Wie maak nou eintlik wat?

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Wie maak nou eintlik wat?

Post by Lamtjop »

Hier moet iemand wees wat so bietjie kan lig werp op al die teleskope wat ons deesdae van kan kies, my vraag is wie maak nou regtig die goed en is hul nie maar baie dieselfde nie. Nikon, van die Burrisse, Sightron, Vortex Viper en seker nog ander word in die Phillipyne gemaak, seker in selfde fabriek, Lynx en die Bushnell Elite's word in Japan gemaak. Weet iemand wie maak die Zeiss Conquest hd5, want die word net in Duitsland aanmekaar gesit, ek lees dat hul in Rominia gemaak word. Ek verstaan die rudolph word ook in Japan gemaak.
So is daar nou n verskil of jy n Nikon, Burris, Vortex, Sightron, Bushnell koop?
Ek dink Rudolph se baas weet dalk die beste.
Groete Tjops
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Wie maak nou eintlik wat?

Post by NEGE3 »

Gaan maar so met voertuie ook. Ratkaste uit een fabriek, remstelsels uit een fabriek, vensters uit een fabriek, skokbrekers uit een fabriek, panele uit een fabriek. Elkeen sit net sy eie goed aanmekaar.
Groete,
Koos de Beer
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie maak nou eintlik wat?

Post by Carl »

Ek is nie seker van teleskope presies nie, maar kan jou verseker nikon kamera lense word deur nikon gemaak. Selfde vir Canon daar is net te veel kompeterende voordeel in sekere vervaardigings metodes. Ek glo hulle sal dieselfde volg mbt teleskope. Die komponente word miskien deur mpy X gemaak, soos die tube, maar die lense nie. Die Zeiss, Leicas van die wereld vervaardig in land van ontwerp, Nikon het bv aanlegte in Thailand. Kwaliteit beheer bly dieselfde.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie maak nou eintlik wat?

Post by Capt. Yoda »

Zeiss Conquest en Meopta kom uit die selfde fabriek in US, Meopta se fabriek (dit is ook hoekom daar op hom staan manufactured in USA :-) )
Die lense en tube en al daai goed kom uit Duitsland (hul verskaf dan ook lense vir Meopta se scopes) en word maar net da aan mekaar gesit.Oorspronklik het hulle dit so gedoen om die mark in Amerika (Leupold) n hou te gee en hul het dit ook reg gekry want die Conquest het sekerlik die beste guarantee/customer service in die US.

Sover my kennis strek word die Hd5 in Duitsland gemaak, gebou en aan mekaar gesit, ek het al gehoor van die Romania ding maar hulle het weer gese die lense kom van duitsland en dit word in Romania aan mekaar gesit.Ek kan nie glo Zeiss sal lense in hul scopes sit wat hul nie self maak nie.
Leupold se goed kom nou meeste van Japan af en dan in US gebou (klomp van hul goed word ook in China gebou en aan mekaar gesit), het al gehoor hulle een Nighforce se lense kom van die selfde plek af in Japan.

Vortex word in die US gebou (lees deigned and inspected) die lense van die duur scopes van Japan en dan die goedkoper reeks word in China gebou.Selfde soos bushnell die Elite reeks kom van Japan en die ander van China.

Nikon weet ons kom van die Philippines en ek glo Lynx ook (ScoPro Philippines)

EK het die so ruk terug raak gelees
I saved this info posted on another forum, the guy knows scopes so it should be accurate.


Here are some that don't make riflescopes but buy from other sources (usually Asian sources)

A1 Optics
ATK Intensity
Barska
BSA
Bushnell
Centerpoint
Clearidge
Leaper
Mueller
NCStar
Nikon
Sightron
Simmons
Tasco
Weaver (since 1990)
Vortex

That is a fairly long list.
Here are folks that make their own riflescopes:

Burris (only high end scopes, not Timberline or Fullfield)
Leupold
Kahles (owned by Swarovski last I heard)
Meopta
Nightforce
Schmidt & Bender
Swarovski
US Optics
Zeiss

Here are folks that make riflescopes but sell to others in first list:

Asia Optical (ScoPro Philippines and Asia Optical Japan)
Light Optical Works Japan (probably the best from Asia)
Kenko Phillipine factory
Various CHINESE factories

Ek glo die meeste van die scope wat ons vandag koop kom uit die selfde plek uit Japan uit hulle bou hom ma net soos jy hom soek met die lens en ret wat jy soek met jou naam soos die Rudolph.
Die cheapies wat se regs adjustment op gaan en op adjustment af gaan kom maar van China
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Wie maak nou eintlik wat?

Post by Hercules Louw »

Nikon se Monarch E en Monarch X word wel in Japan vervaardig, waarskynlik in dieselfde fabriek as waarin Lynx en die meeste Nightforce teleskope vervaardig word. Die res van Nikon se teleskope,(Fieldmaster en Monarch ens.) kom van die Phillipyne af.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Wie maak nou eintlik wat?

Post by Koos Barnard »

Onthou ook maar dat selfs die top Europses scopes hul glas van ander plekke source. Die lense word maar net gesny en gepoleer in die betrokke fabrieke en die deklae daar opgesit. Het met my eie oe gesien in die fabriek waar die lense/glas in hul verpakking staan.
Mooi loop
Post Reply