6.5x55 Creedmoor Mojet

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Manne ek is opgewonde
My geweer is 99% klaar en ek hoop om hom teen Vrydag te hê en die naweek te skiet!
En ja julle lees reg dis n 6.5x55 Creedmoor, sal maar kyk hoe dit werk, as hy nie werk nie Hotrod ek hom en skiet sy loop uit in 1000 skote :):
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Arnold »

6.5x55 Creedmoor ?
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

6.5x55 met die skouer van die Creedmoor
Daar is iets soorgelyk 6.5x55 Vias
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Eugene »

maxboostsa1 wrote:Manne ek is opgewonde
My geweer is 99% klaar en ek hoop om hom teen Vrydag te hê en die naweek te skiet!
En ja julle lees reg dis n 6.5x55 Creedmoor, sal maar kyk hoe dit werk, as hy nie werk nie Hotrod ek hom en skiet sy loop uit in 1000 skote :):
Ek hoop regtig so, want verlede week Vrydag het iemand wat ek ken, ook van Klerksdorp af gery na Mojet toe om sy geweer te gaan haal wat 100% klaar is, net om daar te kom en te vind Andre is nie daar nie en niemand weet iets van sy geweer af nie....
Aim small, miss small
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Arnold »

Sterkte
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Arnold wrote:Sterkte
Dankie... Maar jy klink nie baie positief nie...
As hy nie wil skiet nie buig ek die loop in die bakkie se bullbar en bou n ander een ::)
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Johan JvR »

Sterkte +1
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Fritz »

Lekker Wynand!! Ek weet darem jy lê op hulle nekke so ek glo jy sal hom kry ;)

Is self al opgewonde vir jou part man!

PS: Jy skuld my skietstokke :laugh:
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Arnold »

Dit klink asof jy dit nie verwag het nie, die creedmoor gedeelte nou. Het jy gevra vir 'n 6.5x55, het hy die creedmoor gedeelte met jou bespreek?
Watse dies gaan jy gebruik om mee te laai?

Hoe lisensieer jy 'n 6.5x55 creedmoor?

Ek hoop vir jou part hy skiet baie mooi en sien nie 'n probleem met die ontwerp nie.
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Fritz Hagen wrote:Lekker Wynand!! Ek weet darem jy lê op hulle nekke so ek glo jy sal hom kry ;)

Is self al opgewonde vir jou part man!

PS: Jy skuld my skietstokke :laugh:
Jou skietstok staan vir jou en wag maar lyk my jy wil dit nie he nie!
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Arnold wrote:Dit klink asof jy dit nie verwag het nie, die creedmoor gedeelte nou. Het jy gevra vir 'n 6.5x55, het hy die creedmoor gedeelte met jou bespreek?
Watse dies gaan jy gebruik om mee te laai?

Hoe lisensieer jy 'n 6.5x55 creedmoor?

Ek hoop vir jou part hy skiet baie mooi en sien nie 'n probleem met die ontwerp nie.
Solank die ontwerp nie n f-op is nie kan ek nog om al die ander dinge werk...
Die ander detail sal ek vir jou gee sodra ek meer weet
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Arnold »

Sjoe, dit is hoekom ek sê sterkte. Dit klink of dit vir jou 'n verrassing is soos dit vir ons is.

Hy behoort naby aan die 6.5x55 Ackley te wees maar steeds beter uit 'n magesyn voer oor die skouer se hoek teenoor die Ackley se 40 grade.

Het hy 'n reamer ontwerp spesifiek hiervoor of het hy 'n ander reamer van bv. 'n 6.5 creedmoor gebruik en net die kamer dieper gesny? (Laasgenoemde in my oë is 'n definitiewe nee aangesien jou kamer dan aan die slot gesig se kant heel moontlik oor spec is en jy met doppe gaan sukkel)
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Fritz »

Gaan Andre vir jou Redding 6.5x55 matryse uitboor? Of gaan jy die Whidden roete?

Wat is jou vryboor dimensie?
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Ek was 9 Mei daar en 15 Mei... hy het gese hy gaan die kamer ream met die 6.5x55 Creedmoor reamer, ek weet nie wie se ontwerp dit is nie, ek het gese dis reg. Ek het ook Lapua doppe daar gelos.... So ek wag baie geduldig....


Die NK die en ST die is nie n problem nie.
Die FL die het hy gese het hy blanks en maak n custom die.
Ek is maar net so nuuskierig om te sien
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Fritz »

Daai dop gaan baie kruit vat. Kan sommer S385 ook probeer met die 140's
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Fritz Hagen wrote:Daai dop gaan baie kruit vat. Kan sommer S385 ook probeer met die 140's
As hy sê ek kan die geweer kom haal is die maklikste ding vir my om te doen om alles in die kar te pak van punte tot poeier en die jong blond ..... vir hom sê hy laai en skiet die geweer en resize die doppe.... en as alles reg is betaal ek hom en vat die geweer. As hy dit nie in een dag regkry nie boek ek en die jong blond maar by ’n hotel in. ++>:
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Fritz »

Jy sit baie vertroue in Andre se besluitneming. Ek hoop nie dit backfire nie. Maar solank as wat jy enige ongelukkigheid daar en dan bekend maak, glo ek Andre sal doen wat hy kan om dit reg te stel.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1871
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Rudi Fischer »

Hoe lank het jy gewag vir jou geweer ?
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Fritz »

Miskien moet jy 'n stappie terug vat, jou eie reamer bestel, en binne 'n maand of twee skiet jy 'n straight 6.5x55 met Redding dies?
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

458Exp wrote:Hoe lank het jy gewag vir jou geweer ?
Ek het 1 November 2013 die dep oorbetaal! so dis so 7maande.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Fritz Hagen wrote:Miskien moet jy 'n stappie terug vat, jou eie reamer bestel, en binne 'n maand of twee skiet jy 'n straight 6.5x55 met Redding dies?
Ek wil juis nie my eie reamer kry nie want dan is dit maklik om my goed die skuld te gee.... nou as iets fout gaan is dit nie my skuld nie.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by Fritz »

Wynand, ons vra hierdie vrae, en deel raad omdat ons lief is vir jou hoor ;)

Wil nie hê hierdie mooi projek van jou moet met stampe en stote begin nie. Ek weet nie baie nie, en Andre KAN gewere bou, maar hou maar net jou vinger op alles en maak seker jy neem nie 'n risiko nie.
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

Ek verstaan 100% Fritz en ek weet jy het jou huiswerk al baie gedoen.... Ek het Andre gekies want ek hou van die gewere wat hy bou dis uniek en die mense wat dit het sê dit skiet ’n barshou.
Ek gee hom ’n regverdige kans en ek moet maar vertrou op sy kennis en kundigheid net soos wat ek sou moes vertrou het op iemand anders s’n. Ek weet die terugvoer van hulle kant is baie swak en tog elke keer wat ek daar kom werk die manne en bou hulle mal mooi gewere en hulle kry net nog en nog bestellings.
So hy doen sekere goed verkeerd en lyk vir my hy doen dinge reg ook. Public relations en terugvoer is swak... Ek kom uit ’n huis wat al vir 38 jaar lank ’n ingenieurs besigheid het en ek kan sien die vakmanskap lyk baie baie goed.
Die tegniese geweer mambojumbo is sy probleem.... ek het gesê ek soek ’n 6.5x55 wat gethroat is vir ’n 142gr MK wat akkuraat is.... so dis wat ek soek.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by CarelG »

Nou moet jy net die 142gr MK in die hande kry, hoop jy het n paar....hoor hulle is maar skaars.
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet

Post by maxboostsa1 »

CarelG wrote:Nou moet jy net die 142gr MK in die hande kry, hoop jy het n paar....hoor hulle is maar skaars.
Ek het 1200 140gr GK en 1000 140 A-Max
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
Post Reply