286gr PMP Solids - .375H&H

Post Reply
ArnoldM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Jan 13, 2014 1:14 pm

286gr PMP Solids - .375H&H

Post by ArnoldM »

Middag manne,

Wat is julle opinie van die 286gr PMP Solids in .375H&H, vir algemene bosveld jag?

Enige van julle ervaring met die bogenoemde koeel?

Ek hoor baie verskillende opinies met betrekking tot die gebruik daarvan.

Ek hou die skrywe dop.

Groete,
.25ACP Z
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 622
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Johan van Wyk »

Dis `n goeie koeel maar hulle gaan absoluut dwarsdeur alles skiet men redelik min skade. Hulle was meer ontwerp vir penetrasie en om bymekaar te bly as enigiets anders. As jy regtig die solid roete wil stap (en ek sou nie tensy jou idee van bosvled jag `n buffel of twee is), kyk eerder na die platneus Dzombo's of soortgelyk. Hulle maak `n groter wondkanaal.
ArnoldM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Jan 13, 2014 1:14 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by ArnoldM »

Johan,

Baie dankie vir die terugvoer.

Ek hoor jou, ek is opsoek na 'n koeel in die .375 waarmee ek van duiker tot buffel kan skiet onder bosveld omstandighede en afstande.

Ek is bang om die "solid" roete te gaan, mar aan die ander kant, alhoewel die spesifieke koeel nie omklink of "mushroom" nie, is sy deursnee nie in elk geval groot genoeg om 'n ordentlike wondkanaal te veroorsaak nie?

As ek 'n mono wat "gemushroom" het uit my 7mm vergelyk met die 286gr solid, is die verskil in deursnee nie verskriklik groot nie....

Keuses, keuses, keuses.... Ai :)

Groete,

N.S. Ek het jou artikel in laasmaand se SA Jagters gelees, daai .318WS is 'n bitter mooi geweer.
.25ACP Z
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by ANDRIES »

Volgens my kennis kry jy 300gr solids vir die 375.Die 9.3x62 gebruik 286gr.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Jean Marais »

ANDRIES wrote:Volgens my kennis kry jy 300gr solids vir die 375.Die 9.3x62 gebruik 286gr.
PMP se 375 solids is ook net 286 gr. Ander fabrikate soos Rhino en Barnes maak 300gr ens
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 622
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Johan van Wyk »

Arnold, dis inderdaad so dat die .375 solid `n redelike gat skiet in vergelyking met iets soos `n 7mm maar daar is gewoonlik redelik min sekondere skade, veral as mens nie groot bene raakskiet nie. Ek moet bieg dat ek nog net papier geskiet het met PMP se .375 solids maar ek het al `n hele paar Woodleigh en Hornady 300-grein solids uit my .375 in diere ingeskiet. As jy iets soos `n wildebees plankdwars deur die longe skiet gaan jy in alle waarskynlikheid vir laaaaank agter besie aan loop voor dit die einde van die storie is. Hy gaan nie onnodige stukkende longe he nie en jy gaan moet wag tot hy begin sleg voel en uiteindelik uitbloei voor die verhaal tot `n einde gaan kom.

Meeste solids is eerstens ontwerp vir penetrasie en tweedens vir skade aanrig. Hulle is bedoel om deur dik been en vel te skiet en sodoende by die doodmaak areas van die groot goed uit te kom. Sommige solids soos die Barnes en Dzombo het egter `n kleinerige sny skouer as deel van hulle ontwerp en hulle rig as `n reel meer skade aan.

As jy na `n "all round" koeel vir die .375 op soek is sal ek na een van die premium fabrikate in 300-grein kyk. Ek het uitstekende resultate tot op hede met Swift A-Frames en Woodleigh Protected Points gehad. Ek skiet hulle teen so net oor die 2 500 vps uit my geweer en het nog nie die nodigheid gesien om iets anders te gebruik nie. Met die Swifts het ek al tot `n buffel of twee omgekeer - die een wat ek kon terugkry het perfek oopgemaak, albei die bul se bladbene gebreek en aan die ander kant onder die vel vasgesteek nadat dit die hart en beide longe sleg stukkend gemaak het - gewigretensie: 296 grein. Dis moeilik om te dink wat meer mens soek in `n jagkoeel vir die .375. Ditto vir rooibokke. Die Swifts gaan dwarsdeur maar omdat hulle redelik hard is en `n rooibok nie te veel weerstand bied nie is daar relatief min vleisskade.

Andere is uiteraard meer as welkom om van my te verskil maar ek sal iets soos `n Swift/Woodleigh/Barnes, ens, ens laai teen `n redelike spoed en nie terugkyk nie. As jy eendag agter die grotes aanstap kry jy `n lading met die solid van jou keuse wat op 50 meter min of meer op dieselfde plek skiet, laai so 20 van hulle vir nood en dood, en jy het presies die regte lat vir Sannie.

Bovermelde is maar net my 2 sent. Ek is seker jy sal ander advies ook kry.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by tripodmvr »

Ek het al algemene jag met Goodnel 235gr, Barnes 235gr en Impala 200gr gedoen. Beplan nou om ook die 200gr GS HV te beproef. Dit is net as jy buffel of groter wil jag dat ek na swaarder koeëls sal kyk. Die ligter gewigte het genoeg penetrasie en minder terugslag asook 'n baie platter trajek.

Vir koeëls in dieselfde klas as die PMP soliede is daar Piet du Plessis se brass koeëls met trappies op die punt wat so 3 snyvlakke gee. Impala se nuwe bosvelder sal ook 'n beter wondkanaal sny.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ArnoldM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Jan 13, 2014 1:14 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by ArnoldM »

Jou skrywe maak sin, dankie Johan.
.25ACP Z
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Frederik »

Die paar goed wat ek jare terug met die 286gr PMP solid geskiet het het bitter min gebloei maar ek het niks verloor nie. Deesdae gebruik ek die impala 270gr met sy lekker skerp skouer en plat neus het ek nou een lading vir duiker tot olifant.
ArnoldM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Jan 13, 2014 1:14 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by ArnoldM »

Dankie Frederik, sal bietjie gaan loer. Ek weet van die 200gr Impala's, maar was nie bewus dat hulle 270's ook vervaardig vir die .375 nie. Teen watter spoed skiet jy hulle Frederik?
.25ACP Z
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by mossie »

Hallo
Die rondeneus soliede koeels, selfs al is daar n effense skouer, is bekend as goeie penetreerders maar word gewen deur platneus soliede koeels.Vir algehele bosveldgebruik is die rondeneuse dalk nie die beste medisyne nie. Dit is bekend dat die wonde soms afseel en bitter min bloed gooi, wat kan beteken dat selfs n kleiner boksoort dalk ver gaan hardloop voor die petrol op is. hierdie is dalk net n resep vir ver loop en dalk n dier (wat wel dodelik getref is) verloor. Het een keer in Tolwe se wereld n rooibok met n 300 grein rondeneus solied van voor af in die kuiltjie geskiet, maar a.g.v. klein ingangswond en min bloed op die spoor, die bok letterlik meer as 600 meter ver gekry.
Ek voel tog iets soos n Impala wat definitief n groter wondtraktus sou veroorsaak deur die longe en hart of n werklik premium koeel soos Barnes x of GSCHV of dan die sg. bonded loodkoeels sal n beter opsie wees.
Die mono-metaal koeels gee deurgaans, ten spyte van die ligter gewigte in die meeste gevalle,uitmuntende penetrasie.Moet jou ook nie blind staar teen die kwessie van die hoer spoed van die ligter koeels (mono-metaal) wat dan meer vleisskade op bokke gaan veroorsaak nie- die teendeel is bewys.As ek luister en kyk is daar gewis n toename in die gebruik van mono-metaal koeels(en dikwels in gewigte ligter as die tradisionele) tydens die jag van die groot en gevaarlike diere.

Groete

MOSSIE
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by mossie »

Hallo
bietjie laat gesien.Sal 100% met Frederik saamstem

MOSSIE
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Frederik »

Arnold, jy kan die koeel lekker spoed gee as jy wil maar as dit by goed kom wat kan terug byt sou ek nie sommer vinniger as 2500fps gaan nie. Daar is te veel gepraat en geskryf oor goed wat verkeerd loop met groot koele teen hoe spoed op die groot goed. Defleksie, koele wat buig en tumble die resep werk nou al te lank om die spoed maar nie te veel te druk nie.
ArnoldM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Mon Jan 13, 2014 1:14 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by ArnoldM »

Mossie, Frederik, baie dankie vir julle terugvoer. Frederik, dit klink baie goed, ek soek juis 'n koeel in die 270gr klas wat teen +-2500fps geskiet kan word, ek wil nie verskillende koeels/ladings op verskillende bok/wild soorte gebruik nie, ek wil slegs een koeel gebruik, waarmee mens dan min of meer alles kan skiet.

Weereens baie dankie vir julle insette, dit maak sin, ek waardeer dit opreg.

Groete,
.25ACP Z
.22LR Krico
.243Win Howa Varmint
7mm Rem Mag Krico
.303 BSA Sport
.375H&H Zastava
Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Jozua »

Dagse Menere
Probeer gerus Soartan se Frontiers. Ek en my Broer jag al geruime tyd met Frontier.
kan alles met die punte jag en hulle groepeer ook baie goed. Skiet gereeld groeperings kleiner as 1duim op 100m. Word plaaslike vervaardig en is baie bekostigbaar.
Lyk en verrig dieselfde as Barnes X.
Groete
Jozua
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
Jozua
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Mon Feb 10, 2014 6:53 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by Jozua »

Skuus wil net spel fout regstel.
Spartan se Frontier 300gr hollow Point. Lyk net soos Barnes en doen dieselfde.
Rooibok agter die blad geen / min skade nie. Punte is onder R400 vir 50.
gesels met Marie by Spartan.
Groete
Jozua
CZ 375 H & H Safari Classic
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by tripodmvr »

Weet van manne wat die grotes in die Zambesi vallei aanvat en 270 Barnes TSX as standaard dra in hul 375's om van klein tot oolfant mee aan te vat en dit sluit breinskoot in.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: 286gr PMP Solids - .375H&H

Post by 375fanatic »

my favourites

300gr hornady interlock (baan en jag is goedkoop om te skiet) en interbonds 62gr S335 teen 2380f/sec
286gr pmp solid ook 62gr S335 skiet dium hoog

dan ook

265gr GSC hv en 270gr solid teen 2550f/sec
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Post Reply