Beaufort West are - Kudu gewigte

Post Reply
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Jamma »

More Julle,

Kan ek so bietjie raad kry van wat n gemiddelde Kudu Bul in die area uitslag (net so idee kry van die manne wat daar jag). Dit is nou kop af,voorbene af en binnegoed uit ?
Ek het met n oom gepraat vandag want ons gaan volgende week daar jag en die man se die bulle is gemiddeld so 100kg. Hy se die groot bulle waarvan die manne praat is maar skaars. Dit is nou nie n wildsplaas nie so is die trekbokkies maar so klein of hoe. Dit klink maar vir my bietjie klein ??

Groete
Jamma
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by win270 »

Dit klink klein (of lig). Prysgewys moet jy nie veel meer as sowat R25.00/kg geslagte gewig betaal nie . . . dis nou maar net my eie opinie.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Jamma »

Die prys is nie sleg nie. Dis nou as n man gelukkig is om te kry. Onder 110 kg is dit R2200 vir n bul en bo dit is dit R2500 (wat die maksimum is wat betaal sal moet word maak nie saak hoeveel bo 120kg jy gan) so dit is goeie pryse wou maar net weet of n man nie ietsie groter sal kan kry in daai geweste nie.
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 377
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Carel Kolesky »

my beperkte ondervinding wys bulle 120kg met uitskieters in 140-160 klas(vel aan)Koeie 80-100kg met vel aan en alles anders af en uit
Gooi kole!
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Jamma »

Ek ook gedink hier na 120kg is n lekker size bul vir daai deel van die wereld. Dit bly goeie prys so ek gannie kla nie! Hopenlik is daar n uitskieter wat erens net te mak geraak het!
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Armand9 »

Die bulle in daardie wereld is maar so 100-120kg uitgeslag. Groter bulle kan na 140kg gaan, maar dan dit n meneer. Horing lengte ook nie so lank nie in vergelyking met ander dele.

Watter area rondom B-Wes? Weet Murraysburg se kant toe daar lekker knewels.

Soek maar die digte rivierlope deeglik deur. Die ou grotes bars nie so maklik uit soos die res nie!
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Jamma »

Middag Armand,

Dit is so 30 km op die Aberdeen pad uit Beaufort uit. Was nog nie daar nie ? Hoe lyk hulle daai kant toe ??
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Armand9 »

Plat wereld met rivierlope. Berg se kant toe kan daar lekker klowe ook wees. Is dit Steenbokkie reservaat?
Julle behoort te kry. Hulle kan net lekker wegkruip in digte bos en as hul dan uitbreek staan hy nie maklik weer nie.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Jamma »

Weet nie wat die plaas se naam is nie, n oom wat ons verlede jaar ontmoet het reel dit vir ons. Die man se naam is Boksie weet nie wat sy regte naam is nie. Ons sal maar moet gaan kyk hoe die dinge lyk daar.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Armand9 »

Seker Woksie. Julle moet hom geniet. Altyd n lekker uitdaging as ek in daai wereld gaan kudus soek.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Chevvy SS »

Ek het so 9 jaar gelede een geskiet omtrent 40km vanaf BW in die Bloemfontein rigting wat 148kg karkasgewig was.
Jamma
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:23 am

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Jamma »

Is Woksie n lang groot man ? Is dit so is dan is dit seker hy ??
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by afrikanerbloed »

Jis Manne
Die week se geluk bulle op n stap jag in Leeuw Gamka was 125kg en 157kg,kop af ,bene af alles uit en vel aan.Dit is so 45min se ry van Beaufort af,ons kan die pad hoor dag en nag.Daar was al groter bulle geskiet maar enige iets van 100kg is mooi.Horings doen nie die lywe daar justice nie.
Groete
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by Swys14 »

Ek self het in daai wereld gaan jag. my volwasse vleis koei laas jaar het so 75kg uitgeslag...vleis was puik.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Beaufort West are - Kudu gewigte

Post by 2vierniks »

Uitgeslag en vel aan is 2 dinge. Ons praat van "dressed weight". Dit is kop af, binnegoed uit, pote af en hartslag uit. Dan kan jy kyk vir koeie tussen 75 en 100kg. Die bulle behoort vir die jonger spanne vanaf 95 tot 115kg te strek. Volwasse bulle werk op 120 tot 155kg. Die groot waens sal die drif trek na 160 tot 180kg(werklike groot ou langlyf bulle). Somtyds kan jy in die droe soet wereld selfs bulle kry van 190kg, maar dit is een uit 'n honderd. Daai baie groot bulle is skelm en man-aleen en die taktiek van die dag moet reg wees of jy moet gelukkig wees. Partykeer is mens gelukkig dat daai ou grotes te vol selfvertroue raak en tot sy eie ondergang lei.

Pasop vir enkelkoedoetjies wat by jou uitkom en jy het nie 'n ander bok om dit mee te vergelyk nie(veral die koeitjies of verse), want jy kan rooigesig staan met 'n bokkie van 45kg aan die haak.

Dit is maar wat ek sien hier...
Post Reply