Page 1 of 1
Skiettafel
Posted: Mon Mar 17, 2014 5:07 pm
by PWV
Om so 'n tafel te maak is "rocket science" nie nodig. Ek dink selfs ek sal dit kan doen.
Om dit kleiner en meer hanteerbaar te kry, hoef mens seker ook net 'n linker- of regterhandse tafel te bou.
http://www.firearmstalk.com/forums/f35/ ... nch-48187/
Groetnis
Re: Skiettafel
Posted: Mon Mar 17, 2014 5:46 pm
by Gawie(13mm)
Nou maar meet die X-trail se kattebak en kom kuier vir my!

Re: Skiettafel
Posted: Mon Mar 17, 2014 10:19 pm
by Spanner
Ek het self die twee fotos op die net raakgeloop - ek was vanaand besig om my eie soortgelyke tafel te bou. Ek weet die ouens verkoop die tafels, maar ek kan nie meer onthou waar presies op die net, het ek op hulle afgekom nie. Die ouens wat die professionele fotos geneem het, is nie die verkopers nie.
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/randa_table_1_zps28de2fef.jpg
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/randa_table_2_zps9a25b701.jpg
Re: Skiettafel
Posted: Mon Mar 17, 2014 10:33 pm
by PWV
Spanner, dit lyk na 'n gawe storie!
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 8:05 am
by Stefan Fourie
.
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 8:18 am
by PWV
Stefan Fourie wrote:.

Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 11:11 am
by Chevvy SS
Komaan Gawie, ek soek 'n prys. Sal self afhaal.
Dankie.
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 12:22 pm
by william007
Ek soek ook een wie gaan dit vir ons maak ,ek persoonlik dink ook Gawie is die man wat daai goed sal kan maak
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 12:58 pm
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Komaan Gawie, ek soek 'n prys. Sal self afhaal.
Dankie.
"The hipps don't lie!"
Sal julle net na 3 pryse deurgee.
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 4:13 pm
by Chevvy SS
Komaan John Deere geweer, dis al na 4!
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 4:20 pm
by PWV
Chevvy SS wrote:Komaan John Deere geweer, dis al na 4!
Vorige avatar was beter!
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 4:52 pm
by Chevvy SS
Oom Pieter wil my weer in die moeilikheid kry!
Re: Skiettafel
Posted: Tue Mar 18, 2014 8:17 pm
by Gawie(13mm)
Spanner wrote:Ek het self die twee fotos op die net raakgeloop - ek was vanaand besig om my eie soortgelyke tafel te bou. Ek weet die ouens verkoop die tafels, maar ek kan nie meer onthou waar presies op die net, het ek op hulle afgekom nie. Die ouens wat die professionele fotos geneem het, is nie die verkopers nie.
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/randa_table_1_zps28de2fef.jpg
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/randa_table_2_zps9a25b701.jpg
R1420.00.
Prys is vir tafel en pote soos per foto.
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 7:28 am
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Komaan John Deere geweer, dis al na 4!
Dit is al na sewe. Ek wag nog vir die bestellings!

Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 7:33 am
by kopskoot
Ek sal een vat, dankie!
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 8:56 am
by Chevvy SS
Trek tog die BTW af Gabriƫl....
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 9:22 am
by Gawie(13mm)
Daar is nie BTW op nie. No1 se pankreas. My skietgoed betaal nie vir Nkandla nie!!!
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:00 pm
by Gawie(13mm)
Die materiaal is bestel en ek en Gerrie gaan volgende week 4 tafels bymekaar maak.
Ons sal een gaan demo om te sien of die kite vlieg voor ons hulle smous.
Ons kan hul dan meet en weeg vir courierkostes.
Groetnis,
Gawie.
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:04 pm
by Chevvy SS
Gawie maak hierdie stoele ook wat saam met die skiettafel gaan. R299.99
braaistoel.jpg
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:12 pm
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Gawie maak hierdie stoele ook wat saam met die skiettafel gaan. R299.99
braaistoel.jpg
Ek hou persoonlik meer van 'n riempies-stoeltjie. Ventelasie is beter

Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:50 pm
by Spanner
Ek stem Gawie, as ek op daai stoel gaan sit, gaan ek defnitief 'n "air-lock" kry. Selfs al leun ek effens vorentoe, gaan daai prominente rif in die middel jou nie loelaat om asem uit te blaas nie.
Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:58 pm
by PWV
Chevvy, het jy as "template" gedien vir die stoel?

Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 2:40 pm
by Gawie(13mm)
Pieter Willem Vorster wrote:Chevvy, het jy as "template" gedien vir die stoel?

Ouens wat V8 Chev's ry se ghoone is groter.

Re: Skiettafel
Posted: Wed Mar 19, 2014 8:31 pm
by theedge
Baie netjies - die tafel