SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
SA Jagters bied 'n Mees Veelsydige Skut skietkompetisie vir gestremde en ingeperkte skuts aan. Hierdie kompetisie, die eerste van sy soort in SA, vind op 14 Junie 2014 naby Welkom in die Vrystaat plaas. Die kompetisie is oop vir alle ingeperkte of gestremde skuts, al is hulle nog nie SAJWV lede nie.
Indien u van enige sulke persone weet, stuur asb die inligting aan hulle. Ons het reuse borgskappe wat in totaal meer as R40 000 beloop, vir die kompetisie beding.
Vir meer inligting en die inskrywingsvorm, gaan asb na die SA Jagters Skietforum http://www.sahunters.co.za/shootingforum/ en kies die skakel Disabled or Impaird Competitors.

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Hercules, ek dink daaraan om te loop deelneem, daar is egter 'n paar struikelblokke...bv swaarkaliber skiet...waar kry ek so 'n geweer??
Handwapen .357 rewolwer...waar kry ek so wapen??
Laat maar weet as jy meer info het, ek het iewers op ander draad ook genoem, maar niemand het regtig gereageer nie.
Cheers
Handwapen .357 rewolwer...waar kry ek so wapen??
Laat maar weet as jy meer info het, ek het iewers op ander draad ook genoem, maar niemand het regtig gereageer nie.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Wat word beskou as n ingeperkte skut gee asb meer duidelikheid
Beretta
Beretta
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Tel finansiele ingeperktheid ook? 
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Cobus ongelukkig is ek daardie naweek in Sutherland vir n jag anders het ek vir jou my 9,3 en 44 Mag gebring om mee deel te neem.Met die 200gr Impalas is die 9,3 dodelik akkuraat en die Rollie vaar self nie te sleg nie.
Mooi loop.
Mooi loop.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Cobus, jammer ek antwoord nou eers, was die afgelope week in Bisley Engeland gewees.Cobus(Cobb) wrote:Hercules, ek dink daaraan om te loop deelneem, daar is egter 'n paar struikelblokke...bv swaarkaliber skiet...waar kry ek so 'n geweer??
Handwapen .357 rewolwer...waar kry ek so wapen??
Laat maar weet as jy meer info het, ek het iewers op ander draad ook genoem, maar niemand het regtig gereageer nie.
Cheers
Cobus, die kompetisie bestaan uit 7 verskillende moontlike skietoefeninge waarvan elke skut se beste vyf gebruik word om die wenners te bepaal. Jy hoef dus net aan 5 skietoefeninge deel te neem.
Ek en Koos Barnard gaan egter teenwoordig wees tydens die skiet, gaan die dag daar spandeer op pad om in die Suid Vrystaat te gaan jag. As jy regtig belang stel om deel te neem, sal ek my 9.3x62 of 416 Ruger en 44Mag Colt Anaconda saamneem vir jou om te gebruik. My Colt het 'n 8 duim loop en is nogal swaar, dus afhangende van jou inperking mag dit moontlik moeilik wees om te skiet.
Ek wil belangstellendes net weer verwys na die internet skakel wat ek op my eerste post hierbo geplaas het. Daar is detail inligting oor die kompetisie, skietposisies ens. vir ingeperkte en gestremde skuts beskikbaar. Die kontakbesonderhede van Johan Lundel (self 'n ingeperkte skut) wat die koördineerder van ons kompetisie vir ingeperkte/ gestremde skuts is, is ook daar beskikbaar, hy kan al die moeilike vrae oor inperking en gestremdheid beantwoord.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Hercules, dankie vir die reply.
Ek short net 1 linker arm, dan is ek weer voltallig..Nee kyk, ek sal sommer al 7 doen, as ek mag natuurlik. as jy en Koos daar is sal ons mekaar ontmoet ook sommer, en as jy gewere beskikbaar is, sal ek op jou knoppie druk.
Nou sal ek begin dink aan inskrywings en vir my blyplek vir die aand soek.
Cheers
Ek short net 1 linker arm, dan is ek weer voltallig..Nee kyk, ek sal sommer al 7 doen, as ek mag natuurlik. as jy en Koos daar is sal ons mekaar ontmoet ook sommer, en as jy gewere beskikbaar is, sal ek op jou knoppie druk.
Nou sal ek begin dink aan inskrywings en vir my blyplek vir die aand soek.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Hierdie is nou erg mosterd na die maal, maar ek het laat hierdie week eers my SA Jagters tydskrif gekry en het vanmiddag die artikel oor bg skietkompetisie gelees. Ek het die ander drade gevolg waar daar oor die kompetisie en uitslae kommentaar gelewer is vooraf en net na afloop van die betrokke kompetisie, maar veral die fotos in die artikels wat illustreer hoe van die skuts aanlê en hoe dit ooglopend 'n moeiliker proses is as vir ons normale skuts, kan ek net my verbasing en bewondering uitdruk vir hierdie manne en vroue. Dis baie duidelik dat hierdie mense 'n toegewydheid het om dit wat vir ons normaal is, aan mee te doen, al is dit hoe moeilik vir hulle. Daar is niks fout met hulle gedrewenheid om hul persoonlike hindernisse te oorkom nie. Ek meen, 'n man wat kans sien om 'n .375 H&H kaliber te skiet en dit terwyl dit ooglopend nie maklik kan wees nie, dit wil gedoen wees. Ek haal my hoed af vir elkeen van hulle! Welgedaan! Dankie ook aan SA Jagters, S&O en ander borge en organiseerders dat julle hierdie grootse saak bevorder.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Dis weer sulke tyd......die keer net effe beter vertoon.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Soos Cobus sê, dis weer sulke tyd!
SA Jagters bied weer die kompetisie aan op 13 en 14 Maart by die Excalibur skietbaan buite Welkom. Indien julle van enige ingeperkte skuts weet, laat weet hulle asseblief. Die kompetisie is steeds oop vir enige ingeperkte skut, nie-SAJWV lede is baie welkom.
Gaan na http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=67 vir meer besonderhede.

- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: SA Jagters MVS Skietkompetisie vir Gestremde skuts
Cobus het jy al in geskryf sien op die web site daar is al inskrywing forms beskikbaar.