Soek raad

Post Reply
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Soek raad

Post by sako223 »

Soek raad asb.Ek sukkel met van my gewere wat hul self los skiet.Gaan probeer verduidelik,die twee skroewe wat die aksie vastrek kom los.Die ding werk so ,ek trek hulle vas skiet die geweer in ,gedurende die nag se skiet raak die skroewe los,dan skiet die geweer bont,trek ek hulle weer vas dan moet ek die geweer weer op skoot kry.Soek raad asb.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Soek raad

Post by mariusr »

Dit hoort verseker nie so te wees nie? Dit klink of die geweer nie mooi vastrek nie en sodoende elke keer los kom? Haal uitmekaar en kyk of die hout nie merke op het waar dit druk nie! Kyk ook na die skroewe se "thread" of nie beskadig is nie? Om die aksie te laat pak sal ook help maar laat iemand dit doen wat weet hoe! Vir die kort termyn kan jy die swart merke op die hout wegskuur as die probleem is! Sit dan weer aanmekaar en draai goed vas! Jy kan bietjie van die nie permanente locktite op die skroewe sit! Onthou die moet weer kan los! Ek glo dat ou minstens elke jaar jou gewere uitmekaar haal en kyk vir roes ens en daar ook skoon maak! Voel ook of jy enige speeling het na skroewe vas is anders "seat " die skroewe nie lekker nie?
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Soek raad

Post by sako223 »

Dankie sal gaan soek en kyk na al die dinge.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Soek raad

Post by cassie_calvinia »

is hy nie dalk verkeerd gepak nie, dat die aksie onder spanning is nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Soek raad

Post by sako223 »

Cassie more,nee die geweer is glad nie gepak nie ,wat my pla is van my pelle se gewere doen dieselfde, ons is so paar manne met sulke gewere en kry dit nogal gereeld.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Soek raad

Post by RUPERT »

Probeer goed vas maak maar gebruik miskien n "Spring washer".Die spring washer sal permanente druk op die skroef gee en dit behoort te help of ek hoop so.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Soek raad

Post by Dawie Malan »

Begin by die skroewe naaste aan die aksie vasdraai en draai dan die verder vas.

Groete

Dawie
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Soek raad

Post by Pappabeer »

Watse gewere is dit. Kopskoot kom iets oor as dit wel n Sako is soos jou naam sê... >:+

Ek het ook n paar weke gelede agter gekom my Tikka 6,5x55 en Sako .222 se skroewe is effens los, maar nie van so n aard dat daar speling is nie. Hulle het n harde jaar agter die rug gehad en baie bakkie gery.

Dit bly maar n goeie beginsel om elke keer wat jy geweer skoonmaak net daai twee skroewe te check en seker te maak hulle bly sit. Ek sal nie met locktite sukkel nie, as jy dan moet uitmekaar haal vir welke rede gaan jy die koppie strip.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
sako223
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Tue Oct 15, 2013 11:18 am

Re: Soek raad

Post by sako223 »

Ja wat sal ek doen,dit is ongelukkig so dit is twee van my sako's .Het vir 20 jaar met 222-50 sako vam A 2 aksie en sy maatjie geskiet, nooit problem gehad nie. Na baie jare se bok oes met hulle besluit ek laas jaar om hulle te 'retire' koop toe vir my sako 85 vam 223 en 308 en nou sukkel ek.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2486
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Soek raad

Post by Flip Nel »

sako223 wrote:Soek raad asb.Ek sukkel met van my gewere wat hul self los skiet.Gaan probeer verduidelik,die twee skroewe wat die aksie vastrek kom los.Die ding werk so ,ek trek hulle vas skiet die geweer in ,gedurende die nag se skiet raak die skroewe los,dan skiet die geweer bont,trek ek hulle weer vas dan moet ek die geweer weer op skoot kry.Soek raad asb.

My 9.3 x 62 hier die selfde gedoen, dinge soos locktite etc het nie gewerk nie, het die geweer laat bed by 'n geweersmid, geen probleme meer nie, glass bed die geweer anders gaan jy bly sukkel
Post Reply