Na aanleiding van Nico se "kom-kyk" groepe op 1000 jaarts is daar gevra wat hy doen om so knap te skiet. Ek weet nie maar ek weet wat vir my werk. Toegegee ek het nie die kiekkies om te wys nie en ek twyfel of my groepe ooit so sal lyk, maar solank daar manne is wat die dwarslat opskuif sal ek aanhou oefen.
Dus, kom deel asb. hier jul kennis en ondervinding.
Ek vind dat ritme die grootste faktor is as ek skiet. 'n Goeie vriend sê altyd: jy kan maar "flinch", jy moet net altyd dieselfde "flinch".
Die volgende het baie vir my gehelp. Dit klink simpel, maar dit is al manier wat ek weet vir my werk. Laat iemand jou afneem terwyl jy twee tot drie stringe van 5 skote skiet. Nommer die skote op die teiken al moet jy op 5 verskillende teikens skiet. Kyk nou na die video en sien waar jy iets verskillend doen. Ek wed jou die "flyer" gaan die een wees waar jy nie jou skoot deurgevolg het nie of die sneller gepluk het of jou "houding" voor die skoot verskil.
Skryf nou die ideale ritme neer en lees dit hardop terwyl jy deur die aksies gaan.
Hier is myne op die stadium.
1.Laai patrone in magesyn
2.Laai rondte (Stoot slot toe, maar nie gespan)
3.Kry teiken in sig.
4."Check" "cant"
5.Span slot.
6."Check"cant
7.Bevestig teiken.
8.Druk sneller.
9.Hou vinger op sneller.
10.Volg skoot deur.
11.Los sneller en voer nuwe ronte.
12.Bevestig teiken.
13.Ontspan.
Die volgende rondte is nou in die kamer maar die slot is nie gespan nie. Jy kan dan by Nom. 4 aangaan. Ek haal nie my wang van die wapen af voor ek my "string" klaar geskiet het nie.
Dit is hoekom die Howa so 'n groot slothefboomknop gekry het.
Ek gebruik ook glad nie my wapen se veiligheids knip nie. Die enigste veilige wapen is die een in 'n toe kluis.
Tod Hodnett sê dat jy moet skiet soos jy asemhaal. Normaal. Ek vind dat ek te veel op asemhaling konsentreer ek nie die skoot "wegkry" nie.
Groete,
Gawie.
