Page 1 of 1

Zeiss Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 8:19 am
by Rysmier
Hi Almal,

Ek sien op S&O se website daar is 'n nuwe model Zeiss uit - die Terra. As ek na die prys kyk (R5,000 - R5,700) is dit heel kompeterend. Ek het bietjie ge"Google" (nie te ernstig) en ek kon sien (op 'n forum) dat dit "onder lisensie" vir Zeis vervaardig word in Japan. Op een van die Amerikaanse forums het iemand te noem dat hulle met die reeks met die goedkoper-tipe teleskope probeer meeding. Ek sien dat die Zeiss Conquest-reeks ook heelwat kleiner gemaak word (m.a.w. minder modelle beskikbaar).

Oor kwaliteit wonder 'n mens, maar die Japsnese se werkverrigting (as mens nou na Howas kyk, en Tasco voor die Chinese dit begin maak het) is goed, en hul produkte van goeie gehalte.

Sal ander manne se opinies en insette verkies, veral dalk manne soos Willem en Stefan van S&O wat heel moontlik al die produk onder oë gehad het.

Mooi dag,
CCC

Edit: Ek sien ek het vanoggend Zeiss met net 1 "s" gespel, net reggemaak.

Re: Zeis Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 9:26 am
by Jean Marais
Eerder die Japs as die Chin's. Ek dink nie hul goete is sleg nie, kyk maar hul karre - Toyota, Lexus, Mitsibushi, Nissan ens ens

Re: Zeis Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 9:30 am
by immelmanw
Hi Manne

Dit is korrek, Zeiss gemaak in JAPAN. EK is baie baie opgewonde oor hierdie telescope, Zeiss sal nie gemors maak nie en staan bankvas agter die produk. Op die oomblik het ons die:

Zeiss Terra 3-9x42 met die #20 (plex) kruishaar https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 2_20_zplex teen R5000

Zeiss Terra 4-12x42 met die #20 (plex) kruishaar
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 2_20_zplex teen R5700

Dalk die ideale Kersgeskenk!

Zeiss het dus die Terra reeks, die Conquest HD5 reeks en dan die Diavari Victory reeks.
Groete

Re: Zeis Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 9:44 am
by cassie_calvinia
willem, jul kry nie dalk weer bulk noslers in nie?
(jammer vir die inchip)

Re: Zeis Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 9:45 am
by immelmanw
cassie_calvinia wrote:willem, jul kry nie dalk weer bulk noslers in nie?
(jammer vir die inchip)
Hi Cassie

Nee, ons het vir twee jaar met R1 milj + se voorraad gesit en dit teen cost verkoop, as iemand wil BULK koop 3000+ koeels, stuur vir my of vir Helmut n e-pos dan kan ons na n prys kyk.

groete

Re: Zeis Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 9:47 am
by cassie_calvinia
ok. het nog so halwe emmertjie, maar hy sak vinnig!
dankie

Re: Zeis Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 10:04 am
by Rysmier
Eerstens, net iets duidelik maak (en dit is op die Amerikaanse forum ook genoem) - ek dink nie Zeiss sal hulle naam op iets sit as dit 'n swak produk is nie.

Willem, dankie vir die info. Het jy dit al vergelyk met iets soos Leupoldt of Nikon Monarch (wat +/- in dieselfde prysklas val)?

En is dit dalk moontlik dat iemand soos Stefan 7x64 'n review "post"? (jammer as ek jou nou met ekstra werk opsaal Stefan, ek sien jy is alreeds skaars hier op die forum, maar ek weet jy is redelik gekonfyt in die teleskoop bedryf ;) )

Mooi dag,
CCC

Re: Zeiss Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 11:26 am
by TASCO
Rysmier,

Net vir ter inligting....die Zeiss Terra word gemaak in China en nie in Japan nie.

Groete

Tasco

Re: Zeiss Terra info

Posted: Tue Nov 12, 2013 12:10 pm
by Capt. Yoda
TASCO wrote:Rysmier,

Net vir ter inligting....die Zeiss Terra word gemaak in China en nie in Japan nie.

Groete

Tasco

Zeiss Terra scopes kom van Japan en nie China, ek verstaan die Terra Bino's word in China gebou.
March scopes kom ook uit Japan ;) en Zeiss sal nog steeds seker maak die scopes werk soos hulle moet

Re: Zeis Terra info

Posted: Wed Nov 13, 2013 2:28 pm
by immelmanw
Rysmier wrote:Eerstens, net iets duidelik maak (en dit is op die Amerikaanse forum ook genoem) - ek dink nie Zeiss sal hulle naam op iets sit as dit 'n swak produk is nie.

Willem, dankie vir die info. Het jy dit al vergelyk met iets soos Leupoldt of Nikon Monarch (wat +/- in dieselfde prysklas val)?

En is dit dalk moontlik dat iemand soos Stefan 7x64 'n review "post"? (jammer as ek jou nou met ekstra werk opsaal Stefan, ek sien jy is alreeds skaars hier op die forum, maar ek weet jy is redelik gekonfyt in die teleskoop bedryf ;) )

Mooi dag,
CCC
Yello,

Dankie, ons gaan dit verseker toets, S&O was lanklaas so opgewonde oor n produk, hier is sommer n "BUZZ" in die optics afdeling!
Dit lyk regtig na n puik produk, as ek so na die verkope kyk gaan hierdie teleskoop n paar ander handelsmerke PAK gee!

Re: Zeiss Terra info

Posted: Wed Nov 13, 2013 2:31 pm
by Marc
Vir my ook enetjie aangeskaf, baie opgewonde :)

Re: Zeiss Terra info

Posted: Wed Nov 13, 2013 4:09 pm
by immelmanw
TASCO wrote:Rysmier,

Net vir ter inligting....die Zeiss Terra word gemaak in China en nie in Japan nie.

Groete

Tasco
Hi Tasco

Sien aangehegte fotos, voor jy sulke wilde stellings maak moet jy eers jou huiswerk doen!
Die Zeiss Terra GEWEERTELESKOOP word in Japan gemaak!

Groete

Re: Zeiss Terra info

Posted: Wed Nov 13, 2013 4:17 pm
by tripodmvr
Marc wrote:Vir my ook enetjie aangeskaf, baie opgewonde :)
Kom brêg hy. Jy kan nou vir ons die plaaslike ondersoek doen en verslag kom gee. Byvoorbaat dank van die komitee.

Re: Zeiss Terra info

Posted: Wed Nov 13, 2013 4:22 pm
by immelmanw
Capt. Oblivious wrote:
TASCO wrote:Rysmier,

Net vir ter inligting....die Zeiss Terra word gemaak in China en nie in Japan nie.

Groete

Tasco

Zeiss Terra scopes kom van Japan en nie China, ek verstaan die Terra Bino's word in China gebou.
March scopes kom ook uit Japan ;) en Zeiss sal nog steeds seker maak die scopes werk soos hulle moet
Lekker lag en nou:
Tasco, ek weet jy word ook deesdae in China gemaak maar jou jonger boeties en sussies was in Japan gemaak!

Re: Zeiss Terra info

Posted: Wed Nov 13, 2013 4:34 pm
by Pappabeer
Ek hou van wat ek sien...

Re: Zeiss Terra info

Posted: Thu Nov 14, 2013 12:41 pm
by Capt. Yoda
Willem laat weet as jul die Bino's kry hulle lyk ook lekke

Re: Zeiss Terra info

Posted: Thu Nov 14, 2013 1:43 pm
by slagdop
Watter waarborg/warranty kom met daai scope? Ek stel ook belang in een.

Re: Zeiss Terra info

Posted: Thu Nov 14, 2013 3:15 pm
by immelmanw
slagdop wrote:Watter waarborg/warranty kom met daai scope? Ek stel ook belang in een.
Hi Slagdoppie

Sien aangehegte dokumente. Wat ek ook kan byvoeg, Zeiss SA staan 100% agter hulle produk, ook S&O agter elke produk wat ons verkoop.
Soos altyd is my voorstel, koop van n betroubare handelaar wat sy produkte ondersteun, koop betroubare produkte van agente wat 100% agter hulle produk en diens staan.

Enige vrae, kontak my gerus.

Groete

Re: Zeiss Terra info

Posted: Fri Nov 15, 2013 1:22 am
by Swys14
manne dit lyk nou na 'n bakgat produk, die naam is reg en die prys ook!

Re: Zeiss Terra info

Posted: Fri Nov 15, 2013 11:40 am
by Marc
tripodmvr wrote:
Marc wrote:Vir my ook enetjie aangeskaf, baie opgewonde :)
Kom brêg hy. Jy kan nou vir ons die plaaslike ondersoek doen en verslag kom gee. Byvoorbaat dank van die komitee.
Knyp daai slagyster lekker styf om my enkel ;D ;D ;D

Ek net bietjie min ondervinding met die breër spektrum teleskope wat beskikbaar is, dit sou nice wees as iemand soos Stefan of een van die manne met meer agtergrond vir ons 'n toetsie wil doen 8)

Re: Zeiss Terra info

Posted: Fri Nov 15, 2013 11:47 am
by immelmanw
Marc wrote:
tripodmvr wrote:
Marc wrote:Vir my ook enetjie aangeskaf, baie opgewonde :)
Kom brêg hy. Jy kan nou vir ons die plaaslike ondersoek doen en verslag kom gee. Byvoorbaat dank van die komitee.
Knyp daai slagyster lekker styf om my enkel ;D ;D ;D

Ek net bietjie min ondervinding met die breër spektrum teleskope wat beskikbaar is, dit sou nice wees as iemand soos Stefan of een van die manne met meer agtergrond vir ons 'n toetsie wil doen 8)
Ek het een op n roer gesit. Sal vir julle n mooi verskaggie doen!

Re: Zeiss Terra info

Posted: Fri Nov 15, 2013 11:56 am
by Marc
Dit sal gaaf wees Willem, dankie 8)

Re: Zeiss Terra info

Posted: Thu Dec 05, 2013 7:56 am
by VdWalt
Vraag vir die manne wat weet, Viper HS 4-16x44 of die Zeiss Terra 4-12x42? Is die
Viper daai ekstra 1k werd? Ek soek iets grooter as 3-10 op my 6.5 en het my scope
verkoop om die Zeis te koop maar toe klik my muis die Viper ook raak.... aiai besluite!!
Ek voel soos my vrou as sy in 'n skoen winkel instap....