Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Gerhard »

Ek het vanoggend my dokumente in gegee vir hernuwing aansoek.

- Maak seker jy doen aansoek voordat die sertifikaat verval

- Kry die nuwe SAPS dokument die dok wat op hulle website is is verouderd

- Maak gewaarmerkde afskrifte van al jou opleiding sertifikate

- Maak afskrif van jou huidige bevoegdheid sertifikaat (kaartjie)

- Kry 3 verwysings (SAPS Dok)

- 2 van die persone wat jy as verwysing gebruik moet verklaaring skryf wat bevestig dat hulle jou ken

- Gewaarmerkde afskrif van bewys van woon addres

- 2 x kleur ID fotos

- afskrif van jou ID

- R70.00

en ook so bietjie seep om jou hande te was na al die vinger afdrukke want ek het amper nog nooit my hande gewas gekry by SAPS kantoor na vinger afdrukke nie...  :D

Hoop dit help die wat ook weer deur die prosess moet gaan...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by afriventure »

Gerhard

EN GEDULD, sommer BAIE soos in my geval - het heraansoek Julie 2010 ingegee - bevoegdheid het in Oktober verval - vandag gebel - nog geen vordering nie!! :'(
Ook 12 gewere se heraansoeke in Sept ingegee - lisensies het vroeg Desember verval en raai wat - geen vordering  :P

So ek is nou onbevoeg en het 12 ongelisensieerde roere!  ;D
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Gerhard »

afriventure wrote: Gerhard

EN GEDULD, sommer BAIE soos in my geval - het heraansoek Julie 2010 ingegee - bevoegdheid het in Oktober verval - vandag gebel - nog geen vordering nie!! :'(
Ook 12 gewere se heraansoeke in Sept ingegee - lisensies het vroeg Desember verval en raai wat - geen vordering  :P

So ek is nou onbevoeg en het 12 ongelisensieerde roere!  ;D
So lank jy bewyse het dat jy die her aansoek gedoen het...

Geen probleme nie...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Stefan764 »

Gerhard wrote:

- Maak seker jy doen aansoek voordat die sertifikaat verval

Ek het die 90 dae deadline gemis... gee die week myne in, darem voor dit verval... Hou mar duim vas...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Jagtersdok »

Stefaans

Roer jou alie jong man. Ek wil geen stoeries hoor nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Robert »

Daar is nuwe verwikkelinge rondom die hernu van bevoegtheid sertifikate:

As jou bevoedheidsert, na 10 Januarie verval hoef jy hom nie aleen te hernu nie. Dit bly geldig tot jou eerste wit ilsensieverval. As jou lisensie 2017 verval verval jou bevoegtheid die selfde tyd. As jy handwapens besit verval hy 5 jaarliks saam die handwapen lisensie.

Kontak jou DFO en kry uitsluitsel voor jy onnodig kostes aan gaan en in die ry loop staan.

Robert
Oorwining deur opleiding
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Stefan764 »

More manne

Ek het nou met n vriend van my gesels, hy is n prokurower  :police: wat slegs met vuurwapenaansoeke werk. Die wat Robert hierbo gese het kan hy sekondeer, as jou Wit Bevoegdheid Kaartjie na 10 Januarie varval hoef jy eers weer te hernu as jou eerste Wit Vuurwapenlisensie verval, in my geval 2016.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Gerhard »

Mooi man,

Ek wet jou 2 jakkalse dit gaan binne volgende 6 maande weer verander en dan is jy in die dinges omdat jy nog nie hernu het nie.

Dit is hoekom ek dit gedoen en klaar gekry het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Stefan764 »

Manne ek kom sluk net my woorde....

Ek het laasweek Donderdag my .22 lisensie gaan ingee (het n .22 Mauser geerf  8) ) en toe vra ek sommer die polisiebeampte (DFO) oor die kwessie uit. Dit was in Garsfontein Polisistasie. Sy se toe daar is nie so reling in plek nie. Hulle gaan dit dalk nog implimenteer maar op die oomblik; NEE, jy MOET hernu!!

So askies vir my vorige post waar ek strooi gepraat het (donerse prokureurs  ;D )

Jy MOEt jou bevoegtheid sertifikaat hernu, BINNe 90 dae van die vervaldatum af. Jy kan dit nie vroeer doen nie, net vanaf 90dae voor die vervaldatum.

Ek het die SAPS vorm wat jy moet gebruik vir die aansoek as ek dit vir iemand moet aanstuur skree maar net. Gaan kyk ook wat Gerhard hierbo puntsgewys uiteen sit, dit is vereiste. As al dai goed in plek is smaak dit my die Kaap is Hollands.

NB - Hou jou bewys van betaling sodat as hulle draai en draaaai met die hernuwing lat jy dam kan bewys lewer jy het wel aansoek gedoen
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Gerhard »

Gaan na jou SAPS stasie toe waar hulle vuurwapen afdelings gehaad het en kry die regte inligting van die begin af.

Ek het laas week Maandag my hernuwing aansoek in gedien en die ZARPe het Donderdag al reeds die verwysings gekontak wat ek op die verwysings brief gesit het...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Gerhard »

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by theedge »

Robert wrote: Daar is nuwe verwikkelinge rondom die hernu van bevoegtheid sertifikate:

As jou bevoedheidsert, na 10 Januarie verval hoef jy hom nie aleen te hernu nie. Dit bly geldig tot jou eerste wit ilsensieverval. As jou lisensie 2017 verval verval jou bevoegtheid die selfde tyd. As jy handwapens besit verval hy 5 jaarliks saam die handwapen lisensie.

Kontak jou DFO en kry uitsluitsel voor jy onnodig kostes aan gaan en in die ry loop staan.

Robert
As jy handwapen het lisensie 5 jaar en jy het jaggeweer lisensie 10 jaar is jou bevoegdheid geldig vir 10 jaar maar jy moet nog steeds jou handwapen lisensie laat hernu, 90 dae voor verval datem (5jaar). Die bevoegdheid is dus geldig tot die laaste lesensie verval.  Het reeds gister en nou weer by ander bron duidelikheid gekry.  So as jy nou jou handwapen lisensie hernie sal hy baie naby aan jou bevoegdheid van 10 jaar verval
Last edited by theedge on Thu Mar 31, 2011 10:59 am, edited 1 time in total.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Christo »

Ek het vandag met die DFO gepraat en ook op die web gekyk. Daar is baie stories rondom die bevoegdheid se hernuwing. Die feit is dat jy dit moet hernu na 5 jaar en nie wanneer jou eerste wapen se lisensie verval nie.

Maak seker daarvan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Jaco Alberts »

Goeie dag,

Ek het heraansoek gedoen vir my bevoegdheid en handwapen in April 2011. Het reeds my "sertifikaat"ontvang vir my bevoegdheid wat hernu is, nie weer 'n kaartjie nie en wag nog vir die handwapen lisensie. Volgens die SAP lid is dit so dat jou volgende aansoek om bevoegdheid, eers weer plaasvind wanneer die "jongste" lisenesie van jou vuurwapens veval ( 10 jaar vanaf daardie datum ).

Wat sou nou gebeur as ek bv. elke 2de of 3de jaar nuwe wapen/s koop en hulle word goedgekeur met sy verval datum daarop die kaartjie gedruk, skuif jou volgende bevoegdheid aansoek elke keer aan volgens jou nuutste wapen wat jy aankoop en suksesvol lisensieer ?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Beyers »

Moet mens nou die papier sertifikaat saam met jou dra te alle tye? saam met jou liksense Daai pampiertjie gaan maar saai lyk na 'n jaar.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Beretta »

Beyers
Het ook myne hernu ook papier gekry.Sal maar n briefcase saam met jou moet dra.Baie verwarend.
Beretta
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Stefan764 »

Shocking om te dink mens betaal vir die Kaartjie en kry hin pampiertjie.....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by BRNO (Pierre) »

Ek was vanoggend by Brooklyn se lisensie afdeling om my bevoegdheid te hernu. Die vrou het ook aan my gese dat die wet definitief verander is, en dat dit slegs hernu moet word met jou eerste lisensie wat verval.

Sy se egter ek kan maar die vorms ingee, maar verseker my dit sal wegraak.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Marc »

Das?,

Lekker gestress en lekker gelag. Volgens my DFO verval jou bevoegdheid eers waneer jou oudste lisensie verval{Die een wat eerste gaan verval, ma.w. wat al die langste in jou besit is} Gewoonlik gaan dit 'n handwapen wees, maar in my geval gaan dit wees as my 30-06 verval in 2017. My handwapen is nog geldig tot 2018 en my bevoegdheid het Oct 2011 verval.

Bevoegdheid gaan nie aanhou uitrek saam jou nuwe aansoeke nie, hy gaan verval voor al jou lisensies verval het. 

Ek het laasweek aansoek ingehandig vir nuwe .243 en alles is aanvaar sonder enige probleme. {Ek het uitgewys dat Bevoegdheid reeds verval en dat 30-06 oudste lisensie is wat in 2017 gaan verval. Geen probleem word daar toe vir my ges? met 'n  :).}

Moet my asseblief nie verkeerd bewys nie. Anders is ek in die sop, want myne het klaar verval ! {Moet bys? my DFO het darm sy wiskunde en skeinat op skool deurgekom}

Groetnis,

Marc
Last edited by Marc on Mon Jan 30, 2012 2:45 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Wouter Roets »

Luddie/Manne

Was gister by die polisiestasie ook vir my hernuwing van bevoegdheid. Het die offisiele SAP dokument in my besit. Moet dit nou in detail gaan deurlees. Sal hom vir jou mail dan kan jy hom dalk opsit vir ons.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Wouter Roets »

Luddie/Manne

Hier gaan hy na die beste van my vermoe!

Vanaf 10 Januarie 2011 moet daar 90 dae VOORDAT jou bevoegtheid verval vir n afdeling heraansoek gedoen word. Onthou jy het bevoegtheid vir n paar verskillende aspekte. Semi-outo gewere, handwapen, geweer, haelgeweer en dies meer. Jou bevoegtheid is geldig totdat jou LAASTE lesensie verval wat onder daai spesifieke bevoegdheid uitgereik is. Indien daar nie VOOR 90 dae aansoek gedoen is vir bevoegdheid en die lisensie nie en daar word nie binne jou vervaldatum van die lesensie n nuwe een uitgereik nie besit jy n wapen wat ongelesensieerd is. PASSOP hiervoor!

Onthou nou dat jou bevoegtheid net geldig is todat jou laaste lesensie verval waarvoor daai SPESIFIEKE bevoegdheid uitgereik is. Dit is nie teen die wet as jou bevoegdheid verval het nie maar wel as jou lesensie verval het en jy nie voor 90 dae aansoek gedoen het vir n nuwe een nie.

Hoop dit help.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Thu Feb 02, 2012 2:44 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Marc »

Phew, dankie Wouter. Nou kan 'n man beter slaap.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Marc »

Ludwig ek vermoed jy is reg  ???

Ek het verstaan dat jou bevoegdeid gaan verval as jou wapen A verval het, maar dink nou bietjie hieraan: Solank jy 'n geldige lisensie het in daai kategorie kan jy mos nie onbevoeg wees om daai wapen te besit nie? Met ander woorde, as A verval het {en jou bevoegdheid verval saam hom vir daardie klas wapen} gaan jy outomaties onbevoeg wees vir B, maar B verval dan eers oor nog drie jaar?  ??? Sal like om te hoor wat ander s??

Ek sal weer moet DFO toe gaan, gelukkig kuier ek lekker daar.

Groetnis,
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Beretta »

Ludwig
Ja dit is voorwaar n gemors.Ek wil net iets byvoeg jy bly bevoeg by die SAPS maar as jy nie jou lidmaatskap by die vereeniging betaal nie dan is jy nie meer toegewyd nie maar wel bevoeg.Dit is mos nie logies nie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat

Post by Wouter Roets »

Ludie

Net soos jy daar se. In die geval sal dit wees hoe lank die normale lesensie geldig is vir daai afdeling. So maw handwapen vir selfverdediging gaan jou bevoegtheid vir handwapen vyf jaar hou, maar die keersy is n handwapen vir jag tien jaar. So bevoegtheid hou tien jaar vir n kategorie en verval as daar geen lisensie in daai katogorie uitgeryk word nie. Dit staan ook so in die skrywe. Iets wat my onstel is dat die ding al uitgereik is in 01/11/2009 en daar bestaan nou nog vraagtekens onder die bree publiek! Daar moet n beter komminikasie van die SAP aan die publiek wees. Laas jaar was hulle web tuise vir weke op n slag van lyn af! Onaanvaarbaar!

Beretta

As die wet reg en regverdig van die begin geskryf was sou dit nie nodig gewees het vir al hierdie nonsens nie. In hierdie dokument wat ek het word daar spesifiek melding gemaak van SAJWV in hul hofsaak teen SAP wat veroorsaak dat almal se groen lesensies nou nog geldig is. Daar sou darem nou n paar mense lekker in die sop gewees het as dit nie die geval was nie! Indien die wet reg geskryf was, was die akreditasie plekke ook oorbodig. Net daai gedeelte werk amper meer uit as lidmaatskap van n vereniging! Ons moet ons ontevredenheid fokus op die oorsaak!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply