Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek vra nou maar vir die lisensie-afwagtendes wat nou besig is om die Register warm te hou oor lisensies.
Ek soek kontakte/tel. nrs wat ek kan bel om navraag te doen oor hoe, waar en wanneer my lisensie-proses verloop. Smaak my daar was onlangs heelwat skuiwe, so die telefone word nie meer deur dieselfde ouens beantwoord nie
Enige hulp sal waardeer word!
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Janette: 012 353 6233 (Verantwoordelike persoon vir korrespondensie. As jou aansoek probleme het of afgekeur is. Kaptein Modise: 012 353 6215 ('n senior persoon by konsidderasie afdeling) Kaptein Mosiane: 012 353 6014 ('n senior persoon by konsidderasie afdeling)
Hier is ook 'n paar epos adresse wat kan help, hulle antwoord net nie altyd nie maar hoe meer jy stuur dan begin hulle reaksie toon:
Jinne Andy!Ek se sommer namens almal dankie en n stywe handdruk!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
As jy kan noem wat die probleem is kan ek jou dalk na die regte persoon verwys het egter nog baie name en nommers op my lys afhangende van wat die navraag is.
Groete
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Hi Andy
Vir wie moet ek kontak in Pretoria. Ek het die vuurwapen by my pa oorgeneem.Na 3 jaar gesukkel is my bevoegheid en aansoek in pretoria om agter te kom hulle het my pa se besonderhede in gesit by nuwe eienaar.
Ek hoop jy kan my help met 'n nommer of twee
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Die persoon wie jy moet kontak is Annetjie Meckifich. Sal jou haar direkte nommer maandag oggend kan gee dis ongelukkig in my dagboek op kantoor. jy sal egter 'n SAP 521G ook moet invul.
Aneetjie gaan joun tien teen een na iemand anders verwys maar sy is maklik om in die hande te kry. Sy sal ook jou forms aan die regte persoon oorhandig. As jy by die polisie stasie was maak seker jy het 'n afskrif van die SAP 521 G. Hulle sal dit wil faks so gee vir hulle Annetjie se nommer.
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
GOEIE DAG, Ek het die 6111 en6000 nommers gebel en geen bevredigende antwoorde gekry nie. Het reeds bevoegdheid, maar al wat hulle elke keer vir my se is dat die lisensie aansoek in die "preperation for consideration" stadium is. CFR het die aansoek op 7 maart 2011 ontvang. Ek vra ook asb, ---- gee my n nommer wat ek kan bel waar ek sal uitkom by iemand wat my die ware feite kan gee, dit is mos my reg om te weet, of hoe?. OF SAL DIE LISENSIE IN MY BOEDEL INGAAN !!!!?
gvdm (Gert)
Ek verstaan jy is baie ongelukkig tereg ook. Maar vir lisensie om 11 Maart by CFR aan te kom en hy is al klaar by prepration for consideration is baie vinnig.....
Van hier af gaan hy komitee toe vir goed of afkeur.
Probeer om by 'n Warrent officer (was Inspector gewwes) Buthelezi uit te kom, hy het myne erens in die stapel gekry en volgende dag is die goedgekeur deur komitee my en Morned (ook op forum) sinne.
Weet nie of hy nog daarmee werk nou met die veranderinge wat plaasgevind het daar nie.
Myne was sedert junie verlede jaar by preperation, daarna vir vyf maande by considderation voor dit goed gekeur was. Dis waar ek al die kontak nommers gekry het. As hulle jou deurskakel na iemand vat dan sy naam rang en van. Probeer inspekteeur Lawrence ('n vrou) of sers Buys maar jy moet hare op jou tande he om hulle in die hande te kry. Hulle is by Considderation. Buthelezi is nou Lt of Kapt, 'n senior in die afdeling maar hy vat selde 'n oproep.
Sterkte
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Mag ek asb vir hulp vra? Ek het competancy vir 'n shotgun en handgun. My further competancy vir 'n rifle is goedgekeur by criminology (Vinger Afdrukke).
Maar nou le dit daar want dit moet terug na CFR gestuur word vir consideration. Is daar iemand wat kan help dat dit nie te lank le voordat dit terug gestuur word nie?
Ek is besig om my moer en boud saam te strip.
Sukkel nou al 'n uur net om met iemand te praat oor my probleem wat hulle veroorsaak het.
Nie een van die nommers word opgetel nie of lui net beset.
Van 2008 af en my bevoegheid is nog nie eers klaar nie.
Die geweer by my pa gekoop en wragtig sal hulle dit van my aansoek op sy naam sit dit is nou al 3 jaar
Die plaaslike stasie wat die foute gemaak het en eers 01/02/2011 my aansoeke aangestuur het. Die wat kamstig met
my goed werk kom sal eers 16 Mei terug wees. Ek meen sy het vir 3 jaar niks gedoen nie en kry sy nog verlof ook.
Die se torre het geduik want hulle o? is vol water en sit en kyk jou aan of jy mal is
Hulle kan nie eens vir my 'n tel nr gee om te bel
Ek wil net weet wat de hel moet 'n mens maak.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)