300 win mag lading ontwikkeling?

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Benman »

Middag Vriende

Ek het nou my 300 win mag begin ladings laai. Ek het die Remington Sendero model 700 se 300 win mag. My vraag waarmee ek dus worstel is die volgende. Op watter afstand gaan skiet ek nou die ladings wat ek gelaai het? 100m, 200m, 300m? 100m maak vir my sin vir die eerste rondte, al wat ek nou wil weet is die volgende. Groepe wat op 100m goed lyk is nie noodwendig op 200m en 300m goed nie of is ek dan nou verkeerd?

Wat stel julle manne voor waar begin ek, 100, 200, 300? Ek gaan my geweer op 200m zero.

Ek luister en deel graag in julle kennis.

Gorete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Wouter Roets »

Benna
Doen jou ontwikkelink op 100m en as dit begin lyk of jy gelukkig kan wees met hom dan bevestig jy net jou lading op 200. Niks meer is nodig nie. As jy klaar is met jou ontwikkeling dan begin die speletjies op 300m ens om die trajek te begin leer. Dan kan jy begin speel met verskillende zeropunte soos bv een duim hoog op 200m wat dan nou weer dalk n groot verskil op 300 kan gee. Maar dit bepaal jy self na gelang van jou omstandighede en benodighede.
By-the-way Baie geluk met jou roer! Laat weet maar as daar iets is waarmee ons jou dalk kan help.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Benman »

Wouter

Baie dankie vir die raad. Ek self in my skik met die roer. Ek het core lokt gebruik om die loop in te breek en hom op 200 gezero. Ek het die Swarovski 5-25x52 met die ballistic turret. Ek het 4 zeros om mee te werk. Skiet graag in vlakte en berg dele. My zeros sal ek dan op 200, 300, 400 en 500 wil he.  Ek moet se, daii geweer mag maar skiet hoor.

Ek was gelukkig die ander dag, het kudu bul wat teen hange uitgaan op 456m geklop met 180gr core lokt. Ek gaan nouu Scirroco 180gr laai.

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Wouter Roets »

Benna
Gee bietjie inligting oor die geweer(looplengte en twist) en TPL tot teen die groewe en dopkapasiteit van n gefirevormde dop en poeier wat jy gebruik dan kan ek jou dalk help. O-ja GREAT SHOT!!!!!! :o
Groete
Wout
Last edited by Wouter Roets on Fri Jan 07, 2011 10:28 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Benman »

Wouter

Loop - 26"
TPL  - 91.15mm
Poeier - S358
Fed 215 mag primer
Remington doppe ( Ek sal die dopkapasiteit moet meet)

Met watter program werk jy tans? Vind jy dat dit jou baie moeite spaar en is dit akkuraat?

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Benman »

Wouter

Twist  - 1:10

Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Wouter Roets »

Hallo Benna
Ek werk op die Quick Load version 3.6 en n looplengte program wat Arnold vir my gegee het. As jy die regte informasie inlees is dit verstommend akkuraad. Ek skiet n paar gewere en dit spaar n ongelooflike hoefeelheid tyd en moeite.
Ben wil jy nie net vir my seker maak oor die TPL nie, dit lyk n bietjie lank. Ek neem ook aan dat dit S385 is waarmee jy graag wil skiet.
Ek sal ook nie Fed215 aanbeveel vir die kaliber nie. Hy os te warm en dan moet n persoon te veel verminder op die kryt, iets wat al klaar n probleem is op die 300(mens sal graag so naby as moontlik aan 100% dopfulling kom).
Laat weet maar
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Arnold »

Sov?r ek al gelees het sal die Remington daai TPL kan vat.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Wouter Roets »

Arnold
So lank? En die magesyn?
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Benman »

Wouter

Ek weet dit klink lank. Dit is seker waaomm ek so baie betaal het vir die roer, hy bied meer as die gemiddelde 300. Hy het 'n langer as gemiddelde magesyn.

Ja, S385, jammer, vingers tik maar oor mekaar. Sal jy eerder met CCI 250 laai? Ek sal die week vir jou my dopkapasiteit deurgee.

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Arnold »

Ja jong, die Remington lang aksie is lank genoeg met 'n groot magesyn. Die ouens bou die 338 lapua magnum op hom ... ek weet nie of ek sou nie maar hulle doen dit.

Met die 300 WM kan jy nou die swaar koeels lekker v?r uit seat en sommer nog 'n klomp kruit in die dop gooi  ;D
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by fanie17 »

Hi Benman
Jou geweer sal 180gr en swaarder stabiliseer.Ek en Thew Venter het op n stadium met Frontiers se boatail patrone patrone gekry dat hulle op 100m nie stabiniseer nie maar op 200 begin stabiliseer.Ek laai S365 66gr agter 180gr punte teen so 2850 ft/s en kry goeie akuraatheid.Ek sou as ek jy is eers die geweer se ,sweetspot, bepaal en van daar af verder laai.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by fanie17 »

Ek sien nou eers jy praat van S358 jy bedoel sekerS385
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by Geno »

Oom Faan,
kyk by reply no.9.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 300 win mag lading ontwikkeling?

Post by fanie17 »

Word ook oud
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Post Reply