7x57 vir langafstande

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
Willie G
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Fri Jun 14, 2013 5:09 pm

7x57 vir langafstande

Post by Willie G »

Middig aan al die slim manne.

Ek het 'n Ruger m77 merk 2 7x57.

As julle my kan raad gee, gaan ek my geld mors om die geweer 'n nuwe teleskoop te koop en ales vir die langafstande. Ek het 'n lading wat werk op hom, skiet 130gr koeels. Tussen 200m en 300m val hy so 90mm. Weet nie wat gaan hy maak verder as dit nie.

Groetnis
Willie G
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Fri Jun 14, 2013 5:09 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Willie G »

Dankie Ludwig.

Kry mens soveel meer uit 'n geweer om hom te Ackley. Is maar net 'n vraag ek weeti.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Johan Nel »

Ludwig,
Net jou opinie oor wat se koeels in 150 - 168gr jy reken sal beter werk. Sierra Matchkings in beide 150gr en 168gr werk baie mooi in my geweer. Die dilemma egter is dat mens die koeels nie te ver uit die nek kan uitstel nie as gevolg van die 'boattail' vorm en gevolglike min greep wat die nek aan die koeel het. Ek laai tans 168gr Sierra MatchKing teen sowat 2600fps. Ek jaag nie vreeslik langafstande nie, maar dit sal tog interessant wees om te sien wat mens met jou geweer kan bereik. Sal mens eerder na 'n platbasis koeel kyk, en indien wel, watter?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Johan Nel »

Ludwig,
Ek weet nie wat die moontlikhede is om die 7mm Mauser se tree wel te rek nie. In my gemoed is dit maar eintlik in dieselfde klas as die .308 Win, nie regtig platskiet langafstand nie. Ek het ook oorspronklik gedink ligter greine sal beter werk, dalk 140 grein. Dit se ek na aanleiding van kommentaar van verskeie skrywers oor 'n periode waar die denkpatroon blyk te wees om 140gr koeels te gebruik wat vinniger gestoot kan word om verder te reik vir springbok op die oop vlaktes en ook bietjie platter skiet.
Met die 168gr het ek geredeneer dat om die koeels so na as moontlik aan die lande te kry, sodat daar maksimaal dopruimte is. As ek dit met die Sierra MatchKings doen, het ek nie meer as 3mm nekgreep nie, wat weer nadelig is vir die volgehoue konsentrisiteit van die rondte. Ek laai dus daardie koeels om 'n volle kaliber deursnee greep van die nek op die koeel te kry. As ek so vinnig na Somchem se aanbeveilings kyk is daar nie regtig enige lading wat mens bo 3000fps kan dryf nie. Die langafstand skiet met hierdie kaliber lyk my, is van meet af om die trajek van die lading te ken en af te mik. Om die kaliber te Ackley ter wille van 'n platter trajek het dus beslis meriete.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by PWV »

Ludwig wrote:Willie, daar is baie voordele aan Ackley's, 'n vermeerdering in spoed is net een, maar beslis nie al een nie. Soek bietjie op die forum vir Wouter Roets se skrywes oor Ackley's. Hy het seker al 'n paar boeke se waardevolle inligting oor Ackleys's hier gedeel.

Johan, afhagende of jy slegs papier wil skiet, en of jy langer afstande wil jag ook. My persoonlike keuse as jy beide sou wou doen is die 162gr A-Max. Selfs as 'n toegewyde papier koeel vaar hy uitstekend goed in sy gewigsklas. As jy bedoel jy sukkel met die TPL, praat jy van om naby genoeg aan die lande te kom? Dit is nie werklik van kritiese belang, veral nie in die 7x57, om teenaan die lande te laai nie. Jy kan besonderse akuraathed kry met taamlike spronge in die orde van 5mm en ek het al gevalle gesien waat spronge van soveel as 7mm steeds verbasende goeie akuraatheid lewer. Die regte diepte in die dop is vir my die belangrikste punt, daarna die spong na die lande. Plat basis koeels het nie die BC van bootstert koeels nie, en is nie werklik ontwerp vir gebruik verder as 300m nie en destabiliseer ook baie vinniger as transoniese spoed genader word. Dis nie bedoel vir beste langafstand verrigting nie.
Daar sê jy nou 'n ding waaroor ek al lankal gedink en ondervind het. Ek was net te bang ek maak 'n gat van my om dit hier op die forum te noem. Te vlak in die dop, gee nie vir my die beste resultate nie. Bly ek het dit hier van 'n kenner verneem en raak gelees!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Johan Nel »

Dankie vir daardie insig Ludwig. Ek het al baie getop oor die langafstand skietkompetisie wat SA Jagters laasjaar gereel het. Wat my opgeval het daar is die .303 wat een van die spanlede van die wenspan gebruik het. Dit het nie vir my gestrook met wat van die ander manne gepromofeer het nie. Jy bevestig nou vir my wat ek daar opgemerk het met jou stelling dat plat trajek niks te make het met langafstand skiet nie. Ek aanvaar egter dat korrekte toerusting wel krities is. Hier verwys ek na die geweer/aksie self en dan die kwaliteit van die teleskoop as vertrekpunt. In daardie opsig skiet ek beslis te kort want my geweer is maar 'n standaard fabrieksgeweer op 'n mauser aksie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by PWV »

Kan maar net hier noem. Collin Saunderson en Leo Koekemoer is manne wat bobbejane op 700 meter en verder uithaal. Hulle skiet met 'n 243 en 308 onderskeidelik. Benewens die feit dat hulle uitstekende skuts is, lê hul sukses grootliks in die feit dat hulle hul gewere se ballistiese trajekte ken en dat hulle weet wat om met winde van verskillende sterktes te doen. Collin het bv. aan my genoem dat hulle gladnie oefen as die wind nie waai nie!
So, die storie is maar net dat langafstandgewere, soos Ludwig meld, nie noodwendig "uitheemse kalibers" hoef te wees nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Alwin »

Ek geniet nogal hierdie gesprek. Ja, plat skiet en langafstand skiet is 2 totaal verkillende goed. Om 'n 7 x 57 te laat plat skiet, kies 'n ligte koeël, so rondom 120 gn of so, en stoot hom so vinnig as wat jy kan. Vir langafstand skiet, kies 'n koeël met hoë BC, en stoot hom waar hy die beste groepeer. Spoed help op lang afstand, maar is nie alles nie.

Iets wat jy in gedagte kan hou, is dat die CIP drukspesifikasie op die 7 x 57 besonders laag is. Dit is om al die ouer gewere, soos '95 Mausers, te akkomodeer. As jy herlaai vir 'n moderne geweer, soos 'n Ruger M77, kan jy die patroon tot die selfde drukvlakke laai, as bv die 308W. Gebruik QL of soortgelyk om jou druk te bepaal, dan weet jy.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Johan Nel »

Julle manne gee my moed. Ek gaan beslis bietjie ondersoek instel na my vermoë met my geweer... ;D
Wat ek aflei hier en ook van ander gesprekke elders op die forum is dat die teleskoop wat jy kies genoegsame verstellings moet kan doen om 'n groot spektrum van die geboë trajek te akkomodeer op die langer afstande. Wat ek ook al raak gelees het, maar nog nie die konsep van verstaan nie is die picatinny rails wat aangewend word en wat meer buigsaamheid gee om verder te kan skiet. Iets in die sin van dat dit help om die teleskoop se verstelling verby 'n sekere punt kan komplimenteer... Ek weet nie of ek dit reg uitdruk nie. :-[
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Alwin »

Johan Nel wrote:Julle manne gee my moed. Ek gaan beslis bietjie ondersoek instel na my vermoë met my geweer... ;D
Wat ek aflei hier en ook van ander gesprekke elders op die forum is dat die teleskoop wat jy kies genoegsame verstellings moet kan doen om 'n groot spektrum van die geboë trajek te akkomodeer op die langer afstande. Wat ek ook al raak gelees het, maar nog nie die konsep van verstaan nie is die picatinny rails wat aangewend word en wat meer buigsaamheid gee om verder te kan skiet. Iets in die sin van dat dit help om die teleskoop se verstelling verby 'n sekere punt kan komplimenteer... Ek weet nie of ek dit reg uitdruk nie. :-[
Die "rail" wat kan help met lang afstand werk so:

Gewone teleskoop-monterings, monteer die teleskoop parallel aan die loop. Dit maak dat jy kan op stel, vir afstand, tot dat die verstellings opraak (eng: "bottom"). Dit gebeur dan bv. rondom jou 500m verstelling. As die basis (pikanini of ander) nou effens taps ("taper") gemaak is, kan jy verder bykom, voordat jou verstellings opraak. Tipies is die pikanini monterings se tapse hoek 20 of 30 minute. (30 minute = 0,5 grade.) Dit gee jou heelwat ekstra afstand. (Eng: MOA = Minutes Of Angle.)

Net vir verwysing, is die verskil tussen die 100m "zero" verstelling, en die 1000m verstelling, op goeie langafstand-kalibers so rondom 30 minute. Jou teleskoop se vertikale verstelling, van stop tot stop, kan varieer van so 45 minute (gewone teiken- of jag teleskoop) tot 80 tot 140 minute (vir doelgeboude langafstand teleskoop).

Ek wil voorstel, dat jy begin literatuur soek oor langafstand skiet. Dit sluit die vakgebiede skietkuns, toerusting en eksterne ballistiek in. Dis onnodig om alles op die harde manier te leer.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 7x57 vir langafstande

Post by Eugene »

Pieter Willem Vorster wrote:Kan maar net hier noem. Collin Saunderson en Leo Koekemoer is manne wat bobbejane op 700 meter en verder uithaal. Hulle skiet met 'n 243 en 308 onderskeidelik. Benewens die feit dat hulle uitstekende skuts is, lê hul sukses grootliks in die feit dat hulle hul gewere se ballistiese trajekte ken en dat hulle weet wat om met winde van verskillende sterktes te doen. Collin het bv. aan my genoem dat hulle gladnie oefen as die wind nie waai nie!
So, die storie is maar net dat langafstandgewere, soos Ludwig meld, nie noodwendig "uitheemse kalibers" hoef te wees nie.
Presies! in my opinie is die kaliber nie noodwendig die belangrikste nie, maar eerder die koeel wat geskiet gaan word. Sonder hoë BC koeels, gaan jy sukkel, veral in die wind en daar is maar altyd erens wind betrokke.

Edit: Jammer, lees soos my agterend.... Ek wil saamstem met die manne wat bobbies op 700m+ uithaal, ek oefen juis in die wind om te kan oefen om verskillende wind toestande te kan lees, want erens in die veld gaan jy wind kry en as jy nie geoefen is om die die wind te kan lees en weet wat jou koeel in daardie wind gaan maak nie, gaan jy nie weet hoe om aan te pas nie. Die ideaal is natuurlik geen wind nie, maar dis maar moeilik om 'n jag om dit te beplan....
Aim small, miss small
Post Reply