Op die knoppe?

Post Reply
300Winmag

Op die knoppe?

Post by 300Winmag »

Ek lees die stukkie van Gert in die Impala toets :

"Die twee Grysbokkies was een 'n kopskoot, al sy breins het op sy rug gel? deur 20mm uitgangs wond, die ander een wat 'n bladskoot op die knoppe. Hart en long groot gat en ek soek nog die ander long."

Ek het gedink dis waar die bladebene, rug en nek bymekaar kom. As jy hom daar skiet
val hy net daar maar die dlag is daarmee heen. Om hom deur die hart te skiet moet
die knoppe dan baie, baie laer wees?
Waar is die knoppe dan?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Gerhard »

Ek het lankal al vergeet van op die knoppe en net agter die blad skote.

Kry vir jou Doctari se Perfect Shot boekie en dalk sy DVD ook gaan kyk mooi na skoot plasing.

Daar is net een skoot "boiler room" wat jy wil skiet en dit is die middel van die "vital triangle" wat vir jou 'n bo oor die hart en dubbel long skoot gaan gee as die bok plank dwars staan.

Dinge verander natuurlik bietjie as die bok nie presies plank dwars staan nie maar met oefening leer mens vinnig waar jy jou skoot wil sit om die middel van daai "boiler room" raak te skiet...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
300Winmag

Re: Op die knoppe?

Post by 300Winmag »

Gerhard wrote: Ek het lankal al vergeet van op die knoppe en net agter die blad skote.

Ek staan 100% saam (die boog jag het my baie meer van shot placement geleer as wat ek dog moontlik is). Ek wil nie op die knoppe skiet
nie ek wou net weet waar dit is. Om die hart en altwee longe raak te skiet moet die knoppe dan laag in die vital triangle sit?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Beyers »

Soos ek op die knoppe verstaan is die gedagte om been te breek. Dus kan die dier nie hardloop nie. "Anker hom" is die ander term wat ek al gehoor het.
Dus enige skoot wat beide elmboee sal breek of die skouers waar die humerus en die bladbeen bymekaar kom. Die elmboog skoot is baie laag maar die kanse is goed dat jy die hart gaan tref en ook die longe. Die skouer bring die slagare na die nek en die nek self in gedrang. Die uitgangspunt is natuurlik dat die bok plankdwars staan.
2c
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Op die knoppe?

Post by Wielie Waps »

As jy jou kinders wil leer waar om die skoot te plaas is daar 'n lekker rekenaar speletjie met die naam Hunters Craft.
Dit gee vir jou punte vir goeie skote en minusse vir swak skote.
Die pa's moet natuurlik eers die programmetjie laai en kyk of dit goed werk ;)
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Gerhard »

300Winmag wrote:
Gerhard wrote: Ek het lankal al vergeet van op die knoppe en net agter die blad skote.
Kry vir jou Doctari se Perfect Shot boekie en dalk sy DVD ook gaan kyk mooi na skoot plasing.
Daar is net een skoot "boiler room" wat jy wil skiet en dit is die middel van die "vital triangle" wat vir jou 'n bo oor die hart en dubbel long skoot gaan gee as die bok plank dwars staan.
Dinge verander natuurlik bietjie as die bok nie presies plank dwars staan nie maar met oefening leer mens vinnig waar jy jou skoot wil sit om die middel van daai "boiler room" raak te skiet...
Ek staan 100% saam (die boog jag het my baie meer van shot placement geleer as wat ek dog moontlik is). Ek wil nie op die knoppe skiet
nie ek wou net weet waar dit is. Om die hart en altwee longe raak te skiet moet die knoppe dan laag in die vital triangle sit?
Die ou mense het dalk na die knoppe as die skouer been verwys wat die een punt van die vital triangle is...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Louis Kriel »

Gerhard wrote:

Nog 'n vraag waar sit die kambene?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Op die knoppe?

Post by DawieKotze »

Plankdwars skote is bitter skaars in die jagveld. Ek het die gewoonte om die vertikale kruishaar tussen die twee voorbene te sit as dit by skuins skote kom. Ek glo in die meste gevalle sal dit die vital driehoek tref.

Die knoppe is daar waar 300Winmag s? - of so het ek in elk geval geleer. Daardie skoot is by uitstek lekker as jy in bergagtige areas met baie klowe jag. Wie wil nou koedoe se kind uit 'n diep kloof dra as jy hom kan laat val waar hy staan?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Beyers »

Nog 'n vraag waar sit die kambene?
[/quote]

By daai een maak jy vir jouself werk. Waar die nek en lyf bymekaarkom bokant die nek tot by die skof is die bene van die rugstring/nek lank soos 'n kam se tande. 'n Koeel daardeur maak 'n bok gesonder. ;)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Gerhard »

Beyers wrote:

Skoot deur die kambeen laat die bok neer slaan soos nek skoot maar boeta as hy daar opstaan gaan jy moet vinnig en raak kan skiet of jy betaal net vir paar druppels bloed...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
300Winmag

Re: Op die knoppe?

Post by 300Winmag »

Dankie vir die antwoorde -  ek kan my oupa nog duidelik hoor praat van
"Op die knoppe"

Ja, as jy wil sien hoe lyk die plaas dan skiet jy die kambeen raak! ;D ;D
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Beyers »

300Winmag wrote: Ja, as jy wil sien hoe lyk die plaas dan skiet jy die kambeen raak! ;D ;D
Feite my eerste bok het my mooi van kambene geleer
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Op die knoppe?

Post by Stefan764 »

Hierdie is my idee van op die knoppe....da op die groen kolletjie. Da trek jy n bok (veral wildebees) se handbriek sommer lekker STYF op

Image

Die perfekte skoot vir my is egter (as die bok plankdwars staan) die vertikale kruishaar reg teen die voorbeen op, en horisontale kruishaar 2x handpalms op vanaf die borskaslyn.

Die bok op die foto staan nie 100% plankdwars nie, so en sal die groen kolletjie vir daardie skoot so 2 duim na regs skuif...

Hierdie punt is baie belangrik, hierie skootplasing punt. Danie 243 het dit ook aangeraak onder die Impala toets onderwerp. Die beste manier om jou eie gevolge op skootplasing te maak is om ELKE keer by te wees met die afslagproses. Dis tog lekker om jou eie koeel te soek, die ingangswond en dan ook die status van die "vitals" te beskou. En jy leer op die beste as jy self bietjie jou hande vuil kry.

En dan haal n man mos sommer gou-gou die lewertjie en niertjies self uit vir more oggend se brekfis!

Stef
Last edited by Stefan764 on Tue Feb 15, 2011 2:28 pm, edited 1 time in total.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Op die knoppe?

Post by BLOK »

Stefan

Mooi verduidelik, wil net noem n man wat op die bok nie n kopskoot vat nie sal dom wees. Daai kop is dan amper groter as die hele vitals area. ;D ;D

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Gerhard »

Stefan764 wrote: Hierdie is my idee van op die knoppe....da op die groen kolletjie. Da trek jy n bok (veral wildebees) se handbriek sommer lekker STYF op

Image

Die perfekte skoot vir my is egter (as die bok plankdwars staan) die vertikale kruishaar reg teen die voorbeen op, en horisontale kruishaar 2x handpalms op vanaf die borskaslyn.

Die bok op die foto staan nie 100% plankdwars nie, so en sal die groen kolletjie vir daardie skoot so 2 duim na regs skuif...

Hierdie punt is baie belangrik, hierie skootplasing punt. Danie 243 het dit ook aangeraak onder die Impala toets onderwerp. Die beste manier om jou eie gevolge op skootplasing te maak is om ELKE keer by te wees met die afslagproses. Dis tog lekker om jou eie koeel te soek, die ingangswond en dan ook die status van die "vitals" te beskou. En jy leer op die beste as jy self bietjie jou hande vuil kry.

En dan haal n man mos sommer gou-gou die lewertjie en niertjies self uit vir more oggend se brekfis!

Stef
Jy gaan darm lekke baie vleis mors as jy bok op daai bene skiet met vinnige kalibers.

Stoot hom in die middel van die vital triangle en hy val binne 50 tot 100 yards.

Op die bok sou dit net bo die hart wees.

Gee jou lekke dubbel long met bo kant van die hart ook raak geskiet.

Trek die skoot bietjie links of regs en jy skiet nog steeds longe.

Bietjie laag en jy skiet die hart in vlarde.

Bietjie hoog en jy het nog steeds dubbel long.

Ek het 'n blou williedood bees al laat val 30 tree van waar ek hom in die middel van die vital triangle geskiet het met die boog.

90% van my ander bokke wat ek met die boog ge skiet het val binne 50 to 60 yards van die skoot.

Ja ek het ook al paar simpel skote geskiet waar die bok verder gegaan het met die boog.

Ek het die laaste 5 jaar net boog gejag behalwe vir blou williedood bees koei wat ek met 7 x57 geskiet het na lang bekruip.

Presies die selfde skoot plasing en sy het 50 tree verder gele...
Last edited by Gerhard on Tue Feb 15, 2011 4:28 pm, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Op die knoppe?

Post by Stefan764 »

So Gerhard jy stem saam my, kruishaar teen die voorbeen op?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Yalair »

Soos daai bok staan skiet jy hom tuusen die o?, geen vleis skade  8)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Op die knoppe?

Post by BLOK »

Yalair

Ek stem maak nie saak hoe ver hy staan hierdie bok se hop is groter as al sy vitals saam. ;D ;D Jammer mens kan nie vir blesbok die kop se grote stuur vir n rekord nie want dan het die een ver gewen. ;)

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Geno »

Manne, onthou, daar is 'n groot verskil tussen 'n kopskoot, en 'n brein skoot.
Die een maak dat jy sagte vleisies kry, en die ander maak dat jy 'n taai kwesbok kry.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Beyers »

Kopskote is vir of baie goeie skuts of baie onervare skuts.
Die goeie skut is geen probleem, die onervare skut gaan 'n soek ervaring beleef. ;D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Gerhard »

Vir my persoonlik is in kop skoot 'n on etiese skoot wanneer dit by jag kom.

Omdat ek loop en jag kan ek nie 'n kop skoot regverdig nie. Daarom skiet ek vir die grootste teiken wat die bok die vinnigste op die grond kry.

Ek het al bokke gejaag nadat bakkie jagters dink hulle kan skiet en dan die bok se kakebeen afskiet...  >:(

Vir die manne wat oes verstaan ek hoekom hulle die skote skiet en 99% van die manne verstaan wat gedoen moet word om daai skoot op teiken te kry maar dit is oes nie jag nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Beyers »

Gerhard
Soos jy se groot verskil tussen jag en oes.
Met oes kry mens Rxx per kilo en word swak skote se vleis van jou betaling afgetrek. Dus kop- en hoe nekskote.
As jy jag betaal jy RYYYY per bok of jy nou kwes of doodskiet. Maak dus seker jy skiet dood. Skiet na die grootste doodmaak area.
2c
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Op die knoppe?

Post by BLOK »

Manne

Ek stem 100% saam met julle maar ek dink julle het my en Yalair so effe verkeerd opgeneem. Wat ons hier bedoel het is die verhouding van die spesifiek getekende blesbok se kop teenoor sy lyf. Sy kop is werklik uitermatig groot maar ja dit regverdig nie om kopskote te skiet nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Beyers »

Ek sien hy't dikkop ek dag dis net perde wat dit kry
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Op die knoppe?

Post by Ponkie »

Stefan

Dankie vir die foto! Nou weet ek ook en is eintlik skaam om te se waar ek gedink het die knoppe sit! ;D

Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Post Reply