Page 1 of 1
Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 2:01 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.
Vir die van julle wat fyn kyk, sal weet dat ek my Brno se sneller probeer "tune" het met die veronderstelling dat ek 'n nuwe 7mm loop wil opdraai en hom dan sommer wil Akley.
Die duiweltjie op my skouer wil net nie wyk nie en vra toe hoekom ek nie die Brno "swaai" en 'n Howa aksie koop en die loop op hom sit nie. In my soeke na 'n aksie was die vraag: Hoekom wag jy nie tot Junie vir die nuwe Howa, 7mm RM nie?
Vergeet van die aksie, gaan die RM tot op 1000m beter doen as die 7x57 AI met akuraatheid en hoe maklik of moeilik is lading ontwikkeling op die RM. Ek weet verseker hy gaan die keel vinniger brand as die AI.
Ek luister graag.
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 2:20 pm
by Gerrie Smith
7mm en 7mm in mos die selfde ding! Koop eerder 'n regte kaliber

. Die twist gaan 'n baie groot verskil maak, veral vir daai ver skote, as die Howa dieselfde twist as jou Brno (of nuwe loop) het gaan daar maar min verskil wees, net meer spoed. Nuwe geweer is net soos 'n nuwe bakkie - moer lekker!
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 4:14 pm
by Chevvy SS
Gawerjal, wat sê jou Strelok/JBM ballistics/anuskoorspen/Kestrel kombinasiemeter is die spoedverskil tussen die 2?
Die Rem.Mag trap baie hard en van die ouens sukkel met groeperings. Een kennis gebruik al 385 om goeie groepe te kry.
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 4:18 pm
by Gawie(13mm)
Chevvy, ek was nog nie verveeld genoeg om die somme te pomp nie
Ek sien op die Wilde Web dat daai Howa'tjie net in 'n piepie-lopie uitkom

Dit sal nie deug nie.
Wie het 'n los Howa aksie? Oom Piet kom in.
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 4:24 pm
by PWV
Chevvy SS wrote:Gawerjal, wat sê jou Strelok/JBM ballistics/anuskoorspen/Kestrel kombinasiemeter is die spoedverskil tussen die 2?
Die Rem.Mag trap baie hard en van die ouens sukkel met groeperings. Een kennis gebruik al 385 om goeie groepe te kry.
Chevvy, ons moet hom los laat hy ly!

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 4:50 pm
by Gawie(13mm)
Met sulke vriende word jy net moerland toe gelei.
Ek sal maar wag tot die manne meer sinvolle bydraes lewer voor ek julle twee faktotums se insette na waarde ag.

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 5:33 pm
by tau
7mm twee van my jagpelle het 7x57 en 7-08 AI. Vir kompetiesie vanaf bipo-ds etc en die regte skut en herlaaier sal die 7x57 en 7-08 seker die RM wen op koste,akkuraatheid en looplewe, maar as jy begin jag is die RM in 'n ander klas. Wind pla min en jy kan 150-175gr koeels skiet teen 2750-3000fps.
Jou 7x57 is een van daai maklik skiet kalibers en is genoeg vir alles wat nie byt en stamp nie, maar dit is nie so belangrik nie, dit RM is daai intercooler/turbo wat jou net soms uit die moeilikheid hou as jy die aftsand bietjie onderskat.
.308........ja lekker op die teikens en as jy begin ver skiet en jag dan moet jy soos 'n mortier werper bysit ek het een dit is vir oumense

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 6:28 pm
by PWV
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 6:58 pm
by tau
Ek praat mos nou nie van oom nie. Oom skiet mos 'n Tombi.....
Boland Landbou groete
Tau
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 8:31 pm
by tripodmvr
Die 7mm Rem Mag kom nie tot sy reg met ons dryfmiddels nie. Dit het baie terugslag vir 'n kleiner kaliber. Met Somchem dryfmiddels is daar maar 100-150vps tussen die 7x64 en die 7mmRM. Julle kan sien waar het my keuse geval.
Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI
Posted: Wed Apr 09, 2014 8:42 pm
by tau
Steeds ackey mense wapens vir daardie 100-150 fps. Wat doen die 7x64(wt ek versot is op) met 175-180gr match koeëls?