So moet n jaar mos begin
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
So moet n jaar mos begin
Vrydag was ek gou na n plaas by Kleinsee. My agter end het gejuk om my .243 te toets na die veranderins wat aangebring was.Die wind was redelik sterk vanuit n suidelike rigting en ek het maar gewonder of ek nie die jag moet los nie.
In die wildkamp het ek skaars gery toe ek n ram met n afhoring sien staan.Vinnig die geweer reggekry en die scope se range finder wys 230m met windlesing van 1.5.Sit die scope se mikpunt aanduiding tussen die bok se nek en daar loop die skoot.Die ram dom agteroor en le doodstil.By die bok sien ek dat die skoot reg op die kopafsny plek was.Nou voel ek darm beter om verder te jag.So het ek rondgery en nog n ram op 200m gekry.Die slag vir die kop.Skoot klap en die ram sak in sy spore neer.Reg op die slap.So het ek aangegaan en nog n ram op 270m se kop pap geskiet.Hier is die rammetjies
Gewag tot dit donker word om die scope in die nag te toets.My verwagtinge was seker te veel vir die nag. Kon darm slag om nog 4 springbokke te skiet.Aanvanklik was die die rooi liggie wat die mikpunt aandui te helder,al het ek dit dowwer gestel het.Toe ek dit eers gewoont geraak het , het dit beter gegaan.Die scope se sig is ook nie soo goed in die nag soos wat ek verwag het nie.Kon darm so met die jagtery n groot vlekkie reun ook omdom.Hier is die ou op die grond.
Volgende dag het ek mense uitgevat om n gemsbok te jag.Die jag was als ok en ek kon darm ook die geweer te toets op n gemsbok.Die range finder het 203m gewys Mikpunt op die slap.Toe skoot klap was sy water en ligte uit.Net daar inmekaar gesak .My gevolgtrekking is dat die Burris Laser scope is n baie lekker scope vir dagjag en uiter akkuraat met hul mikpunt aanduidings maar sal dit nie aanbeveel vir nagjag nie. Hier is die gemmie bul.Fotos is aangeheg

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5135
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: So moet n jaar mos begin
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Jy het goed gedoen Blackie, baie geluk! Daardie scopes werk oor die algemeen goed vir dagtoestande, maar ek moet met jou saamstem dat die nagskiet bietjie moeilik is vir my. Het met 'n vriend sn geskiet teen laatskemer en die 'illuminated' kolletjie het die sig deur die scope baie laat verdof, vir my, in elk geval.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Bulvegter
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Dis n lae bakkie en die bokke is hoog vas gemaak.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Blackie
Na afloop van die affere op die Hawke scope topic is dit vir my lekker as iemand 'n post soos hierdie plaas. In die vervolg as iemand oorweeg om 'n Burris Laserscope vir nagjag te koop is hierdie 'n deurdinkte verwysing van iemand wat nie net "GLO" hy sal werk nie, maar werklike ondervinding het en goeie opinie om op terug te val vir die koper wat tot dusver net die verkoopsman se verwysing het voor hy 'n
besluit kan maak.
Verder, hoop ek bly by die 'topic' en word nie uitgetrap nie. Ek sien jy jag by Kleinsee, ek het laasweek van Koingnaas na Komaggas gery om kliente te sien en toe verby De beers se grond gery, ekt niks minder as 10 troppies van 30-50 springbokke langs die pad getel nie, is dit waar jy gejag het?
Groetnis

Ponkie.Dit is die einste plaas.Daar is baie springbokke en gemsbokke op die grond.Al probleem is net dat die plaas bestaan uit een kamp wat so 33 000 hektaar groot is.Jy moet baie geduld en kan skiet want die springbokke wy teen 120km/h daar. Die wild is nog besonders vet vir die tyd van die jaar.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
-
Wilhelimoes
- Jr. Member

- Posts: 59
- Joined: Sun Jan 05, 2014 11:57 am
Re: So moet n jaar mos begin
Watse punte het j meer geskiet!?
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Wilhelimoes ek skiet met pmp se 100gr punte, pmp dope, S365 kruit(39.5gr in die dop) met CCI 250 primers. Geweer is n Remington 243 met 1/10 twist.Baie tevrede met die punte
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Baie geluk, ek kort darm self so twee spingbokke om iets in die vrieskas te he!
Sal n plan moet maak met die vleis pryse wat nou so vrek duur geword het oor die feestyd

The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Hoe moet n man nou die week werk..............
Wel gedaan!!!!!! Lyk my daai .243 loop nou soos stroop!!!!

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: So moet n jaar mos begin
Lekker as dit so mooi loop -kan net goeie een wees.
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: So moet n jaar mos begin
Mooi so! Lyk my mens staan nie in die dag 'n kans teen daai burris nie!