Kameeldoringboom woud

Post Reply
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Kameeldoringboom woud

Post by Skolla »

Enige iemand wat weet?

Ek kyk vandag, op TV, n stuk oor die Noord Kaap. Daar iewers is die tweede grootste kameeldoringboom woud ter wereld, en die grootste in Afrika.
Weet iemand dalk waar is die grootste een, want ek het nie eers geweet kameeldoring bome kom iewers anders in die wereld voor nie?

Skolla
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kameeldoringboom woud

Post by BLOK »

Skolla

Ek weet nie waar die spesifieke woud is nie maar as jy ry tussen Vryburg en Kuruman ry is daar baie sulke klein kameelwoude. Skoolmat van my het op hulle plaas sulke woude gehad ons het in een wat omtrent n hektaar groot was in die middel n kol laat oopmaak, jy weet mos as n man die hoerskool is het n man mos maar so privaat maak plek nodig.

Ek het ook eendag in n boek gelees dat jare terug was die grootste een en baie ander by Ganyesa so 80km noord van Vryburg, maar dat agv. die die ontginning van diamante by Kimberly jare terug het hulle die woude heeltemal uitgekap vir brandhout wat aan die myners verkoop was, blykbaar het die myne die houd gebruik vir vuurmaak op harde klip om dit te breek, en daarvoor was die kameelhout met sy roopit wat lekker lank brand net die ding.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Kameeldoringboom woud

Post by Raven »

Skolla,

Ek het laas naweek bietjie uitgevra en wel die Ooms  s? Rehoboth het die grootste kameeldoring woud.

Ek het al voorheen gehoor ons het die grootste Akasia woud maar wou eers seker maak by ouer garde.

EK probeer nog soek na defintiewe fuite, maar kry nog niks. Sal jou laat weet.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Kameeldoringboom woud

Post by Skolla »

Raven

Wat my gepla het is die feit dat hulle ges? het die grootste in Afrika?
Ek het nie geweet jy kry Kameeldoringbome in die res van die wereld behalwe in Afrika nie.
Laat weet maar as jy iets uitvind.

Skolla
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kameeldoringboom woud

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Sover ek dit het is die een in Suid Afrika net voor Shishen en die ander een is in Angola maar hier kan ek heeltemal die pot mis sit! Ons het mos n paar manne op die forum wat hulle lewe daar maak(Shishen) Altwee is verklaar na World Heritage Sites.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: Kameeldoringboom woud

Post by Arnold van Wyk »

Voorheen as Bywoner, 308 Sako
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Kameeldoringboom woud

Post by 243Songdaug »

Wouter.

Jy is heeltemal reg - die Kameeldoring woud hier by ons l? eintlik net noord van Kathu - binne die Sishen Yetererts myn eiendom.  Daar is slegs twee privaat persone wat elkeen 'n klein deel van die woud besit. 

Sover ek weet van die manne op die forum is dit ek, KSV, Francois Briedenhann en Kalahariklong wat hier in die woud operate.

Fantastiese bome, maar glo my die manne wat nie 'n kameeldoringboom in hul erf het nie is dankbaar - die dorings is swaar op motorbande.  Aan die anderkant is die skaduwee wat 'n ou reus gooi gladnie te versmaai nie - dit raak doodwarm hier by ons in die somer.

Klink my jy het al 'n draai of 2 in die Kalahari Country Klub se bar gegooi....na so 3 dubbels praat ons maar almal van Shishin.... ;D ;D ;D.  Spot sommer - hoor jy kom volgende jaar saammet Geno en die spanne hier jag?

Laat weet vroegtydig sodat ek kan verlof skeduleer - ek mis hierdie een vir niks!
Songdaug   
Dont tell me, show me......
Post Reply