Wat makeer die ding?

Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Wat makeer die ding?

Post by Skolla »

Hierdie foto is geneem 2011-01-06 in Addo Park.
My seun het dit geneem toe hy daar deur gery het.
Is dit n jakkals en wat makeer hy?
Skolla
Image
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Hein M. »

Lyk soos 'n jakkie wat teen 5000vps deur 'n 243 AI se loop is ;D

Dalk brandsiekte?  Hy is mos 'n tipe hond???

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Topcat »

Miskien die verkeerde boer se skape probeer vang ;D ;D ;D
Wonder hoekom al sy hare sou verloor het?
Brandsiek?Baie siek?Hoe koors?Veldbrand..? ???
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Skolla »

Ek het ook heel eerste aan brandsiek gedink, ek weet dit kom voor in Namibia, maar ek weet nie of dit daar ook voorkom nie.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Hein M. »

Ek sal maar seker gemaak het deur hom vrek te ry.  Sien die affere het nog koeels :o  Hulle is nooit te siek om aan te teel nie :laugh:

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Gerrit Visser »

Ek dink hy was gekwes met 308 loodpunt. Nou het hy loodvergiftiging. Al die simtome. Swart, loop swaar, ho? koors los jas by die huis ens.

Kan nie help om hom jamer te kry nie.

Gert
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by JOHANNIC »

As ek moet raai sou ek se dis die jakkie wat destyds van die ARK afgeklim het ;D

of of of dis a mo@@@rse stokstert meerkat ;D ;D ;D
Last edited by JOHANNIC on Wed Feb 09, 2011 7:57 am, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by LoveHenties »

Ek het laas so een by Myl 108 gesien. Het in die vlak water kom rol. Het brandsiek gelyk. Glad nie bang vir mense nie.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by BLOK »

Johannic

Goeie een daai moerse meerkat. ;D ;D

Lyk vir my brandsiet, knopvel, skerfmyt kruising. Hoop hy vrek vinnig.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Wat makeer die ding?

Post by Wielie Waps »

Hierdie jakkals het was verbonde aan NASA en was een van die eerste diere wat maan toe was. BS het gevra dat hulle hom daar los , maar hy het sy pad teruggevind na sy ou tuiste toe.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Louis Kriel »

Shame! Hy lyk gehawend. .22 Anti-biotika is al wat vir hom sal werk.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by BLOK »

Soos Pieter Pietersen sou gese het "Mog dit maar aansteeklik wees"

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 544
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Wat makeer die ding?

Post by PRIVATE RYAN »

My professionele diagnose sou
wees dat hy in sy moer is.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Christo »

PRIVATE RYAN wrote: My professionele diagnose sou
wees dat hy in sy moer is.


;D ;D  ;D dis net hy daai
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Foxcreek »

As hulle maar net almal so gelyk het!!!!
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Ponkie »

Manne

Dit lyk vir my meer na die sogenaamde Tokkelosie wat hulle in Klerksdorp so dag of wat terug dood gemaak het!
Weet nie hoeveel van julle dit in die koerant raakgelees het nie!
HAHAHAHAH! ;D

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by tafjak »

Foxie

As almal so gelyk het, het hulle ons eers opgevreet. Baie energie/kos nodig in die winter om nie te vrek nie. Skiet baie van hierdie soort op wildplase, tot verlede jaar stel geskiet wat dragtig was. Net die helper het so bietjie hare gehad.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Wat makeer die ding?

Post by theedge »

Deel van Addo se nuwe teel projek - wil boere vang kan nie sien dit is rroijakkals nie.  Ek dink ook die ding het brandsiek hy is naby die motor en is nie bang nie - ek weet dit is in die park maar steeds.  sal vir hom kyk skiet langs die park
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Wat makeer die ding?

Post by fanie17 »

Julle spot hierdie is groot .Dit is of hondsdolheid of bek en klou.Ek hoop jy het die inligting vir Natuurbewaring laat kry.Ons maak mos nie net dood nie, bewaar ook.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by Foxcreek »

Taffie

Ek het dan reeds gedink hulle sal vrek van koue voor hulle kans kry om honger te word. Het in USA gesien hoe die cayotes met "mange" op strepe vrek as die winter toeslaan. Winters is seker nie koud genoeg hier by ons vir so 'n wonderwerk nie. Of dalk is ons jakkies taaier(en slimmer) as daai cayotes.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat makeer die ding?

Post by tafjak »

Foxie

Sien dat die brandsiek by ons net in goeie veld(weiding en skuilings) voorkom, natuurlik het die koue ook dan nie groot houvas op die kaalgoete nie. Het verlede jaar in Sept 'n jakkas geskiet wat geen, geen hare op sy lyf gehad het nie en het omtrent so 6kg geweeg. Reken ook dat hy so 4jaar oud was. Hy  het elke dag die cheetahs se kos(word gevoer) gesteel.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
tewis

Re: Wat makeer die ding?

Post by tewis »

Een van 3 redes...Velmyte, Brandsiek en gifstowwe waarna hy oorleef het. Strignien sal dit nie doen nie. Gifstowe vir insekte (insekdoders) doen dit wel,
Groete,
Tewis.
Danie Lombard .243

Re: Wat makeer die ding?

Post by Danie Lombard .243 »

Lyk soos 'n veldbrand jakkie daai.


Yollie se daai jakkie lyk vir haar of hy nie lekker voel nie.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Wat makeer die ding?

Post by Namib »

Skolla wrote: Hierdie foto is geneem 2011-01-06 in Addo Park.
My seun het dit geneem toe hy daar deur gery het.
Is dit n jakkals en wat makeer hy?
Skolla
Image
Lyk vir my na daai vinnige valetjie,hul "loop leeftyd"lyk maar kort. :D :D :D.Kan ook sien dat hy besig was om in n vaartbelynde posisie in beweeg,ore trug neus ietwat af waarts ;D ;D ;D.Of was hy nie besig om n haas te jaag maar was so warem altwee het gestap. :D :D :D
Namakwalander sou gese het"  hy is so in sy m@#r so in sy m#$r :laugh: :laugh: :laugh:

Groete
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Wat makeer die ding?

Post by theedge »

Het in die week met n ou by geweerwinkel gesels.  Hy het foto van n bok gehad wat hy geskiet het ons moes raai wat dit is.  Dit was n jong kudubul (penkop) die verskil die ding het nie een haar op sy lyf nie lyk nes die jakkie.  Op dit vertel n ander ou ons dat hy onlangs twee geskiet het (Paterson omgewing) nie een haar op hulle nie.  Nou is my vraag is daar n rede dat n man nou skierlki die (brandsiek) diere kry - ? weer droogte of so iets
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply