Page 1 of 2
Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 08, 2011 10:04 pm
by Skolla
Hierdie foto is geneem 2011-01-06 in Addo Park.
My seun het dit geneem toe hy daar deur gery het.
Is dit n jakkals en wat makeer hy?
Skolla

Re: Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 08, 2011 10:19 pm
by Hein M.
Lyk soos 'n jakkie wat teen 5000vps deur 'n 243 AI se loop is
Dalk brandsiekte? Hy is mos 'n tipe hond???
Hein M
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 08, 2011 10:23 pm
by Topcat
Miskien die verkeerde boer se skape probeer vang

Wonder hoekom al sy hare sou verloor het?
Brandsiek?Baie siek?Hoe koors?Veldbrand..?

Re: Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 08, 2011 10:28 pm
by Skolla
Ek het ook heel eerste aan brandsiek gedink, ek weet dit kom voor in Namibia, maar ek weet nie of dit daar ook voorkom nie.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 08, 2011 10:41 pm
by Hein M.
Ek sal maar seker gemaak het deur hom vrek te ry. Sien die affere het nog koeels

Hulle is nooit te siek om aan te teel nie
Hein M
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 7:32 am
by Gerrit Visser
Ek dink hy was gekwes met 308 loodpunt. Nou het hy loodvergiftiging. Al die simtome. Swart, loop swaar, ho? koors los jas by die huis ens.
Kan nie help om hom jamer te kry nie.
Gert
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 7:55 am
by JOHANNIC
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 8:14 am
by LoveHenties
Ek het laas so een by Myl 108 gesien. Het in die vlak water kom rol. Het brandsiek gelyk. Glad nie bang vir mense nie.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 10:05 am
by BLOK
Johannic
Goeie een daai moerse meerkat.
Lyk vir my brandsiet, knopvel, skerfmyt kruising. Hoop hy vrek vinnig.
Blok.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 10:34 am
by Wielie Waps
Hierdie jakkals het was verbonde aan NASA en was een van die eerste diere wat maan toe was. BS het gevra dat hulle hom daar los , maar hy het sy pad teruggevind na sy ou tuiste toe.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 10:40 am
by Louis Kriel
Shame! Hy lyk gehawend. .22 Anti-biotika is al wat vir hom sal werk.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 11:18 am
by BLOK
Soos Pieter Pietersen sou gese het "Mog dit maar aansteeklik wees"
Blok.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 11:33 am
by PRIVATE RYAN
My professionele diagnose sou
wees dat hy in sy moer is.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 9:11 pm
by Christo
PRIVATE RYAN wrote:
My professionele diagnose sou
wees dat hy in sy moer is.

dis net hy daai
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 9:42 pm
by Foxcreek
As hulle maar net almal so gelyk het!!!!
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Wed Feb 09, 2011 11:41 pm
by Ponkie
Manne
Dit lyk vir my meer na die sogenaamde Tokkelosie wat hulle in Klerksdorp so dag of wat terug dood gemaak het!
Weet nie hoeveel van julle dit in die koerant raakgelees het nie!
HAHAHAHAH!
Groetnis
Ponkie
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Thu Feb 10, 2011 9:32 am
by tafjak
Foxie
As almal so gelyk het, het hulle ons eers opgevreet. Baie energie/kos nodig in die winter om nie te vrek nie. Skiet baie van hierdie soort op wildplase, tot verlede jaar stel geskiet wat dragtig was. Net die helper het so bietjie hare gehad.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Thu Feb 10, 2011 3:11 pm
by theedge
Deel van Addo se nuwe teel projek - wil boere vang kan nie sien dit is rroijakkals nie. Ek dink ook die ding het brandsiek hy is naby die motor en is nie bang nie - ek weet dit is in die park maar steeds. sal vir hom kyk skiet langs die park
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Thu Feb 10, 2011 5:05 pm
by fanie17
Julle spot hierdie is groot
.Dit is of hondsdolheid of bek en klou.Ek hoop jy het die inligting vir Natuurbewaring laat kry.Ons maak mos nie net dood nie, bewaar ook.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Thu Feb 10, 2011 10:24 pm
by Foxcreek
Taffie
Ek het dan reeds gedink hulle sal vrek van koue voor hulle kans kry om honger te word. Het in USA gesien hoe die cayotes met "mange" op strepe vrek as die winter toeslaan. Winters is seker nie koud genoeg hier by ons vir so 'n wonderwerk nie. Of dalk is ons jakkies taaier(en slimmer) as daai cayotes.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Fri Feb 11, 2011 7:03 am
by tafjak
Foxie
Sien dat die brandsiek by ons net in goeie veld(weiding en skuilings) voorkom, natuurlik het die koue ook dan nie groot houvas op die kaalgoete nie. Het verlede jaar in Sept 'n jakkas geskiet wat geen, geen hare op sy lyf gehad het nie en het omtrent so 6kg geweeg. Reken ook dat hy so 4jaar oud was. Hy het elke dag die cheetahs se kos(word gevoer) gesteel.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 22, 2011 8:22 pm
by tewis
Een van 3 redes...Velmyte, Brandsiek en gifstowwe waarna hy oorleef het. Strignien sal dit nie doen nie. Gifstowe vir insekte (insekdoders) doen dit wel,
Groete,
Tewis.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Tue Feb 22, 2011 9:34 pm
by Danie Lombard .243
Lyk soos 'n veldbrand jakkie daai.
Yollie se daai jakkie lyk vir haar of hy nie lekker voel nie.
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Thu Feb 24, 2011 10:13 am
by Namib
Re: Wat makeer die ding?
Posted: Thu Feb 24, 2011 8:15 pm
by theedge
Het in die week met n ou by geweerwinkel gesels. Hy het foto van n bok gehad wat hy geskiet het ons moes raai wat dit is. Dit was n jong kudubul (penkop) die verskil die ding het nie een haar op sy lyf nie lyk nes die jakkie. Op dit vertel n ander ou ons dat hy onlangs twee geskiet het (Paterson omgewing) nie een haar op hulle nie. Nou is my vraag is daar n rede dat n man nou skierlki die (brandsiek) diere kry - ? weer droogte of so iets