Page 1 of 1
Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:05 am
by DWB
Hallo Manne,
'n Oom wat ek al my lewe lank ken (hy bly in Pretoria) het onlanks 'n 2de handse 44 Magnum Lever action gekoop.
Nou die geweer gooi die eerste skoot (Koue loop) altyd met tussen 10 en 20cm uit en dan skiet hy die res baie mooi by mekaar.
As die loop warm is dan skiet hy 5 skote onder 'n duim op 100m.
Nou hy het al die geweer geheel en al kaal gestrip dat dit net die agterste kolf met die aksie en loop is en hy maak steeds dieselfde.
Hy het volgens my QL ladings gespeel en dit lyk als reg.
Enige raad of voorstelle?
Hy laai 240gr Impalas met S265
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:07 am
by tripodmvr
Is dit koue skoon loop of net koue loop?
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:10 am
by DWB
Ek vermoed dis net koud, maar ek vind gou uit.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 9:14 am
by DWB
Hy was al skoon en koud en ander kere net koud.
Hy het al MP200 ook probeer.
Selfde verskynsel.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 10:10 am
by mariusr
Dink hy moet die loop regtig mooi skoon maak? Halfuur plus se job! Koper verwyderaar ens.dan weer skietbaan toe.Het met my gehelp! Nou skiet die roer deur die selfde gat met koue loop.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 1:38 pm
by theedge
mariusr wrote:Dink hy moet die loop regtig mooi skoon maak? Halfuur plus se job! Koper verwyderaar ens.dan weer skietbaan toe.Het met my gehelp! Nou skiet die roer deur die selfde gat met koue loop.
Moet se die eienaar van die roer het regtig al alles gedoen, die loop is behoorlik skoongemaak alle koper wat moontlik in die loop was is verwyder, scopes is verander, soos DWB se die geweer is sonder kolf geskiet, loop is gekroon, headspace is alles reg, die eerste skoot (koueloop) is tussen 8 en 10 duim hoog, die hoogte is hoër as gevolg van lading wat verander is. Die ander skote na die koue skoot groepeer baie mooi.
DWB het nou net weer met Maruis gechat. Hoor julle het ook vanoggend gesels.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 1:42 pm
by DWB
Ja shame hy is raadop!!
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 1:55 pm
by mariusr
Lever actions kan maar vol gagas raak soms? Hy moet maar weer daar by slot rond loer?Hulle akkuraatheid is maar gewoonlik met die aksie te doen.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 5:01 pm
by Musgrave
Watter hefboomaksie is dit? Marlin? Rossi? Daar mag dalk probleem wees met die sogenaamde "barrel band". Daar waar die voorste stuk hout aan die loop vasgeheg word.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 5:05 pm
by DWB
Hy het dit ook al totaal verwyder en steeds dieselfde
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 7:50 pm
by Flip Nel
het daai loop nie dalk skeef uit die fabriek gekom het nie, dat hy eers bietjie moet warm word
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Thu Feb 27, 2014 10:27 pm
by RV
Flip ek dink jy is dalk reg.
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Fri Feb 28, 2014 11:14 am
by smitjs
Al M98 probeer vir die skoonmaak?
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Fri Feb 28, 2014 11:17 am
by DWB
Nie sovêr ek weet nie
Re: Snaakse verskynsel, 44 Magnum Lever Action
Posted: Sat Mar 01, 2014 6:28 am
by smitjs
Baie skoonmaakmiddels is bekend daarvoor dat die eerste skote na skoonmaak uit die groep is.
M98 doen dit nie. Moly pasta ook nie, of baie min.
Olie in die loop is fataal.
Olie uithaal mert 'n lappie beteken soveel as krap jou kop as jou agterent juk.
Gebruik tenminste verf verdunners of asetoon om die olie totaal uit te haal.
Ghries dan die loop met Moly pasta op 'n lappie, en sien die groot verskil.