Spoedgrens van vragmotor - tarra of GVM

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Spoedgrens van vragmotor - tarra of GVM

Post by Lamtjop »

Naand almal.
Miskien kan iemand my die regte antwoord gee, want drie speedcops gee 2 antwoorde. As jy in baie dorpe inry is daar n bord wat sê spoed grens 60Km/h en vragmotors bo 10t moet 40km/h ry. Nou is my vraag, kom ons sê my vragmotor se Tarra gewig is 4200kg en GVM is 10400kg, wat is die spoedgrens vir my? Soos ek sê ek kry verskillende antwoorde van speedcops party sê hul kyk na tarra ander sê hul kyk na GVM.
Groete Tjops
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Spoedgrens van vragmotor - tarra of GVM

Post by tripodmvr »

Die totele gewig gaan sekerlik die voertuig se stopvermoë bepaal, nie die vrag wat hy kan oplaai nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Spoedgrens van vragmotor - tarra of GVM

Post by vlakvark1 »

Ek het n boete gekry juis oor die selfde storie.
Hulle kyk na GVM. Ek 55km gery en mag net 40km/ gery het
vlakvark en bosvark Bvk
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Spoedgrens van vragmotor - tarra of GVM

Post by Lamtjop »

Dis juis oor n boete vir 54km/h in 40km/h zone dat ek begin vra het.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Spoedgrens van vragmotor - tarra of GVM

Post by Alwin »

Die spoedbeperkings behoort altyd op BVM (eng:"GVM") te werk. Dus, as jou BVM bo 9000kg is, mag jy nie vinniger as 80km/h op buitestedelike paaie ry nie. Blykbaar mag busse 100km/h ry.

As jy lus is vir 'n argument, kyk of die spoedbeperkings-borde aan die relevante wetsvereistes voldoen. Daar is heelwat vereistes (spesifikasies), en ek vind dat die meeste owerhede nie bevoeg is om die goed korrek op te stel nie. As jy enige afwykings kan opspoor, rig jy 'n kort geskrewe (english!!!) vertoë aan die betrokke aanklaer (nie die verkeershoof nie!) en vra dat die klag teruggetrek word. Werk gewoonlik.
Post Reply