Goeie more almal,
Ek hoop dit gaan goed. Ek is die proses om 'n wildsplaas te koop, wat ek later as jagplaas/lodge wil inrig. Maar ek stel belang om miskien te begin om eksotiese wild te teel, soos swart rooibokke, koper blesbokke en koper wildebeest.
Ek sal graag wil meer uitvind oor die teling met wild en watse vereistes daar is, soos moet ek apparte kampe vir teling bou, voer, lekke, medisyne, hoe vermy ek inteling en hou by goeie bloedlyne, en sal dit winsgewend wees ens.
Enige raad sal baie waardeer word, en as ek dalk iemand kan vat vir koffie om bietjie meer uit te vind sal ek dit baie waardeer.
Groete
Johann
Wildsteling
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wildsteling
Johann
Goeie idee is om by die manne van WRSA of studie groepe soos Pilanesberg toe kontak. Baie van hulle besonderhede is in die ander jag tydskrif Wild en Jag. Kyk dalk is daar manne in die plaas se omgewing. Daar is hope dinge om in gedagte te hou en elke deel van die land en tipe wild gaan bepaal wat jy doen.
Jy't mos al gesien die forum is vir die biltong jagters, goud of swart sy vleis proe dieselfde.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: Wildsteling
Johan,
Dit sal beslis winsgewend wees as die pryse hou! Dit vat egter 'n lang tyd voor jy 'n inkomste kan genereer uit die skaars wild of gewone wild. Uit 'n beleggings oogpunt is dit goed. As jou sakke diep is en jy hoef nie 'n inkomste uit die grond te genereer nie, is die saak anders. In my geval moet ek en daarom boer ek nog steeds met vee terwyl ek die wild vestig. Ek het Njalas in 40-50ha kamp, en die plan is om Sable by te sit in die kamp. Ek gaan ook nog 'n kamp of twee maak in die toekoms. Jy sal maar met iemand moet gesels wat meer weet. Daar is wel ander meer winsgewend besighede wat jy in kan belê, maar as dit jou liefde is dan moet jy! Onthou net, 'n plaas suig jou vinnig leeg! Daars altyd nog 'n ou tenkie hier, sonpompie daar, draadjie hier, landjie daar, Gamecams, ens, ens. Maar ek ruil dit nie sommer nie!
Sterkte
Danie

- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Wildsteling
Oor die naweek hierdie gelees en gedink jy sal dit interessant vind. Die volgende som dit egter mooi op:
"‘n Volledige lewensvatbaarheid-, omgewing- en ekologiese-impakstudie moet vooraf gedoen word."
Maar dit is net die tippie van die ysberg. Sterkte met al die navorsing. Hoop hierdie help bietjie.
Groete
http://www.senwes.co.za/af-ZA/Artikels/ ... sak-bring-