Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Hoe ver gemiddeld omtrent hardloop 'n Kudu met 'n dubbel long skoot 'n jagpyl. Met gewere hardloop 'n bok selde meer as 100m, wat kyk mens na as die bok goed getref is met 'n pyl
-
Zack Benade
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Hallo Flip
Ek hoop dit gaan nog goed daar by jou.
Jy vra 'n moeilike vraag. My ondervinding is dat dit van dier tot dier sal verskil.
Die een gee 'n spring en gaan staan doodstil, bewe en val om. Die ander hardloop dat die grond spat.
Al groot voordeel met 'n long skoot is dat geen dier daarsonder kan leef nie. Die petrol raak vinnig op.
Dubbel longskote is baie effektief.

- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Dit verskil.Hang af of die bok bewus is van iets of dalk heeltemal ontspanne is ensv.
Ek het n mooi bul geskiet met my longbow op n kol.Hy het so 80m gegaan.
Groete

Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
EK het al 2 bulle en n koei geskiet,
Koei het 33y gehol na sy 5y na die skoot die eerste keer omgeval het.
Jong bul het 44y gehol en vir die hide geloer en omgeval
Ouer bul het 133y gehol met n solid hartskoot.
Jy kannie dit bepaal nie, soos Ge se, elke situasie is anders, elke BH perform anders.
Koei het 33y gehol na sy 5y na die skoot die eerste keer omgeval het.
Jong bul het 44y gehol en vir die hide geloer en omgeval
Ouer bul het 133y gehol met n solid hartskoot.
Jy kannie dit bepaal nie, soos Ge se, elke situasie is anders, elke BH perform anders.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Zack Benade wrote:Hallo Flip
Ek hoop dit gaan nog goed daar by jou.
Jy vra 'n moeilike vraag. My ondervinding is dat dit van dier tot dier sal verskil.
Die een gee 'n spring en gaan staan doodstil, bewe en val om. Die ander hardloop dat die grond spat.
Al groot voordeel met 'n long skoot is dat geen dier daarsonder kan leef nie. Die petrol raak vinnig op.
Dubbel longskote is baie effektief.
Hi Zack
Alles nog goed hier, ek het net gewonder het al gelees van bokke wat baie ver hol voor hulle vrek, hier by ons is dit baie bebos en ek is bang as jy met laaste lig iets skiet dat die bok so ver hol dat jy hom nie kry nie. Ek het nog glad nie iets geskiet nie maar 'n kennis wil graag sy boog bring en iets skiet, ek is so bietjie skrikerig oor ek nog net met gewere geskiet het.
Dankei G-force dit help, lyk vir my die boog kan ook baie effektief wees
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Hugo wrote:EK het al 2 bulle en n koei geskiet,
Koei het 33y gehol na sy 5y na die skoot die eerste keer omgeval het.
Jong bul het 44y gehol en vir die hide geloer en omgeval
Ouer bul het 133y gehol met n solid hartskoot.
Jy kannie dit bepaal nie, soos Ge se, elke situasie is anders, elke BH perform anders.
Ek verstaan wat ek meer wou weet is hol die bok byvoorbeeld baie ver na 'n skoot voorbeeld 500m tenoor korter met gewere, ek verstaan dat mens nooit aflydings kan maak selfs met gewere nie en daar sal altyd uitsonderlike gevalle wees maar soos alreads gese ek het met gewere gesien hulle hol nie sommer meer as 100m nie, maar daar was al wat verder gehol het.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
In my opinie, gaan hulle selde oor 100m met goeie skote, meeste diere gaan tussen 30-60y met my ondervinding.
Maaaar, die skoot moet reg wees, dubbel long, solid hart of center lewer, laaste ene is nie aanbeveel nie.

- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Tot hy dood is Flip 
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Hugo wrote:In my opinie, gaan hulle selde oor 100m met goeie skote, meeste diere gaan tussen 30-60y met my ondervinding.
Maaaar, die skoot moet reg wees, dubbel long, solid hart of center lewer, laaste ene is nie aanbeveel nie.
Dankie
-
Zack Benade
Re: Boogjag, hoe ver hardloop 'n dier
Ek het ook al baie agtergekom dat diere baie verder hardloop met 'n hartskoot as met longskote.
Die voordeel van 'n lekker hartskoot is die baie bloed wat die dier gooi. "n Blind man kan dit soms volg.
Ek verkies eerder 'n mooi longskoot.
Frik
Moet nie bang wees nie. Jou gemiddelde dier hardloop nie ver nie. Ek is een van die manne wat nog jag in laat lig. Dis gewoonlik waneer die groot vlakvark bere inkom. Jy hoor gewoonlik waar die dier val omrede jou omgewing doodstil is. Die jagter moet net stilbly en sit na die skoot en oplet na die volgende.
1. Plek waar dier geskiet is.
2. Waar het die pyl die dier getref. By Hartskoot, Longskoot,Pens, ens. Die inligting kan jy ook op jou pyl kry as jy die pyl herwin.
3. Die rigting waar die dier in die bosse ingaan.
4. Soms hardloop die diere na die skoot nie in 'n reguit lyn nie maar soms in 'n baie stywe sirkel.
5. Luister totdat die dier val en kry weer die rigting. Hoeveel sekondes? Hoe ver?
Ek het altyd hierdie rigting op die grond aangedui waar die dier bos in is en waar ek dink hy geval het. Dit help. Die goeie boogjag reel is om genoeg tyd te gee na die dier geskiet is voor jy begin opvolg. Goeie long of hart skoot min 30Min. "n Pens skoot sal 2 ure + gee.
As jy te vinnig 'n dier begin opvolg na die skoot kan die dier 'n tweede asem kry en opstaan. Adrillenien skop in en die dier reageer perdfris wat opvolg moeilik maak.

Goeie tips daardie Zack.
Dubbel longskoot val die dier baie vinniger jy is dood reg, die aantal bloed verlies is baie groot as albei long in die dik lobbe getref word en die lange val plat in sekondes.
Die hart hou aan baklei en pomp en spuit bloed uit, maar daai dier haal asem en hol, eers wanneer die verlies aan bloed hom duislig maak sal hy omval.
Die perfekte skoot is die een net bo die hart waar jy albei dik long tref asook die aorta, die dier val letterlik in 2-3 sek dood neer.