Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Middag Manne
Ek het groot hulp nodig.Ek is besig om my 30-06 te omskep in n langafstand geweer.
Ek is in die proses om n Rodolph C1 6-24x50 scope op te sit,en wil graag langafstand jag,kompetisie en gonge skiet. Tussen 300m-500m!
Watse punte en gewig sal julle aanbeveel?
Julle hulp sal baie wardeer word!
Groete Gerhardu

- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Hi Gerhardu,
Vir daai afstand (300-500m) sal amper enige punt werk. Dis is nog nie baie ver nie.
As ek 'n 30-06 moes laai vir lang afstand skiet sou ek tien teen een sierra 175MK laai.
Nog 'n punt wat jy kan kyk na is Berger se 185 Jaugernaut.
Wat is jou loop se twist rate?

-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
My twist is 1:10
Ek het gekyk na Nosler Balistic Tip 150gr en 125gr.Wat dink jy?
Ek het gekyk na Nosler Balistic Tip 150gr en 125gr.Wat dink jy?
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Vir wat jy wil doen is dit verseker nie die beste punt om na te kyk nie.
Wat jy soek vir langer afstande, is die swaarste punt met hoogste BC wat jou twist rate toe laat en jou geweer kan skiet teen 2700ft/sec +.
Met 1-10twist loop kan jy nog 200grein punte stabiliseer.
As jy van Nosler punte hou, gebruik dan eerder hul 175gr custom competition. Goed koop en skiet baie goed.
Of nog beter die nuwe 190gr Accubond LR. Kan selfde punt dan gebruik vir kompitiese en jag. Teen +/-2700ft/sec sal dit baie mooi vir jou werk.
Wat jy soek vir langer afstande, is die swaarste punt met hoogste BC wat jou twist rate toe laat en jou geweer kan skiet teen 2700ft/sec +.
Met 1-10twist loop kan jy nog 200grein punte stabiliseer.
As jy van Nosler punte hou, gebruik dan eerder hul 175gr custom competition. Goed koop en skiet baie goed.
Of nog beter die nuwe 190gr Accubond LR. Kan selfde punt dan gebruik vir kompitiese en jag. Teen +/-2700ft/sec sal dit baie mooi vir jou werk.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Dankie vir die inligting.Watvan akuraatheid met die Nosler 175gr custom Competition kom ons se op 500m? Ek wil graag jakkalse in die aand ook jag.
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Gerhardu,
Vir jakkels skiet in die aand is die afstand baie kere onbekend, en is daar nie tyd vir range finder ens nie.
Dan soek jy 'n akkurate kombinasie wat lekker plat skiet.
Vir jakkels skiet met 30-06 sou ek gaan vir 150 grein of ligter punte. Jy soek ook 'n punt vir jakkals wat lekker vinnig oop maak en baie skade maak. (plastiek tips)
Ek sou natuurlik, vir jakkals skiet 110gr V-max of 125 grein BT laai. skiet plat tot 250m, en teen hoë spoed lekker baie skade om jak plat te slat.
Vir verder as 250-300 meter gaan die egter nie baie goed perform nie.
As jy een punt wil skiet, kry iets in die middel, leer jou geweer se trajek goed ken, en bly by dit.
Vir jakkels skiet in die aand is die afstand baie kere onbekend, en is daar nie tyd vir range finder ens nie.
Dan soek jy 'n akkurate kombinasie wat lekker plat skiet.
Vir jakkels skiet met 30-06 sou ek gaan vir 150 grein of ligter punte. Jy soek ook 'n punt vir jakkals wat lekker vinnig oop maak en baie skade maak. (plastiek tips)
Ek sou natuurlik, vir jakkals skiet 110gr V-max of 125 grein BT laai. skiet plat tot 250m, en teen hoë spoed lekker baie skade om jak plat te slat.
Vir verder as 250-300 meter gaan die egter nie baie goed perform nie.
As jy een punt wil skiet, kry iets in die middel, leer jou geweer se trajek goed ken, en bly by dit.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Ek het darem n 22Hornet wat ek ook kan gebruik vir die jakkalse.So dan sal ek my 30-06 gebruik net vir landafstand jag en kompetisie skiet.300m-500m.Wat dink jy van die Nosler Balistic 180gr daarvoor?Ek sien sy bc is 0,505
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Jy kan gerus Sierra pro hunter 180gr gebruik vir lang afstand baie akkurate punt en is heel bekostigbaar. Vir bos en kort afstande sal ek premuim punte gebruik op die groot bokke.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Gerhardu, ek verstaan Fritz hier op die forum is van plan om 208gr A-max te laai. Miskien kan jy bietjie met hom praat oor watter koeels en gewigte hy al getoets het en dit kan jou baie skoolgeld spaar!
Fritz kom in!!!
Fritz kom in!!!
Aim small, miss small
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Dankie Eugene.Hoe ver wil hy skiet?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Jy moet maar by hom self hoor, maar ek verstaan ook tot so 600m. In lang afstand skiet, is die BC van jou koeels die belangrikste ding, so die beste koeel is die een met die hoogte BC wat in jou spesifieke roer sal werk.gerhardu wrote:Dankie Eugene.Hoe ver wil hy skiet?
Aim small, miss small
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
So ek neem aan dat spoed nie groot faktor het in langafstand skiet nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Spoed maak saak, en hoe meer hoe beter. Op afstand is windskuif van uiterste belang en as jy in ag neem dat jy 'n koeel met 'n BC van 0.1 beter as die ander teen sowat 400fps kan stadiger skiet om dieselfde windskuif te kry sien jy gou dat daai hoër BC koeel wat jy slegs teen 200fps stadiger skiet gou wen.
As jy die 208gr Amax in die hande kan kry laat weet vir my ook asb aangesien ek nog soek van hulle.
As jy die 208gr Amax in die hande kan kry laat weet vir my ook asb aangesien ek nog soek van hulle.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Ek sal GSCustom 150gr teen so 3000fps probeer
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Eks besig om te kyk na die Nosler 180gr Ballistic Tip met n bc van 0.505
Wat dink julle?
Wat dink julle?
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Gerhardu
Ek skiet vir algemene jag doel eindes op my Howa 1:10 twist
165gn ballistic tip hunting noslers.
Ek jaag hulle teen 2850 vps.
Op 500m het ek redelike sukses met hulle, maar is nie goed genoeg vir rerig goeie resultate nie.
Ek gaan wel perigrine 200gn begin toets binne kort en kyk na ongeveer 2450 vps, net sodra ek my scope uitgesort het.
My opinie is vir bo 300m moenie ligter gaan as 180 - 190gn nie.
Die wind is maar altyd die vyhand op 500m, maar dis darm lekker as jy daai klap van die gong hoor op daai afstand.

knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Die nosler bt 168gr het n hoer bc as die 165gr dink dit is 0.49. Dalk nie n slegte opsie vir lang afstand.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Longwolf, ek het 2450fps met die 208gr Amax uit my 24" 308Win gekry ...
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Of berger se 168gr Match Hybrid Target! bc 0.519
http://www.bergerbullets.com/products/target-bullets/
http://www.bergerbullets.com/products/target-bullets/
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Daai klink baie goed, my probleem is loop lengte is bietjie kort op 20"Arnold wrote:Longwolf, ek het 2450fps met die 208gr Amax uit my 24" 308Win gekry ...
So ek moet gaan kyk wat gaan werk op veilige druk.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... it=+bullet
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Watvan n 200gr punt vir die doeleindes,maar watse maak?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Nosler Accubond 200gr
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Gerhardu, wat gebruik jy tans in die geweer vir jou algemene skiet en jag?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Berger 210gr, Sierra 210gr, Hornady 208gr ....
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watse punte en gewig vir langafstand.Help asb!!!
Ek het nog nooit die 30-06 gebruik nie en ek sit met twee van hulle. My algemene skiet en jag gewere is maar .375HH, 22 Hornet en 458lott. So wat ek weet van langafstand skiet en kalibers is so kol kol!!!James Wilson wrote:Gerhardu, wat gebruik jy tans in die geweer vir jou algemene skiet en jag?