Page 1 of 2
Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 22, 2010 2:51 pm
by Superdup
Dagse almal!
Ek was die naweek buite die Paarl op 'n plaas en het bietjie gestaar na die opgestopte Bobejaan mannetjie teen die muur (natuurlik terwyl die rugby aan die gang was) en gdink om bietjie vir wenke te snuffel oor hoe mens hierdie goed uit 'n man se Wingerd blokke en vrugte boorde kan hou! Daar was al tot 30 ton 'wyn' druiwe deur die bobejane verwoes tydens een pars seisoen!
Die ligging van die blokke maak dit moelik om te luister of die goed naby is of nie, asook om gou daar te kom!
Is daar enige 'nuwe' of glads 'ou-tyd' se raad wat iemand kan deel?
Ek het verneem dat die Kaapjag manne die naweek 'n kursus gehad het wat hierdie topic aan raak!
Groete
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 22, 2010 3:42 pm
by boeta
Superdup
Vat n vanghok en stel met n ou kossie daar naby die druiwe en as jy een vang,verf hom dan spierwit en los hom dan weer.Verkieslik n ou grote,dan sit jy agteroor en kyk wat gebeur
Boeta
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 22, 2010 3:50 pm
by Dawie
boeta wrote:
................verf hom dan spierwit en los hom dan weer.........
Volgens die aanbieder van die Kaapjag bojaanbeheer aanbieding Saterdag is dit 'n mite....
....Myth Busted....
hy't nog 'n paar mites aangeraak o.a. dat bojaan sy derms uittrek na 'n pensskoot is ook 'n mite.
Kojak
Ps. moenie skiet nie, s? maar net wat ek daar gehoor het

Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 22, 2010 4:21 pm
by baboonstalker
Superdup,
Waar boer jy? Dalk kan ek help.
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 22, 2010 4:22 pm
by jmb
Superdup ek was by die kursus en die beste raad vir die spul lyk my bly maar loodvergiftiging.
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 22, 2010 5:25 pm
by Yalair
verf hom dan spierwit
Dit werk vir so dag of so dan is hy weer terug in trop, dis nou met blou ape, 'n paal oor 'n afgrond soos see saw met ghries op en lekker kossie op punt, lemoen ens werk blykbaar ook
Ben
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Tue Nov 23, 2010 2:23 pm
by Superdup
Ek boer self nie die plaas nie, vriende se plaas! Die Bobejane het ook al 'n hele paar Boerboele verskeur op die plaas!
Ek luister maar net, wil bietjie die mense help met die beheer van die goed!
Dis regtig nie lekker om in daai wingerde in te stap na 'n "party" en te sien hoe dit lyk daar nie!
Ek weet hulle s? mens moet ook nie die groot mannetjie uit die trop uit verwyder nie, dan vat die jonger latte so saam saam weer oor en teel 'n ding laf!
Ek luister maar nog 'n bietjie as daar nog iemand is wat 'n inset of twee sal wil lewer!
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Tue Nov 23, 2010 6:33 pm
by jmb
Die ou wat die kursus aangebied het het gese daai ding van die groot mannetjie is 'n mite.
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Tue Nov 23, 2010 8:34 pm
by Christo
boeta wrote:
Superdup
Vat n vanghok en stel met n ou kossie daar naby die druiwe en as jy een vang,verf hom dan spierwit en los hom dan weer.Verkieslik n ou grote,dan sit jy agteroor en kyk wat gebeur
Boeta
Hier by ons loop hy die volgende dag steeds saam met die trop
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 7:30 am
by boeta
Ok het ook maar net so n storie gehoor,die wat ek gese het kyk wat gebeur.Hier by ons kry hulle maar die nodige loodvergiftigging.Plot boer hier naby my het nogal baie sukses met die vanghok,hulle verniel sy kuilvoer mielies.Wat hy presies in sit vir kos weet ek nie.
Boeta
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 8:09 am
by MEERKAT
Iemand wat groot probleme het met die swartjasse het 'n hokkie gebou (6mx3mx2m) en die troppie eers goed mak gemaak met kossies , later het die outjies self sonder steurnis binne hokkie geeet tot op 'n daggie.Het gese die bou koste van hokkie in verhouding met skade wat hulle gedoen het was irrelevant.
Het blykbaar 94 gevang in kort tydie, toe seker maar in nuwe weiveldjies weer gaan aflaai.
Knou goggas af
MEERKAT
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 8:42 am
by baboonstalker
Mmmm.... Klink my hulle wei nou op die groen gras onder die lang sipresse?
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
by Stefan764
Huur n excavator. Grou n gat op die plaas, so 3m x 3m by 3m diep. Gooi klomp aas in (oopgesnyde pampoene het al gewerk).
Week later stoot jy die "Graf" toe.....
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 8:58 am
by Monrique (SJ)
Meerkat
Daai hok vangery klink goed. Ek het nognie self bob se kind geskiet nie,maar sal graag wil en dink dit kan groot sports wees.
Baboonatalker
So n lekker massa graf vir die bruines.
Groetnis
SJ
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 9:01 am
by Stefan764
SJ wrote:
Baboonatalker
Kan die man nie sommer met die bobbos PRAAT en hulle mooi vra om te loop nie??

Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 9:35 am
by baboonstalker
Ja Stefan, Ek "praat" so met hulle, en daar waar ek gepraat het luister hulle nou BAIE mooi! Die manne oes nou waar daar ander jare nie te oes was nie.
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 10:33 am
by Monrique (SJ)
O tos sorry Baboonstalker! Hopelik kan ek ook met hulle praat deur middel van n 'bang,doep' geluid.
Groetnis
SJ
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Nov 24, 2010 11:07 am
by Chris101
Superdup
Daars net een manier wat werk.
HOKKE
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Sat Nov 27, 2010 3:36 pm
by molopohunter
Ons vang ook maar met hokke, veral die tyd van die jaar waneer geplant word. Sit die hokke waar hulle uit die bos na die lande/wingerde loop. Ons het die laaste 2 weke 10 so gekry met 4 hokke, en dan ry ek baie rond wat ek net die lood medisyne uitryk...sommer so verniet soos die staat pille uitryk by die kliniek.
Ek vind dat hulle n roete en roetine hier het, maar raak vinnig wild vir n bakkie.
Oefen daai lang afstand skote maar.
Sterkte.
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Wed Dec 01, 2010 3:36 am
by Monrique (SJ)
Superdup
Laat weet my wanneer jy wil oes van die peste, ek is in!!
Groetnis
SJ
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Thu Dec 02, 2010 3:00 pm
by Superdup
Regso maat
Sal jou laat weet, hulle net bietjie besig nou met die pruime!
Groete
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Nov 07, 2011 11:08 am
by Francois Briedenhann
Middag manne.
Ek het n video op YouTune gesien waar n paar(hele)paar manne by mekaar kom dis n sekere bobejaan groep wat hulle skiet hulle het hier in die kalahari ook al geskiet hulle jaag die bobbos in die berge in dan sit al daai manne om daai berg en skiet sal weer biekie soek en die video hier plaas.Daar is nommers ook wat jy kan kontak.
Gooi lood hou hom net vani grond af.
Groete FB
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Sat Nov 12, 2011 3:24 pm
by grumpy
Praat sovan die pruime, word daar pruim mampoer ook aangestuur as ons die adres verskaf?

Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Sun Mar 22, 2015 8:13 pm
by 5079fpw086
Ek soek planne om n hok te bou om bobbejane te vang. Kan iemand help.
Re: Bobejaan beheer: Voorbereiding voor pars tyd!
Posted: Mon Mar 23, 2015 11:50 am
by prohunt
Yalair wrote:verf hom dan spierwit
Dit werk vir so dag of so dan is hy weer terug in trop, dis nou met blou ape, 'n paal oor 'n afgrond soos see saw met ghries op en lekker kossie op punt, lemoen ens werk blykbaar ook
Ben
Hallo Ben,
Solank ek nie die ou moet wees wat daai lemoen op die punt van die paal moet gaan vervang nie