Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post Reply
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by bush hat »

More manne
Ek is 'n effe "new one" met navrae op die forum, maar ek merk dat daar baie kundiges is wat my beslis sal kan help om 'n ingeligte besluit te neem.
Ek dink ernstig daaraan om my wapens aan te vul met 'n Ruger Alaskan in .375 Ruger kaliber of 'n Winchester of CZ in .375 H&H kaliber.
Ek beoog om hierdie wapen my elke dag bos-jag geweer te maak en later dalk 'n ou buffeltjie te jag, as dit moontlik sou word !!! Ek dink selfs daaraan om my Remington ADL in 30.06 aan my dogter te gee, sy is baie gemaklik met hom en skiet 'n hond uit 'n bos met hierdie outjie !

Nou soek ek eerlike raad, sonder om te veel emosies tussen ons op die forum te veroorsaak....ek weet mos elkeen dink syne is die beste !
Wat is die voor en nadele van my keuses volgens julle kennis, veral diegene wat byde tipes, Ruger en H&H het of ken ?
Jammer indien hierdie bespreking dalk voorheen behandel was, maar ek kon nie so 'n besprekingspunt opspoor nie. By voorbaat dankie, Barry
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Jean Marais »

Ek het self 'n 375 H&H wat ek baie van hou, maar persoonlik dink ek dat die 375 Ruger 'n beter dopontwerp het as die H&H, en as ek weer sou kies tussen die twee, sal die Ruger my keuse wees. As dit egter kom by emosie oor die 375, dan die H&H, want kyk, moet geen fout maak nie, dis 'n potent kaliber met 'n puik rekord wat steeds na 100 jaar baie populêr is.

Groete, en sterkte met jou keuse.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Beer (Christo) »

Hier is al baie gese oor die onder werk.

Ek het 'n cz550 375 H&H en is baie tevrede. Doppe is duur, maar meer beskikbaar as 375 Ruger.

Die 375 Ruger kom gewoonlik met 'n korter loop en sal dan dieselfde of bietjie beter spoed gee as die H&H met 'n langer loop. Die kort loop is natuurlik meer geskik vir bosveld kondisies. Die Ruger aksie is ook korter, wat potentiele 'short stroking' voorkom.

My 375 kan egter 5 in die magasyn vat en meeste ander net 3.

Die manne sal my nou seker kruisig, maar vir my doel eindes is die verskille marginaal.

Die konsensus is gewoonlik: as jy reeds 'n H&H het hou hom. As jy nou koop, koop die Ruger.

Die probleem dink ek is maar net die beskikbaarheid van doppe.

Die platskiet argument ( as jy nou met 200gr will laai) stem ek ook nie mee saam nie, want Koop dan eerder vir jou 'n 300 wm / wsm

My 2c
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by DWB »

Koop vir jou 'n 9.3x62 :D

Dan worry jy nie oor die ander twee nie :D

Albei is goed, maar die Ruger se dope erg duur.

Ek hou wel van die Alaskan. Maar ek glo maar liewer in die H&H
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by alecjohnson »

Op papier is die .375 Ruger beter en goedkoper as H&H, maar die verskil vir ons jan alleman is so klein. As jy bitjie sku is vir goeie terugskop kies ruger. Ek het al met baie groot calibers geskiet en moet se daai Ruger Alaskan se terugskop is minder as my 300 winmag.
As jy soos ek van 'n klasieke een hou dan is daar net die H&H.
As jy nognie met een van hulle geskiet het nie prober iemand kry en prober 'n skoot of twee en voel watter een is vir jou bedoel.

NB!
Kies die een waarvan jy hou. Jy moet hou van jou wapen en dit kan gebruik.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by JohanvB »

Hallo Bushat

Ok, ek het die 375 Ruger Hawkeye M77 Alaskan 20" duim loop..

Ek het al die 375 Rugers in my hande vasgehou en die een wat die beste "vat" het was maar die Alaskan met sy overmoulded stock...daai rubber voel net goed.

Ja doppe is flippin duur, maar jy koop een keer 'n 100 en pas hulle op..

Vir "close-combat" in die bos is daai 20"duim loop die antwoord..ek gaan gereeld saam met 'n pêl bos toe en het hy die 416 Ruger ook met die 20"duim loop...en ja bly dit maar net 'n wenner..

Spoed...ek laai tans S355 en skiet sommer die Hornady Interlock 300gr punte met 'n lading van 70gr S355 en TPL gemeet van die ogive af is 80mm, is my spoed so 2400 fps...amper te vinning

Daar is manne wat die 200gr GS customs laat loop oor die 3000fps...

Nou ja wat akkuraathied betref...kom maar skietbaan toe en kyk waar daai gewere skiet op 200m...

So in kort die 375 Ruger Hawkeye M77 Alaskan 20" duim, as jy hom nog kan kry...is 'n awesome "spanner" in jou arsenaal...jy sal nie spyt wees nie..
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Wouter Roets »

Hallo Bushat

Net so dinge om ingedagte te hou. Die Ruger Alaskan word ongelukkig nie meer vervaardig in 375 Ruger nie. Daar is wel n Guide Gun(ook 20 duim) nou beskikbaar wat basies dieselfde is net met n ander kolf(gelamineerd) en n blitsbreker. Daar is ook nog die African beskikbaar met n 23 duim loop wat baie meer sinlik is. Howa is die ander opsie huidig in die kaliber maar puruste hou nie van die fushfeed aksie van die geweer vir gevaarlike wild werk nie. Hierdie is nie n groot oorweging vir iemand wat hierdie spesies nie voltyds jag nie.

Ek se reguit dat die Ruger die beter dopsontwerp is van die twee en net nog meer populer gaan word as gevolg hiervan en dat hy in n standard aksie werk sonder modifiaksies. Beskikbaarheid van die doppe sowel as die opsies van vervaardigers is baie beperk. Kostes hiervan is ook hoer oor die algemeen.

Geweer keuses is legio met die H&H en die kaliber doen nog steeds wat van hom verwag word en meer.

My raad is gaan soek bietjie rond en kies dan volgens die geweer self en die deal wat op die tafel is.

Groetnis
Wouter
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Piet Pille »

Hier is ook nogal 'n duidelike vergelyking vanaf "Real Guns" website:

http://www.realguns.com/archives/143.htm
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by gillie »

Hi Boshoed

Ek het dieselfde vraag gehad so maand terug. Het gegaan met die old trusted H&H. Nie oor daar iets fout is met die Ruger nie, het my besluit net op die feit gemaak dat die H&H al vir meer as 100 jaar (101 om presies te wees) gebruik word met groot sukses. Ek is seker die Ruger sal seker net so suksesvol wees. Ammo en herlaai toerusting seker meer vrylik beskikbaar vir die H&H as vir die Ruger as ek moes raai. Daar is regtig nie veel om te kies tussen die twee nie, dink dit gaan meer oor persoonlike voorkeure en afkeure...

Sterkte.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Armand Steenkamp »

Ek sou gaan vir die Ruger.

Groetnis
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Louis Kriel »

Ek het maar agv finansies vir die Howa in 375 ruger gegaan. Hy is vrek akkuraat, kan die punch vat van rowwe koedoe jagte in die Oos-kaap en die kaliber is dodelik op groot bokke. Ek dink nie ek sal sommer die kans kry vir gevaarlike wild nie, maar indien wel sal ek nie 2 keer dink om die Howa hiervoor te gebruik nie...pushfeed of te not! Waar kry mens nog n massa produksie geweer wat so akkuraat is vir R6000! Maar nou ja as jy een van die emosionele puriste is, kry vir jou die H&H. Kan nie n fout maak nie.
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by bush hat »

Waarlik baie stof tot nadenke.
Baie dankie dusver aan almal !

Pieter Vorster se Real Guns webblad met vergelyking tussen die Ruger en die H&H het interessante inligting opgelewer, soveel so dat ek nogal beindruk is met die Ruger teen sy eeu-oue opposisie ! Dankie Pieter.

Dankie dusver almal !
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Piet Pille »

bush hat wrote:Waarlik baie stof tot nadenke.
Baie dankie dusver aan almal !

Pieter Vorster se Real Guns webblad met vergelyking tussen die Ruger en die H&H het interessante inligting opgelewer, soveel so dat ek nogal beindruk is met die Ruger teen sy eeu-oue opposisie ! Dankie Pieter.

Dankie dusver almal !
Boshoed- miskien moet ek net hierdie bysê: My opinie is nogsteeds dat die geweer wat jy kan kry 'n groter rol gaan speel as die keuse tussen die H&H en Ruger. Beide skiet ewe dood. Beide kos 'n paar rand om te herlaai... Maar jy moet tevrede wees met die geweer. As jy hom teen jou skouer sit daar in die bos gaan jy nie worry of daar 'n H&H of Ruger patroon in is nie. Hy moet lekker skiet en jy moet gemaklik wees met hom.

As dit ek was, het ek na elke liewe geweerwinkel in my omgewing gegaan en gaan kyk wat hulle in die kalibers het. Met soveel moontlik van my pelle wat van hulle het gaan skiet. As jy daai spesifieke geweer gekry het waarop jy verlief raak, speel die H&H of Ruger maar 'n klein rol. Die kolf moet reg pas, die gewig moet reg wees, die terugskop moet gemaklik wees en die scope moet raakvat. Ek sou eers hieraan aandag gegee het en dan terloops kennis geneem het van watter soort die geweer is. Gaan kyk deeglik rond- jy gaan iewers instap en 'n geweer sien en voel wat dadelik jou hartsnare roer. Ongeag of dit dan 'n H&H of Ruger is- dis die beste een vir jou.

Sterkte- hou ons op hoogte!

Groete
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2486
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Flip Nel »

DWB wrote:Koop vir jou 'n 9.3x62 :D

Dan worry jy nie oor die ander twee nie :D

Albei is goed, maar die Ruger se dope erg duur.

Ek hou wel van die Alaskan. Maar ek glo maar liewer in die H&H

;D
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by bush hat »

Dankie manne.
Verder tot Pieter se goeie raad.....is daar iemand met 'n Ruger African .375 in die Wes Rand omgewing wat my 'n skoot of twee met sy geweer sal toelaat, om die gevoel te kan kry ? Ons het skietbaan buite Randfontein indien benodig. Ook Howa in 375 Ruger sal waardeer word.
Groetnis
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Louis Kriel »

Ek is seker daards manne bo die Vaalrivier wat jou sal laat skiet met hulle Howas. As jy in die Kaap kolonie kom draai sal ek jou enige tyd met myne laat skiet...tot jou skouer nie meer wil nie. Ek skiet op n 200 m baan op n plaas na hartelus. Laat weet maar.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3973
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by tau »

Ek het die .375 Ruger gekoop agv van die dop ontwerp en oor ek verlief was oor die Ruger Alaskan nadat ek hom die eerstekeer gesien het. Ek skiet 90% van die tyd met my 7mm Rem Mag wat 'n Belted Magnum is en case head seperation raak, probleem as die doppe of die roer oud raak.

Het het toe eers 'n Howa bestel en toe hy land en ek gaan kyk na hom by Safari &Outdoor het my moed my begewe daar waar hy so paar plekke vanaf 'n Sako Bavaria .375 H&H gestaan het. Die Howa is bitter akkuraat en hy sal werk. EK wag toe maar twee maande vir die Ruger en gaan kyk na hom en vanadag is ek glad nie spyt nie. Die Alaskan is asemrowend om te dra in die bos en berge van die Oos_kaap. Sy recoil is ook minimaal.

MAAAR ek gaan nog eendag 'n .375 H&H koop in Steyrs of Sako of so iets met 'n mooi hout kolf.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by bush hat »

Baie dankie aan Forum maat Andy, wat sy Ruger African 375 ruger skietbaan toe gebring het sodat ek daarmee kon skiet !!

Sulke vriende ontmoet mens nie aldag nie !

Dankie Andries
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Louis Kriel »

Mooi man! En wat se jy nou?
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Andy »

Dit was 'n groot plesier.

Laat weet maar as jy bloem toe was.

Andy
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hulp met besluit oor .375 Ruger of .375 H&H

Post by Piet Pille »

Bush hat- gaan kyk by die link- dit is dalk jou kans! http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=26670
Post Reply