Nuwe Teleskoop vir .270

Post Reply
User avatar
Pierre van der Horst
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm

Nuwe Teleskoop vir .270

Post by Pierre van der Horst »

Hello almal,

Ek is in die mark om 'n nuwe teleskoop op my Sauer & Sohn .270 Winchester te sit. Ek gebruik die wapen vir Vlakte Jag en om die SAJWV se Vlakte Tabelle te skiet (200 - 400 Meter).

Ek het die volgende 3 in gedagte:

1. Hawke Sidewinder 30 - 8-32 X 56 SR12
2. Vortex Viper 6.5 - 20 X 50 SF Dead Hold BDC
3. Nikon Monarch 3 6 - 24 X 50 Matte BDC


Het enige iemand ondervinding of raad om met my te deel oor die teleskope?
User avatar
Wildjagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 264
Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am

Re: Nuwe Teleskoop vir .270

Post by Wildjagter »

More Pierre

Ek besit n Nikon Monarch 3 6 - 24 X 50 Matte BDC (op 243) en een ding wat my pla is die kruishaar is vir my bietjie te dik. sal iets dunner verkies vir die langafstand skote. Niks verder fout met teleskoop en na verkope diens nie. Maar..... :) .....As ek jy was sal ek kyk na n Rudolph V1 6-24x50 met T3 reticle.

Dink dis baie goeie waarde vir geld.

Hoop dit help
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Nuwe Teleskoop vir .270

Post by SNIPER »

Naand Pierre

Daai Rudolph is kook water teleskoop teen baie goeie prys my maat ek het een op my 22-250,skiet bokke op 250-300m kop skote.

Het so maand terug jakkals paar ingeroep en die eerste een so 70m van bakkie af geskiet toe sleep die teef
dat die stof so staan,kry haar gestop en daar gaan staan sy en gee my n kans,my geweer zero op 200m en vat toe mooi op die bo lyn van haar skouer en laat loop en al wat ek kan onthou was daai mooi "DOEP" wat die 55gr vmax maak as hy op 312m tref.

Die Rudolph laat my toe om daai baie skelm jakkalse baie ver in die nag te skiet wat ek nie eers voorheen kon sien nie en dit maak groot verskil as jy 2-3 jakkalse per nag extra skiet x 10 tot 12 nagte se jag per maand betaal hy hom self in die eerste week.

Hoop jy kom reg.

Groete

SNIPER
0823267448
Post Reply