Bobbejaan jag

Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Bobbejaan jag

Post by Jozua »

Goeie Dag Vriende
Ek gooi die volgende in vir bespreking of opinie. Dalk eie persoonlike ondervinding of weet jy van so iets.
Ek wil net eerstens se ek is nie bygelowig nie vind dit net baie intersant.
Vriend van my het so paar jaar gelede gaan jag op plaas naby Musina.
Die eerste oggend loop hy vir oom Kees raak en maak toe sommer van die aangeleentheid gebruik om sy loop skoon te maak. Na die Kees toe die ewigheid in is draai die gids om en noem dat dit "Bad luck " en dat hy gaan sukkel..... Daardie jag geleentheid het hy met geen vleis huistoe gegaan nie. Niks geskiet nie. :laugh: Wat dink julle >:D Is dit slegte geluk om vir Kees die ewigheid in te stuur ?? Skiet ons hulle maar eerder na ons al ons beplande wild ge oes het :laugh:
Kom ons kyk wat hoor ons hier uit.
Baie Groete
Jozua
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
coetzerjj
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Thu Feb 13, 2014 6:24 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by coetzerjj »

Jy weet . Ek daai ding gedoen en watter jaar was dit nie gewees op jagveld nie.. ek stel voor skiet hom eers as jy kla gejag het. Maar dan kry jy ook plase waar hulle so tussen ander wild is en elke keer jou aankoms afkondig. Na die 3rde keer.......looi hom
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by win270 »

Looi hom ongeag! Daar is geen verband tussen bobbejane skiet en jou jagsukses nie. Dis slegs bygelowigheid waarna jy hierbo verwys.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Bobbejaan jag

Post by BRNO (Pierre) »

Ja nee wat, ek het nog nie baie geskiet nie, maar my laaste een was dag een, dier een van vyf dag trip. Daai trippie het mooi geloop.
Veiligheid eerste manne!
Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Jozua »

Het al baie gesukkel met wild waar die kese saam met hulle loop.
As hulle eers gebrom het is dit verby. Dan sukkel jy.
persoonlik die seisoen as die plaas reels dit toelaat skiet ek hulle op sig.
Is mos ideale geleentheid om lang skoot te skiet.
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Yogi »

Natuurlik gaan jy minder skiet, as jy kees eerste skiet weet alles jy is daar en het klaar vir jou skoot geskrik. Dit is om met jou bakkie radio klip hard in die veld te ry en boeremusiek te luister en dan te sê boeremusiek is bad luck.
User avatar
boogman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Thu Jan 03, 2013 10:13 am

Re: Bobbejaan jag

Post by boogman »

Indien ek iewers "betaal" om te jag sal ek eers wild kwota vir dag volskiet - Elke skoot maak volgende skoot bietjie moeiliker en mens wil seker maak beide jy en boer kry wat beplan was. (Moet bieg dit is nie maklik... en ook die hoof rede hoekom ek vir 375 wil stiller maak)

Op eie grond of "sosiaal" jag het ek al verskeie kere terwyl ek op ander wild se spore is weggedraai na Kees toe. Ek kan hulle nie los nie... >:D
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bobbejaan jag

Post by James Wilson »

Jozua wrote:Goeie Dag Vriende
Ek gooi die volgende in vir bespreking of opinie. Dalk eie persoonlike ondervinding of weet jy van so iets.
Ek wil net eerstens se ek is nie bygelowig nie vind dit net baie intersant.
Vriend van my het so paar jaar gelede gaan jag op plaas naby Musina.
Die eerste oggend loop hy vir oom Kees raak en maak toe sommer van die aangeleentheid gebruik om sy loop skoon te maak. Na die Kees toe die ewigheid in is draai die gids om en noem dat dit "Bad luck " en dat hy gaan sukkel..... Daardie jag geleentheid het hy met geen vleis huistoe gegaan nie. Niks geskiet nie. :laugh: Wat dink julle >:D Is dit slegte geluk om vir Kees die ewigheid in te stuur ?? Skiet ons hulle maar eerder na ons al ons beplande wild ge oes het :laugh:
Kom ons kyk wat hoor ons hier uit.
Baie Groete
Jozua
Sjoe, gaan daar nou so n rilling langs my rug af. Ons jaarlikse jagroep het in 2009 n jag begin, deur n die brandwag te skiet. Vir die res van die week nie n bok gesien nie. Die groep voor ons het 9 koedoes geskiet, en die groep na ons 6. :( ons het al baie oor dit gewonner :confused:

Dit is natuurlik n bygeloof, maar nie een van ons gaan weer n jag afskop, deur die baas van die plaas te skiet nie ;)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by win270 »

Die wild word natuurlik skelmer soos wat meer en meer skote klap op die plaas. As die wild gewoond is aan die bobbejaantrop wat naby hulle hou en die brandwag word skielik doodgeskiet, sal daardie bobbejaantrop baie ongeorganiseerd wees vir 'n tyd en die wildtrop se gedrag ook beinvloed. As jy egter klaar jou bokke geskiet het en Kees is in die omtrek en jy mag hom maar skiet, looi hom!!

Indien die bobbejane egter apart van die wild hou en redelik ver van die wild is en jy sien vir Kees, skiet maar vir Kees!! Jou jagsukses word slegs beinvloed oor die enkele skoot wat jy dan reeds op die plaas geskiet het.

Dis nou maar my eie siening en mense met diepere kennis oor diere se gedrag, sal dalk 'n ander opinie hê.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Alwin »

Daar is waarheid in die "bygeloof". Maar nie oor geestelike redes nie! As ek iewers jag, varal op 'n vreemde plek, sal ek ook nie die bob skiet, voor ek my kwota vol het nie. Dit het allenlik te doen met die feit dat ek nie onnodig wil raas en my teenwoordigheid verkondig nie. Sodra die kwota vol is, dan kan bob sy verdiende aandag kry.

Baie diere, veral jagbare wild spesies, maak staat op ander diere vir vroë waarskuwing teen gevaar. Hier waar ek bly, is dit veral tarentale en bobbejane wat jou kan verklap.

Op 'n ander noot, het iemand al gesien hoe die wild reageer, as 'n span wildstropers met honde deur die area beweeg het? Jy sien absoluut niks! Ons moenie dink die wild is "stupid" nie. Die dommes het lankal bakkie gery...
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Eugene »

Wat ek wel kan sê, is dat indien jy in 'n "hide" sit en 'n trop bobbejane of blouape kom in, is jou jag vir die oggend of middag verby.... Hulle beloer daai hide baie fyn en hulle oe is skerp! As hulle jou dus daar binne sien (en hulle GAAN jou sien), bly hulle daar rond en verkondig jou teenwoordigheid aan die hele veld daar rondom en ek het al gesien hoe 'n trop elande net daar omdraai en 'n ander rigting inslaan!

Ek skiet eerder die brandwag en wag 'n paar uur vir die veld om rustig te raak en dan het jy nog 'n kans om iets anders ook te skiet!

Bygelowigheid het ek wel al by die plaaswerkers gesien wat weier om aan daai bobbie te vat en hulle kry amper 'n beroerte as jy paart van 'n "cape" sny.... >:D Ek het op een plaas al 'n gids R500 aangebied om 'n bobbie vir my te "cape", sonder sukses!
Aim small, miss small
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Alwin »

Is dit bygeloof, of glo hulle die evolusieleer?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Eugene »

338LM wrote:Is dit bygeloof, of glo hulle die evolusieleer?
Seker maar hulle saak?

Soos ek nou die dag vir my seuntjie sê oor die evolusieleer: Sy pa was miskien 'n bobbejaan, maar beslis nie my pa nie.... >:D >:D >:D
Aim small, miss small
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Francois B »

Dit is verskriklike slegte geluk om een bobejaan te skiet so ek probeer maar altyd so 5 skiet,
Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Jozua »

Francois B
Ons het omtrent lekker gelag oor jou opmerking.
Klink na idiale geleentheid om oorlog te maak.
Ek tel nou al die dae af die 20 ste is darem nie meer te ver nie dan jagveld toe.
Groete
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Johnnie De Wet »

Tien teen een was Kees en die gids verlangs familie. Die gids was moerig en het hom maar net nie weer n geleentheid gegee nie.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Gert Odendaal »

Moontlike verband : as daar bobbejane om die hide was het ander bokke ingekom maar koedoes en blouwilde beeste het ver weg gestaan en nie ingekom voor bobbejane uitbeweeg nie, iemand het al vir my gese dat koedoes nie saam met bobbejane sal inkom nie, ek het gedink dit is wensdenkery maar het dit meer as eenkeer self gesien...sal graag julle opinies daaromtrent wil hoor....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Jozua »

Hallo Gert
Jis ek het geen idee nie. Bob is 'n #@$$#÷$ hulle sig is baie goed.
weet hulle loop soms saam ander wild vir verskeie redes.
Ek het ookal verneem dat hulle soms jong bokke vang en vreet...
miskien weet koedoes van gevare ????
Ek sal ook graag meer wil weet hieroor.
Groete
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by win270 »

Bobbejane vang verseker soms jong bokke en skaaplammers en vreet die sagte dele van die karkas. Alhoewel hulle van vrugte, bessies en sulke goed leef, het hulle ook 'n behoefte vir vleis en dis waar die groot skade vir enige vee- en wildboer begin. Hulle is natuurlik ook erg vernielsugtig. Nee wat, looi hom as jy hom sien . . . en hy jou nie alreeds eerste gesien het en al op die vlug is nie! Sy sig en gehoor is uitstekend.
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Christo J »

n Pel van my het die dag n aleenloper bobejaan mannetjie geklits met sy boog by die hide. Die volgende dag toe klap hy n 37" elandbul by die selfde hide..
Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Jozua »

Hallo Christo.
baie bly jou vriend het so mooi reggekom laat my dink aan laasjaar toe ek en my Broer gaan eland bulle jag het. Die Boer het gesê hy het te veel en dat hy die bulle vir ons teen afslag prys aanbied. R6950 per Bul. Daar aangekom was ek gelukkig en trek toe eerste bul plat van ook byna 37 duim. Toe die bul val toe kom die probleme met die maatband saam Dit is nou 'n trofee bul en sy prys is R10 000. Ek was baie ongelukkig en ek het nie eers 'n bobbejaan geskiet nie :'( !!
So moes die vriend van jou meer betaal vir die trofee eland bul ? :laugh:
Wil darem net se ek het heelwat beter gevoel toe die bul die bul die skaal by die 400kg laat trek het.
my Broer Johan het ook bul geskiet en die se horings was ook trofee maar sy bul het 413kg uitgeslag.
Groete
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Bobbejaan jag

Post by Roger »

Eerste kees wat ek met boog geskiet het, het in my beste boog jag jaar geeindig.

So ek is nie so seker nie :-)
Too many to mention ;-)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Bobbejaan jag

Post by BRNO (Pierre) »

Johnnie De Wet wrote:Tien teen een was Kees en die gids verlangs familie. Die gids was moerig en het hom maar net nie weer n geleentheid gegee nie.
Flippet Johnnie, smokkel jou avatar met n man se kop so vroeg op die Saterdag oggend :o :o
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Kalahari »

BRNO (Pierre) wrote:Johnnie De Wet wrote:Tien teen een was Kees en die gids verlangs familie. Die gids was moerig en het hom maar net nie weer n geleentheid gegee nie.Flippet Johnnie, smokkel jou avatar met n man se kop so vroeg op die Saterdag oggend
Pierre, los net die "gunne" ++>: , anders het jy dalk nie meer gereedskap om Jaracal te lees nie.

Sorry manne, niks met die bobbejane te doen nie.
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Bobbejaan jag

Post by Christo J »

Jozua wrote:Hallo Christo.
baie bly jou vriend het so mooi reggekom laat my dink aan laasjaar toe ek en my Broer gaan eland bulle jag het. Die Boer het gesê hy het te veel en dat hy die bulle vir ons teen afslag prys aanbied. R6950 per Bul. Daar aangekom was ek gelukkig en trek toe eerste bul plat van ook byna 37 duim. Toe die bul val toe kom die probleme met die maatband saam Dit is nou 'n trofee bul en sy prys is R10 000. Ek was baie ongelukkig en ek het nie eers 'n bobbejaan geskiet nie :'( !!
So moes die vriend van jou meer betaal vir die trofee eland bul ? :laugh:
Wil darem net se ek het heelwat beter gevoel toe die bul die bul die skaal by die 400kg laat trek het.
my Broer Johan het ook bul geskiet en die se horings was ook trofee maar sy bul het 413kg uitgeslag.
Groete
Nope Jozua, daar was een prys vir al die bulle, R8000. Die eland het 280kg uitgeslag! Dit was baie teleurstellend..
Post Reply