Page 1 of 3

Kontaknommers by CFR?

Posted: Sun Dec 05, 2010 8:14 pm
by Hein M.
Hallo almal

Ek vra nou maar vir die lisensie-afwagtendes wat nou besig is om die Register warm te hou oor lisensies.

Ek soek kontakte/tel. nrs wat ek kan bel om navraag te doen oor hoe, waar en wanneer my lisensie-proses verloop.  Smaak my daar was onlangs heelwat skuiwe, so die telefone word nie meer deur dieselfde ouens beantwoord nie ::)

Enige hulp sal waardeer word!

Hein M.

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Mon Dec 06, 2010 10:26 am
by Robert
Hein

Probeer :012 3536111 Dit is Die sogenaamdde "call Sentre" by die hoof kantoor.

Wees maar erg ongeduldig met die mense.

Sterkte

Robert

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Mon Dec 06, 2010 9:06 pm
by Christo
Brig. Ranlall - 021 3536156. Hoor hy's regtig behulpsaam. Nie seker oor lisensies nie. Gehoor bevoegdhede is hy die man wat jou sal help.

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Mon Dec 06, 2010 9:39 pm
by Hein M.
Arnold/Christo,

Baie dankie vir julle hulp!  Sal bel.

Groetnis!

Hein M.

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Wed Feb 09, 2011 8:38 am
by Beyers
He nou net 6111 nommer geskakel, toevallig met 'n afrikaanse man gepraat, baie hulpvaardig

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Thu Feb 10, 2011 8:18 am
by Andy
Almal,

Janette: 012 353 6233  (Verantwoordelike persoon vir korrespondensie. As jou aansoek probleme het of afgekeur is.
Kaptein Modise: 012 353 6215 ('n senior persoon by konsidderasie afdeling)
Kaptein Mosiane: 012 353 6014 ('n senior persoon by konsidderasie afdeling)

Hier is  ook 'n paar epos adresse wat kan help, hulle antwoord net nie altyd nie maar hoe meer jy stuur dan begin hulle reaksie toon:

Kol. Van Der Walt G.    vanderwaltg@saps.org.za    (Hoof van die afdeling wat hof sake hanteer)
Kol. Motau S.              motaus@saps.org.za            (Waarnemende assistent bevelvoerder vd CFR)
Kol. Mangwane M.      mangwanem@saps.org.za    (Waarnemende bevelvoerder van die CFR)

Sterkte aan almal wat sit met 'n aansoek.

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Wed Mar 30, 2011 8:53 pm
by Armand Steenkamp
Jinne Andy!Ek se sommer namens almal dankie en n stywe handdruk!

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Fri Apr 08, 2011 8:21 pm
by Andy
Louis 303,

As jy kan noem wat die probleem is kan ek jou dalk na die regte persoon verwys het egter nog baie name en nommers op my lys afhangende van wat die navraag is.

Groete

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Fri Apr 08, 2011 11:28 pm
by Christo Els
Hi Andy
Vir wie moet ek kontak in Pretoria. Ek het die vuurwapen by my pa oorgeneem.Na 3 jaar gesukkel is my bevoegheid en aansoek in pretoria om agter te kom hulle het my pa se besonderhede in gesit by nuwe eienaar.


Ek hoop jy kan my help met 'n nommer of twee

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Sun Apr 10, 2011 7:10 pm
by Andy
Christo,

Die persoon wie jy moet kontak is Annetjie Meckifich. Sal jou haar direkte nommer maandag oggend kan gee dis ongelukkig in my dagboek op kantoor. jy sal egter 'n SAP 521G ook moet invul.

Aneetjie gaan joun tien teen een na iemand anders verwys maar sy is maklik om in die hande te kry. Sy sal ook jou forms aan die regte persoon oorhandig. As jy by die polisie stasie was maak seker jy het 'n afskrif van die SAP 521 G. Hulle sal dit wil faks so gee vir hulle Annetjie se nommer.

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Mon Apr 11, 2011 7:53 am
by Andy
Christo,

Hier is Annetjie se nommer soos belowe: 012 353 6158
Haar faks no is: 012 353 6275

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Tue Apr 12, 2011 11:39 am
by Andy
Lisensie aansoekers


Die nuwe nommer van die CFR Call Centre is:

012 353 6000

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Tue Apr 12, 2011 4:17 pm
by GERT vd M
:'( GOEIE DAG, Ek het die 6111 en6000 nommers gebel en geen bevredigende antwoorde gekry nie. Het reeds bevoegdheid, maar al wat hulle elke keer vir my se is dat die lisensie aansoek in die "preperation for consideration" stadium is. CFR het die aansoek op 7 maart 2011 ontvang. Ek vra ook asb, ---- gee my n nommer wat ek kan bel waar ek sal uitkom by iemand wat my die ware feite kan gee, dit is mos my reg om te weet, of hoe?. OF SAL DIE LISENSIE IN MY BOEDEL INGAAN !!!!?
                                                gvdm (Gert)

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Tue Apr 12, 2011 5:29 pm
by JPS
Gert,

Ek verstaan jy is baie ongelukkig tereg ook. Maar vir lisensie om 11 Maart by CFR  aan te kom en hy is al klaar by prepration for consideration is baie vinnig.....

Van hier af gaan hy komitee toe vir goed of afkeur.

Probeer om by 'n Warrent officer (was Inspector gewwes) Buthelezi uit te kom, hy het myne erens in die stapel gekry en volgende dag is die goedgekeur deur komitee my en Morned (ook op forum) sinne.

Weet nie of hy nog daarmee werk nou met die veranderinge wat plaasgevind het daar nie.

Hou maar moed en sterkte.

Groete
JP

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Tue Apr 12, 2011 6:22 pm
by Andy
Gert,

Myne was sedert junie verlede jaar by preperation, daarna vir vyf maande by considderation voor dit goed gekeur was. Dis waar ek al die kontak nommers gekry het. As hulle jou deurskakel na iemand vat dan sy naam rang en van. Probeer inspekteeur Lawrence ('n vrou) of sers Buys maar jy moet hare op jou tande he om hulle in die hande te kry. Hulle is by Considderation. Buthelezi is nou Lt of Kapt, 'n senior in die afdeling maar hy vat selde 'n oproep.


Sterkte

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Thu Apr 14, 2011 10:20 am
by Christo Els
Hi Andy
Dankie vir die telfoon nr en jammer ek kom nou eers hier uit.

Ek sal hulle vandag of moer bel

Weereens dankie

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Thu Apr 14, 2011 6:18 pm
by Andy
Christo,

Dis 'n groot plesier en geen probleem nie.

Andy

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Thu Apr 28, 2011 12:15 pm
by Beyers
Net toe ek begin moerig word en groot geld wil betaal.
2 liksense goedgekeur op 11 April
Flippen Yeeeha :laugh:

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Fri Apr 29, 2011 8:38 am
by Chrisjan
Hallo,

Mag ek asb vir hulp vra? Ek het competancy vir 'n shotgun en handgun. My further competancy vir 'n rifle is goedgekeur by criminology (Vinger Afdrukke).

Maar nou le dit daar want dit moet terug na CFR gestuur word vir consideration. Is daar iemand wat kan help dat dit nie te lank le voordat dit terug gestuur word nie?

Ek waardeer die hulp.

Groete
Chrisjan

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Wed May 04, 2011 10:51 am
by DWB
Annatjie Meiring is ook blykbaar iemand om te probeer 012 353 6047.

Sal nou maar kyk of ek by haar kan uitkom.

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Wed May 04, 2011 6:05 pm
by GERT vd M
Dankie vir die bemoediging en raad JPS.! Ek sal probeer om persoon in die hande te kry.
          GROETNIS
              GERT

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Wed May 04, 2011 8:52 pm
by Hein M.
Hallo almal!

My .22 en 9mm pistool se lisensies is darem nou goedgekeur...  Haleleluja! 

Hulle het nou 'n antwoordmasjien daar by die algemene nommer wat jou vir URE laat aanhou...  BL*KS*MS...  Het nou al 5 keer vrugteloos probeer bel...

Hein M

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Wed May 04, 2011 9:11 pm
by Monrique (SJ)
Wanneer ek so n nagskof week werk n maand is dit net n plesier om te bel.

Ek gee hulle so vroeg oggend, 02H00 wanneer mens gewoontlik lekker dos, n lui en word baie vinnig gehelp.

Geluk Hein, ek sal moet kom kyk hoe lyk die nuwe toevoeging tot die gesin!! ;D ;D

Groetnis

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Tue May 10, 2011 3:09 pm
by Christo Els
Geluk aan almal wat hulle liksense al gekry het.

Ek is besig om my moer en boud saam te strip.
Sukkel nou al 'n uur net om met iemand te praat oor my probleem wat hulle veroorsaak het.
Nie een van die nommers word opgetel nie of lui net beset.

Van 2008 af en my bevoegheid is nog nie eers klaar nie.
Die geweer by my pa gekoop en wragtig sal hulle dit van my aansoek op sy naam sit dit is nou al 3 jaar

Die plaaslike stasie wat die foute gemaak het en eers 01/02/2011 my aansoeke aangestuur het. Die wat kamstig met
my goed werk kom sal eers 16 Mei terug wees. Ek meen sy het vir 3 jaar niks gedoen nie en kry sy nog verlof ook.
Die se torre het geduik want hulle o? is vol water en sit en kyk jou aan of jy mal is
Hulle kan nie eens vir my 'n tel nr gee om te bel

Ek wil net weet wat de hel moet 'n mens maak.

Re: Kontaknommers by CFR?

Posted: Tue May 10, 2011 11:28 pm
by Zillen
Ek wag vir my 300 Win Mag se lisensie. Die aansoek le al vanaf Februarie 2011 by die CFR en daar was nog geen beweging op my aansoek nie!

Ek het self vandag ten minste 6 keer die 012 353 6111 nommer gebel.

Die nommer was of beset, of het gee antwoord gekry nie. Het elke keer omtrent 10 min aangehou voordat ek gatvol geraak het.

Wat nou?

Groete,
Zillen