van so paar net mooi bogerol van gietwerk. Dis die tegnikuste wat die gietwerk doen.

Peet

Gee my 'n lui dan gesels ons gou.


082 9203 978
Last edited by Pvdw on Sat May 24, 2014 8:51 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by PWV »

Gert, PM vir THOMAST hier op die forum. As hy jou nie kan help nie, sal hy vir jou vertel by wie jy hulp kan kry.
Hy is 'n "werklose tandarts" ++>: ++>:
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by BRNO (Pierre) »

PvdW is jou man. Hy sorg vir sy huis met die tipe van ding.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Pvdw wrote:Tandartse weet met die uitsondering van so paar net mooi bogerol van gietwerk. Dis die tegnikuste wat die gietwerk doen.

Peet

Gee my 'n lui dan gesels ons gou.


082 9203 978
Goeie dag Peet

Ek gaan jou vandag skakel dan gesels ons. Hierdie week wil ons baie aandag skenk aan die was gietstukke. Johan het gister laat middag die sillicon rubber aangemaak wat ek van Pretoria af gebring het om dele van die gietblok op te bou wat maklik moet loskom as die verskillende komponente uitmekaar gehaal moet word..

Pierre /Oom Pieter ,dankie vir die terugvoer dit word altyd waardeer.

Ek is nogal opgewonde oor die projek, dit skep nogal baie moontlikhede as alles reg gaan werk soos Johan dit beplan, onder andere sal ek dan lekker kan speel met "color -case hardening " want ons het nou al `n volledige werkende steen oond waar ons die color case hardening van aksies en geweer komponente kan doen, die oond sal met parafien aangevuur word...ek moet nog `n blaaskop bou wat die lug /parafien mengsel gaan aanvuur..soveel dinge wat nog gedoen moet word maar so min tyd om dit te doen.. :laugh: :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Christo »

Gert Odendaal wrote:
Pvdw wrote:..........ek moet nog `n blaaskop bou wat die lug /parafien mengsel gaan aanvuur..soveel dinge wat nog gedoen moet word maar so min tyd om dit te doen.. :laugh: :laugh:

Hier naby Wellington maak 'n man teëls en vuursteentjies. Hy kom haal al ons ou olie en gebruik dit saam met eenvoudige kompressor om daai oond na iets soos 4000 grade toe te vat. Hy het 'n 100mm GS socket met 4 boute wat 'n "jet" wat hy self gemaak het sentreer in die "pyp". Die jet is 'n ronde balletjie (lyk soos Ballraser) en die ou olie drip dan onder gravitasie oor die bal en die lug suig dit saam die kamer in, oortollige olie val weer onder in opvangbakkie en word weer opgepomp na tenk. Dit is regtig eenvoudig en moet goedkoper wees as enige iets wat ek al gesien het.

Weet nie of so plan werk vir die oond wat julle gemaak het nie. Ou olie kos nie meer as R 1.50-R 2.00 / l nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Hallo Christo
Dankie vir die inligting, altyd lekker om insette van lede te ontvang, dit is wat hierdie forum so goed maak. Ek sal fotos oplaai van die oond en dan ook van die color case hardening proses wat ek gaan volg. Ek sal dit op die DIY afdeling sit.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Vir die belanstellende lede, hier is die eerste afdruk(wax mold) van die Mauser 98 aksie. Daar is reeds veranderinge aangebring, ons moet nog die slot giet, die magasynkas werk Johan nou aan. Ons sal al hoe fyner werk soos die aksies se was gietstukke uitkom...dan kan ons enige gravering aanbring of verandering te weeg bring wat ons wil he op die aksie moet opkom.

Die aksie kan deur die magasyn opening uit te laat `n baie sterk aksie vir lang afstand jag geweer gegiet word, daar is dan baie meer metaal in die aksie wat sal verhoed dat die Mauser afdruk wring onder drukking. Die prosedure gaan stap vir stap uitgewerk word, Johan los moeilike kwessies op soos wat hy vorder met die ontwerp.

Op die groot swaar kalibers gaan ons die dubbel/enkel brug ook ingiet wat teleskoop montering makliker gaan maak. Soos ek genoem het ons gaan fokus op groot kalibers werks gewere, alhoewel `n man maklik gravering op die was kan aanbring wat die aksie amper soos van die aksies met al die "bells en whistles" sal laat lyk...

Die dele waaruit `n aksie se gietblok bestaan:
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/DSC02728_zps8115315e.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/DSC02722_zps486aef96.jpg

Op die foto kan die basis van die aksie heel links gesien word, dan is die twee locking lugs wat aan die staal penne wat middeldeur gesny is om tydens die uitmekaar haal proses gesak kan word sodat die staal locking lugs kan uittrek.
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/DSC02723_zpsf1b52009.jpg
Op die foto kan jy duidelik die skroefdraad en die sluit skouer van die reciver/aksie gesien word. Die Walther loop draai baie styf in die knox in ...
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/DSC02726_zpsde0eda00.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/DSC02727_zps4ffdf06c.jpg
Die wit dele is die sillicon rubber wat deel van die mold vorm wat nou baie mooi werk, baie beter as die pratley putty wat eers gebruik is.

Nog `n foto om die mooi skroefdraad en sluitskouer met die openinge van die locking lugs..
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/DSC02726_zpsde0eda00.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Christo wrote:
Gert Odendaal wrote:
Pvdw wrote:..........ek moet nog `n blaaskop bou wat die lug /parafien mengsel gaan aanvuur..soveel dinge wat nog gedoen moet word maar so min tyd om dit te doen.. :laugh: :laugh:

Hier naby Wellington maak 'n man teëls en vuursteentjies. Hy kom haal al ons ou olie en gebruik dit saam met eenvoudige kompressor om daai oond na iets soos 4000 grade toe te vat. Hy het 'n 100mm GS socket met 4 boute wat 'n "jet" wat hy self gemaak het sentreer in die "pyp". Die jet is 'n ronde balletjie (lyk soos Ballraser) en die ou olie drip dan onder gravitasie oor die bal en die lug suig dit saam die kamer in, oortollige olie val weer onder in opvangbakkie en word weer opgepomp na tenk. Dit is regtig eenvoudig en moet goedkoper wees as enige iets wat ek al gesien het.

Weet nie of so plan werk vir die oond wat julle gemaak het nie. Ou olie kos nie meer as R 1.50-R 2.00 / l nie.

Christo
Ek het toe met George geskakel, hy het vir my sketse gestuur en sal enige verlangde inligting aan my stuur met fotos, die man wil regtig help en hy gee nie om dat hy van sy kennis deurgee nie. Dankie weereens vir die inligting, dit gaan baie help. Ons wil so gou moontlik van die eerste aksies gebruik vir color case hardening...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Christo »

Wys ons ook as jy die plan aan die werk het.

Bly ek kon help.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Die oond wat ons gekry het bestaan uit 109 stene wat teen `n helling/skuinste/Roman arch gekap is , elke steen word presies op `n sekere plek ingebou/geset. Ek begin nou al staal vorms maak om die "bonechar " saam met die aksie en sy onderdele in te plaas wat dan teen 1100 grade celcuis verhit gaan word met `n paar bymiddels om daardie mooi kobalt blou op die aksies te gee..die geheim is dat wanneer die aksie en parte uitgegooi word saam met die bone char daar geen suurstof in aanraking mag kom met die dele nie, dit moet dadelik in die water val wat baie goed vol suurstof gepomp is...baie suurstof ryk....ek sien regtig uit na die proses... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Pvdw »

Gert nou vang julle spoed,
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Peet ek dink net ons is gelukkig om inligting van manne soos jy, Christo en ander lede te kry wat inligting aan ons deurgee om die regte tipe produkte op te spoor, dit maak werklik `n reuse verskil...Johan is baie in sy skik met die silicon rubber wat ek met jou inigting kon opspoor...ons gaan sommer 10 kg caster`s wax bestel by die mense in Pretoria, Gloria het gereel dat hulle dit sommer koerier...dit teen `n minimum onkoste...daar is nog `n hele paar uitdagings wat voorle maar ek het volle vertroue in Johan Greyling om dit te laat werk..so ver gaan dinge nog volgens plan...maar ek is seker ek gaan nog lekker speel... ;D

Ek hou jou op hoogte...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by DWB »

Oom Gert,

Dit lyk werklik goed.

Wat is die wettige implikasies hiervan? Sovêr ek weet moet mens aansoek doen om geweer parte te mag vervaardig?

Ek sal bieg dat ek maar skepties is as dit kom by goed wat kan opblaas.... En om een of ander rede het ek nog nooit vreeslik vertroue in gegote goed gehad nie..

Dit lyk regtig beter as wat ek verwag het
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2174
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Johan Nel »

DWB,
BRNO/CZ gewere se aksies en hul pistole word op dieselfde tegniek vervaardig en ek sien jy besit een... ++>:
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by DWB »

Dankie! Nou weet ek ook!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2174
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Johan Nel »

Gert,
Ek is saam met julle baie opgewonde oor wat julle doen. Spesifiek omdat dit iets is wat ons in eie geledere doen. Ek hou maar nou net van die aspek van selfstandigheid en onafhanklikheid wat dit meebring. it gee alternatiewe vir wander jy nie elders anders kan regkom nie. Iets wat wel onderliggend in my agterkop is, is hoe veilig hierdie aksie gaan wees om te gebruik, as dit eers gemaak is. Hoe gaan julle te werk gaan om te bepaal of die aksie wel sterk genoeg en veilig gaan wees? Ek bedoel dit asseblief nie as kritiek of as 'n uitspraak van wantroue nie, hoor. Ek wil he dat julle produk 'n groot sukses moet wees.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Goeie dag Johan/Deon
Johan Greyling het aan my verduidelik dat jy die aksie kan hidrolies druk proef, die aksie word onder `n dertig ton "press" geplaas en dan word die gesig van die slot gepers tot die aksie of die slot uit die locking lugs uitskeur of vervorm..Omdat dit nie `n loop is nie is dit nie nodig om die aksie te vuurproef met dubbel die ladings wat vir die kaliber van die geweer as baie hoog en gevaarlik beskou word soos wat die SABS dit doen. Onthou nou, daar gaan nog baie stappe gedoen word voordat ons die mees aanvaarbare aksie gaan he.

Die aksie word nie met gietstaal gegiet nie , Johan het genoem dat daar drie verskillende tipes/samestellings van staal gaan gebruik word..tot ons tevrede is met die samestelling van die staal.

As al die komponente eers gegiet is in was vorm kan ons veranderinge aanbring soos ek vroeer genoem het.

Deon, onthou nou Johan maak nie vuurwapen parte nie....hy maak was afdrukke , die gietery giet die aksies...laat jou nogal dink ne.....waar kom die aanspreeklikheid in by die vervaardiging van geweer onderdele , want ons onderdele is net van was, dit kan nie geklassifiseer word as geweer parte /onderdele nie... ;D :laugh: :laugh:

Johan , dit is voorwaar baie lekker om aan so `n projek te werk saam met Johan Greyling, ons wil onafhanklik wees, ons wil vir die gemiddelde jagter/man op die straat die aksies beskikbaar stel...dit is die mark waarin ons gaan beweeg...met die eerste aksie wat ons dink aan al die nodige vereistes voldoen gaan ek `n .500 Jeff bou en die geweer met die aksie baie, baie deeglik toets ...vir `n lang tydperk om te kyk of daar enige swak plekke is in die aksies...hou in gedagte dat ons darem `n Obendorf aksie as `n toets gaan gebruik om te kyk waar die Obendorf aksie uitmekaar uit skeur en vervorm en waar die gegote aksies gaan skeur en vervorm, dan behoort ons te weet hoe sterk Mauser aksies werkilk is...sien nogal uit daarna om die sterkte van die Mauser aksie te bepaal....daar is juis sulke pragtige Obendorf Mauser aksies in die werks winkel....
Last edited by Gert Odendaal on Thu May 29, 2014 7:41 pm, edited 1 time in total.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2174
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Johan Nel »

Gert Odendaal wrote:Goeie dag Johan/Deon
...hou in gedagte dat ons darem `n Obendorf aksie as `n toest gaan gebruik om te kyk waar die Obendorf aksie uitmekaar uit skeur en vervorm en waar die gegote aksies gaan skeur en vervorm, dan behoort ons te weet hoe sterk Mauser aksies werkilk is...sien nogal uit daarna om die sterkte van die Mauser aksie te bepaal....daar is juis sulke pragtige Obendorf Mauser aksies in die werks winkel....
Gert!!!!
Jy breek my hart... :-[ :-[ :-[
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Johan, ek is maar meer vir die wetenskap , om dinge te toets moet `n man maar opofferinge ook maak..terwille van vooruitgang.... :laugh: :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Arnold »

Hallo Gert, moet die aksie nie met 'n hoër druk rondte as die 500 Jeff getoets word nie, dalk iets soos die 500 A-Square?
46,000 PSI vs 64,000 PSI is wat ek vinnig kon opspoor
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Goeie dag Arnold, jy kan verseker wees dat die .500 Jeffery met groot ladings geskiet sal word. Onthou dat ons dan reeds die aksie met die hidroliese druk toets gedoen het. Die bou van die .500 Jeffery sal gebruik word om die aksie as `n volledige geweer te gebruik. Enige swak plekke in die aksie sal reeds met die hidroliese toets uitgewys word.

Johan sal vereker ook `n aksie aan die SABS stuur vir toetse, dit is belangrik om geloofwaardigheid aan die aksie te gee vir verkope, onthou JSG unsmithing se naam is aan die aksie gekoppel en `n winkel se naam beteken baie vir die eienaar...

Ek moet dit miskien noem dat ander groot name se aksies ook gegiet word en dan afgewerk word,( Ruger/CZ) daar is min maatskappye wat nog aksies uitfrees/cnc masjien werk doen...

Met die verskillende tipe staal kombinasies beskikbaar kan jy verseker weet dat die gegote aksies nie sommer sal uitmekaar val nie...ek glo dit skep groter moontlikhede vir die gewone man op straat...dankie vir julle deelname aan die bespreking dit is regtig lekker om julle opinies en idees ook te hoor.

Arnold, as die magasyn kas deel uit die gietstuk verwyder word tydens die was gietproses dan het `n mens `n aksie wat soos die RSA aksie baie staal ekstra het...ek het dit vir Johan genoem dat dit gaaf sal wees as `n mens dan `n lang afstand aksie kan giet , enkelskoot, daar kan aan die lock timing gewerk word, want `n mens kan van Midway USA en Brownells snellers/vere bestel waarmee die lock timing baie vinniger gemaak word as wat die gewone Mauser se lock timing is.

Ek hoor graag wat jy aan so `n lang afstand aksie sal wil sien...kom ons neem die .338 kaliber as `n voorbeeld..onthou dat die was afdruk baie verander kan word....

Ek hoor graag van jou....

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Ek was vanaand baie gelukkig om my eerste gemodifiseerde Mauser 98 aksie in was te giet. Johan het nou die fyner detail begin ingiet soos die sneller opening, die slot gids aan die binne bo-kant van die aksie waar die slot ingly, die uitwerp opening is tot 91 mm vergroot, die magasyn kas opening ook nou 91 mm groot. die opening /magasynkas is baie wyd en die twee .404 Jeffery rondtes stagger perfek, ons sal net `n baie klein stukkie van die feeding rails moet oopmaak, maar dit is werklik baie min. Die raceway van die gietstuk is pragtig perfek....

Dit was nou regtig heerlik om my eerste was gietstuk Mauser 98 aksie self te giet. Volgende stap, die giet van die slot en slagpen..., met die handsvatsel, Johan dink daaraan om die slot handsvatsel (Obendorf handsvatsel) so te giet dat die handsvatsel teen so `n hoek staan dat dit spasie vir enige teleskoop sal he...daar sal ook linker hand aksies wees , aksies met double square bridge dele, gegraveerde aksies ens...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by ZKK »

Beste Gert.
Ek hou ook hierdie draad met groot belangstelling dop.
Het julle enigsins n "ball-park-figure" vir waarteen julle hierdie aksies sal kan verkoop?
Praat mens van R5000, R10000 of R15000?

Groete
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by PWV »

Gert, nou wanneer kry ons 'n paar foto's?
Post Reply