Page 1 of 1
Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 6:02 pm
by Akkedis
Naand manne
Ek sien gister ñ koenyn in die pad hardloop en dink toe dat ek hom op ñ goeie dag dalk sal kan inhardloop. Ek dink toe dat ñ jakkals hom seker ook maklikker kan vang as ñ lam. Hier kry ek toe ñ idee dat jy gekastreerde manlikke koenyne(dat hulle nie jou plaas haas teling bedonner nie) met iets inplant in die boude (onder die vel soos ñ mikrochip) wat jakkals die tydelikke met die ewige sal laat verruil, sou hy die haas vang. Ek dink ook dat dit selektief is want enige iets wat ñ haas kan vang is ñ gevaar vir ñ skaap boer. Sal graag hoor wat julle dink.
Groete
Akkedis
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 6:09 pm
by Jacquesb
Ek dink jyt n plan beet. Verfyn so bietjie.
ek hou die post dop.
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 6:12 pm
by PWV
En so sal enige ander dier, bv. roofvoëls, ook die tydelike met die ewige verwissel as hulle die konyne vang.
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 6:50 pm
by G-force
Pieter Willem Vorster wrote:En so sal enige ander dier, bv. roofvoëls, ook die tydelike met die ewige verwissel as hulle die konyne vang.
Korrek.
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 6:53 pm
by alecjohnson
Pieter Willem Vorster wrote:En so sal enige ander dier, bv. roofvoëls, ook die tydelike met die ewige verwissel as hulle die konyne vang.
+1
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 7:47 pm
by Jakkie 321
Of jou eie hond die ewig heid in steur!!! Miskien iets soos n chip wat jou die ligging kan gee as jak die ding den toe dra??
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Thu Apr 17, 2014 10:17 pm
by hebron
Akkedis
Hier in ons geweste doen die mense dit met hoenders (battery hoenders) wat nie gewoond is om rond te loop nie, die mense wat dit doen reken dit werk goed. Ek is heeltemal gekant teen gif, veral as die mense dit op n onverantwoordelike manier aanwend... Het ook opgelet dat op plase waar gif gebruik word, jy nog steeds baie jakkalse en rooikatte skiet maar jy sien omtrent nooit n bakoor/silwerjakkals nie en groukatte ook skaars.
My 2C is dat n mens n leemte skep wat dan net deur skelm jakkalse gevul word, geen ander klein roofdier/ voels wat help met ekologiese bestuur van peste nie.
As jy dan "moet" gif gebruik, dink ek dit is net so belangrik soos enige ander metode dat jy n behoorlike kursus doen om sodoende die teiken dier te beheer en nie al die ander onskuldige diere nie!
Konyne en hoenders het my nog nie so kwaad gemaak dat ek hulle wil gebruik vir jakkals aas nie.
Willem
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Fri Apr 18, 2014 9:02 am
by PWV
Ek het volle simpatie met die boere wat ontsettende verliese ly as gevolg van probleemdiere.
Ek byt egter maar moeilik aan die gifhoender-storie!
Re: Kan dit dalk werk?
Posted: Fri Apr 18, 2014 11:03 am
by Spanner
Jou plan kan werk - maar hou dit eenvoudig. Sit net 'n klomp koenyne in, sonder die fancy magaftertjies. Offer die koenyne dan basies op 'n skinkbord vir die jakkalse. Die jakkalse sal hopelik hulle vang voordat hulle die skape gaan vang. 'n Koenyn is baie goedkoper as 'n skaap ! Vergeet van al die gif dinge, "voer" die jakkalse dan eerder die makliker prooi as jou duur skape, terwyl jy jou tegniek opskerp om die jakkalse vrek te skiet. Maak set seker die koenyne loop dan tussen die skape !