7mm STW

Post Reply
jmb

7mm STW

Post by jmb »

Het gister 'n paar skote met die STW geskiet. Die geweer het my ongelooflik beindruk. Die knaldemper is ongelooflik, ek kon nie glo wat dit doen nie. Ek moet erken ek was versigtig en so bietjie op my senuwees voor die eerste skoot. Het gedink die ding gaan byt. Toe voel hy soos 'n 308.

Nou hoekom ek hier post. het enigiemand miskien laaidata vir 'n STW en spesifiek 180gr punte?
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 7mm STW

Post by baboonstalker »

Johan,

Die ouens verstaan mos net prentjies, en voor jy nie 'n foto van die roer, knaldemper en die rondtes (verkieslik afgeneem langs iets wat ons ken) opsit, sal jy geen hulp kry nie. ;D
so haal uit en wys jou muis!
jmb

Re: 7mm STW

Post by jmb »

Ok bs. Hy is by die fotos nou moet jy maar die laaidata laat kom. ;D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 7mm STW

Post by Hein M. »

jmb,

Hoop dit help.  Jy kan ook vir Gerard PM.  Hy sal beslis kan help.

http://www.gsgroup.co.za/articlesevenstw.html

Die stats lyk indrukwekkend...

Groetnis!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Tue Nov 23, 2010 7:29 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
jmb

Re: 7mm STW

Post by jmb »

Thanks Hein.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 7mm STW

Post by baboonstalker »

Toordokter Arnold, wat s? jou kristalbal/ dolosse itv ladings vir die roer?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7mm STW

Post by Arnold »

S? gou hoe lank jou loop is asb en watter koeels het jy in gedagte?

Jy sal 'n 180 gr Berger teen so 2900 fps kan lanseer {S385} ... dit is maar 50 fps vinniger as met jou 7mm RM

Wat jy nodig het vir die outjie is ADI AR 2218 dryfmiddel .... 3064 fps met die 180 gr koeel en 100.8% dop vulling met maksimum druk van so 60300 psi
Last edited by Arnold on Tue Nov 23, 2010 9:34 pm, edited 1 time in total.
jmb

Re: 7mm STW

Post by jmb »

Hi Arnold die is 'n 26 duim loop met 'n 9.5 twist. Ek wil 180 berger VLD's skiet.
Gerard

Re: 7mm STW

Post by Gerard »

180gr sal nie werk nie.

Van die Berger webwerf af:

Description -------------------- Bullet Dia. Grain (Weight) G1BC G7BC - Recomm. Twist -- Part Number

7mm 180 Grain Match Target VLD - 0.284 - 180 --------- 0.659 0.337 -1 in 9" or faster -- 28405

Sal beter werk:

7mm 168 Grain Match Target VLD - 0.284 - 168 --------- 0.617 0.316 - 1 in 10" or faster - 28401
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7mm STW

Post by Arnold »

Kyk bietjie daar in my vorige post. Ek het hom ge-edit en toe sie ek jy het reeds die vraag beantwoord.

Dit gaan ook afhang van jou TPL maar hier by 71gr S385 sal jou sweetspot wees vir so 2900 fps. Hierdie lading gee regtig ho? druk en jy moet maar versigtig wees. Anders sal 67.6gr S385 vir jou so 2787 fps gee met heel aanvaarbare druk vlakke.

Die 168gr Berger, wat Gerard voorstel, kan jy teen so 2941 fps skiet met 71.3gr S385 en hier is die kamerdruk ook nie uitermatig hoog nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7mm STW

Post by Arnold »

Onthou as jy die ladings sou gebruik, werk stadig na dit toe op en moet dit nie net so gebruik nie!!!
jmb

Re: 7mm STW

Post by jmb »

Dankie Arnold. Nee ek verstaan oor die ladings ek werk maar altyd van die minimum af op aangesien 'n ou nooit weet hoe die geweer se kamer gaan maak nie.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 7mm STW

Post by Jagtersdok »

Die "blink" 7mm het my ook nuuskierig gehad. Ek s? blink want dit klink amper soos TSW mags  ;D

Ek stem saam met Gerhard van wat ek gelees het sal ek ook vir die 168ge koe?l gaan. En jy kan hom redelik lekker jaag.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
jmb

Re: 7mm STW

Post by jmb »

ja hy is 'n bietjie "bling" maar hy spreek seker maar tot die Brakpan gedeelte van my siel. ;D ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm STW

Post by Wouter Roets »

Johannes
Ek weet Gerard wou dit nie se nie maar probeer maar daai 130gr koeel van hom, dit lyk my hy kan mooi werk. Onthou om vir jou n lekker mooi goue ketting en horlosie te kry! ;D ;D
So 78.4gr S385 met n TPL van 92.7mm behoort ook te werk vir n spoed van 3300ft/sek 61270psi.
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 7mm STW

Post by Monrique (SJ) »

Manne

Ek was Saterdag bietjie in die vallei by jmb. Wat n aangename mens, ons het lekker gesels en hy het my ook sy roere gewys. Die STW het ook uitgekom.  Moet se dat daai roer sommer netjies is.

Dankie jmb

Groetnis
SJ
Post Reply