Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê manne.

Vir die van julle wat fyn kyk, sal weet dat ek my Brno se sneller probeer "tune" het met die veronderstelling dat ek 'n nuwe 7mm loop wil opdraai en hom dan sommer wil Akley.

Die duiweltjie op my skouer wil net nie wyk nie en vra toe hoekom ek nie die Brno "swaai" en 'n Howa aksie koop en die loop op hom sit nie. In my soeke na 'n aksie was die vraag: Hoekom wag jy nie tot Junie vir die nuwe Howa, 7mm RM nie?

Vergeet van die aksie, gaan die RM tot op 1000m beter doen as die 7x57 AI met akuraatheid en hoe maklik of moeilik is lading ontwikkeling op die RM. Ek weet verseker hy gaan die keel vinniger brand as die AI.

Ek luister graag.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gerrie Smith
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by Gerrie Smith »

7mm en 7mm in mos die selfde ding! Koop eerder 'n regte kaliber >:D . Die twist gaan 'n baie groot verskil maak, veral vir daai ver skote, as die Howa dieselfde twist as jou Brno (of nuwe loop) het gaan daar maar min verskil wees, net meer spoed. Nuwe geweer is net soos 'n nuwe bakkie - moer lekker!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by Chevvy SS »

Gawerjal, wat sê jou Strelok/JBM ballistics/anuskoorspen/Kestrel kombinasiemeter is die spoedverskil tussen die 2?

Die Rem.Mag trap baie hard en van die ouens sukkel met groeperings. Een kennis gebruik al 385 om goeie groepe te kry.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by Gawie(13mm) »

Chevvy, ek was nog nie verveeld genoeg om die somme te pomp nie ;)
Ek sien op die Wilde Web dat daai Howa'tjie net in 'n piepie-lopie uitkom ;D Dit sal nie deug nie.
Wie het 'n los Howa aksie? Oom Piet kom in.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by PWV »

Chevvy SS wrote:Gawerjal, wat sê jou Strelok/JBM ballistics/anuskoorspen/Kestrel kombinasiemeter is die spoedverskil tussen die 2?

Die Rem.Mag trap baie hard en van die ouens sukkel met groeperings. Een kennis gebruik al 385 om goeie groepe te kry.

Chevvy, ons moet hom los laat hy ly! ;)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by Gawie(13mm) »

Met sulke vriende word jy net moerland toe gelei. ;)
Ek sal maar wag tot die manne meer sinvolle bydraes lewer voor ek julle twee faktotums se insette na waarde ag. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by tau »

7mm twee van my jagpelle het 7x57 en 7-08 AI. Vir kompetiesie vanaf bipo-ds etc en die regte skut en herlaaier sal die 7x57 en 7-08 seker die RM wen op koste,akkuraatheid en looplewe, maar as jy begin jag is die RM in 'n ander klas. Wind pla min en jy kan 150-175gr koeels skiet teen 2750-3000fps.

Jou 7x57 is een van daai maklik skiet kalibers en is genoeg vir alles wat nie byt en stamp nie, maar dit is nie so belangrik nie, dit RM is daai intercooler/turbo wat jou net soms uit die moeilikheid hou as jy die aftsand bietjie onderskat.

.308........ja lekker op die teikens en as jy begin ver skiet en jag dan moet jy soos 'n mortier werper bysit ek het een dit is vir oumense :)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by PWV »

Voel jammer vir die ou mense wat so deur tau beledig word. :o ??? :-\ :-[
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by tau »

Ek praat mos nou nie van oom nie. Oom skiet mos 'n Tombi.....

Boland Landbou groete
Tau
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by tripodmvr »

Die 7mm Rem Mag kom nie tot sy reg met ons dryfmiddels nie. Dit het baie terugslag vir 'n kleiner kaliber. Met Somchem dryfmiddels is daar maar 100-150vps tussen die 7x64 en die 7mmRM. Julle kan sien waar het my keuse geval.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Howa 7mm Rem Mag vs Brno 7 x 57 AI

Post by tau »

Steeds ackey mense wapens vir daardie 100-150 fps. Wat doen die 7x64(wt ek versot is op) met 175-180gr match koeëls?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply