Blesbok 514 Yards

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Blesbok 514 Yards

Post by jaracal »

Hier is 'n video wat ek gemaak het van 'n 514yards skoot op 'n blesbok. Dit is geskiet met 'n 7x64 met 'n 139gr hornady punt. Hoe voel julle oor die etiek daarvan. Dit raak riskant as jy nie gewoond is om op langafstande te skiet nie veral met 'n bietjie wind. Laat my weet!!!
Last edited by jaracal on Fri Dec 19, 2008 5:02 am, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blesbok 514 Yards

Post by JACQUES BOTHA »

DIS DAREM NIE DIE REEL NIE AL IS JY HOE GOEIE SKUT ...... BEHALWE AS JY BESONDER BEGAAFD IS OF AS JY JOU RANGEFINDER BY JOU HET EN DIE KLIEKSTABEL OP JOU GEWEER GEPLAK HET EN DAN MOET JY DAREM WEET AS DAAR N BRIESIE IS,,,,, GAAN DIT N OEPS SKOOT WEES EN DAN WEET ONS N BLESBOK KAN NOGAL SO RUKKIE DRAF AS HY LUS IS....
Shoot straight and tell the truth!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by johan »

Hein

Verduidelik ons bietjie hoe die sport werk mbt:
rangefinders
afstandtabelle
Grade op en af
Windlees
Tempratuur
mirage
Punt BC
Kalber voorkeur
tipe telleskoop
en al die ander goeters daarmee saam


  johan..................miskien kan ks jou bystaan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by jaracal »

Johan
Ek het self nou eers begin. Ek kies maar my dae uit om die soort ding te doen, minste wind, nie warm ens. Ek kan wel se dat ek eers veld toe is nadat ek skoot vir skoot 'n A4 bladsy regop(portrait) op 500m kon raakskiet. Dit is om die rede dat ek die 300wsm wil laat bou, om die 220-250gr punte. Goeie bc ens. Jy moet ook die trajek prakties toets teenoor die ballistiese program ens. Daarna is dit einlik net 'n steady hand as daar nie te veel ander invloede is nie.

Sal later met verloop van tyd 'n goeie verslag vir jou op die forum skryf. Nogal pret om te sien hoe val 'n bobbejaan of jakkals oor die 400m.

Good Hunting
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blesbok 514 Yards

Post by JACQUES BOTHA »

johan:
as jy daai laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaannnnnnnnnnnnnnnnggggggggggg gooie gooi is daar nog een faktor,,,,, geluk....
dat jy die wind reg gelees het en regte aantal klieks gestel het, of  die regte kruishaar op jou teleskoop of mildit gebruik het of as jy net n enkel kruishaar het, jy reg geraai het vir die aanpas ....
ek dink  die val van n blesbok is oor n lang afstand as daai projektiel die kop tref bly nogal uitstaan vir my as heerlik. n blesbok val net so lekker ...
maar hy kwes ook lekker hoor,, en ek het al heelwat gekwes hoor.....
Hein:
n bobbejaan val nou eers frikken lekker as hulle daar by die 500m ophou hardloop en gaan sit op n klip om KOBAAI te skree en skielik dop daai mannetjie hier langs hulle om....
ek het hulle al met die 22-250 omgedop en met die 25-nul kwes , ,maar met die 308 is dit baie lekker omdat dit so tydjie vat en die teleskoop mooi terug kom in die oorspronlike possisie as daai punt die ondier tref......(in die dag)...
maar ek skiet nog steeds meer skote raak op 200 tot 250 as op 450 tot 600m ...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Kopskoot 1 WP
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by Kopskoot 1 WP »

Johan

Ek sien ek word nou gevra om Hein by te staan met die tegniek en fynere punte vir die 500m skote (raak skote) en dan moet ek s? dat ek my naam waarskynlik moet aanpas na Kopskoot 1 WP < 400M,  want ek het nog nie sulke skote geskiet nie.  Onder gunstige omstandighede sal ek dit probeer,  mits ek op my maag l? met rustige bokke en 'n goeie nag se rus. 

Ek het met my kort blootstelling aan die forum gelees van manne wat wye skote skiet en ek respekteer die wie hul shots kan call op die afstande.  Dit is soos dubbel 20,  trip 7,  dubbel 20 in 'n dart game,  eenvoudig,  maar nie so maklik nie. 

Ons praat gewoonlik van sub min skote op 100m wat drie skote in 25mm is.  Om dit te kan behaal s? die ghoeroes dat jy as skut seker moet maak dat jy die loop/geweer,  minder as 0.016 grade moet beweeg,  anders is die skoot buite die 25mm.  Nou 0,016 is 'n knip van 'n oog,  op 200m is dit 0,008 en 400m is dit 0,004,  maw 'n agste van 'n kiem se tongvel,  so die ouens wie skote kan call op 500m+ kopskote,  julle skiet of baie goed,  of julle vertel waarskynlik nie hoeveel doppies en bekskote julle in die proses maak nie. 

Maaaaaar,  ek stem vir die ou wat 'n vleisvreter op 750m op die blad probeer platskiet,  al is dit met 'n 303,  hy moet net nie so compensate dat die punt, as die briesie gaan l?,  agter hom val nie. 

Kopskoot 1 WP <400m
Heelwat Skietgoed & 'n paar Land Rovers wat baie olie lek! ;D
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by Caller »

H?????jtsa

Viva vir die Kopdokters met die meerkat gewere.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blesbok 514 Yards

Post by JACQUES BOTHA »

kopdokter... as jy as n reel daai lang skote wil begin skiet moet jy jou kop laat dokter.....
watse program gebruik julle om ballistics uit te werk.. ek is maar  nog by oom swen se  PCB BALLITICS  DIS verniet en dit gee my darem n aanduiding van wat sal waar gebeur...
ek het nog nooit met n rangefinder gejag nie (gebrek aan ekonomiese  hulpbronne natuurlik)
Gebruik julle die kliekskaart of gebruik julle die kruishare of mildots.. ;D ;D ;D ;D ;D
Shoot straight and tell the truth!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by johan »

KS
Dis waar ons verskil le,jy berei jou voor met n goeie nagrus,rig jou gerieflik in op jou maag met n lekker dooierus en n spotter met sy rangefinder,op n mooiweers windstil dag.Met n koue coke.
Jy het tabelle wat jy uitgewerk het wat presies se hoe hoog of laag die geweer waar skiet,jou spotter roep die afstand,julle stel die scope,jy vat jou tyd mooi en druk die skoot af en siedaar! sukses!

Raait,my storie loop so,no1 die trok moet vol(as hy na aan vol is,moet hy aflaai en weer vol kom)Ek is moeg en oogseer,het die laaste 4 nagte gewerk en bedags min geslaap(10vm kooi toe en 5nm op)My spotter is my ligman(die kry koud en sy oe is vol stof)Die kinders skiet muisvoels met my liaca rangefinder by die huis.In die istencape waai die wind nou amper elke nag.My 223 skiet 30mm hoog op 100,die res weet ek hoe om te mik dat die bok val,maar ek weet nie in mm H of L op soveel m nie(daars nie tyd om te range nie,daars nog 2ander jeeps wat saam skiet,en Waldo en Gerrit laat nie op hulle wag nie)My geweer het 200 skote vannag geskiet,ek het die loop al met water afgekoel,my silenser gooi sulke rooi vonke uit(carbon wat loskom) Ek word per kg betaal,en die nag is net so lank.

Die bok is of binne skietafstand of te ver,JY moet besluit,skiet of los,as jy kwes,start, loop skiet(sukkel)dood,  en hoop as jy die bok kwes,dat daar nie alreeds 3 of4 platgeskiet is nie(200 van jou af,2voor,1regs,1skuins regs in die lang gras :o) Terwyl jy nou die kwesbok inry,kry een van die dooie bokke weer lewe,en die jeep is effe swaar en topheavy met 46bokke op,jy kry die idee?

Die langafstand atlete se roere moet ook baie beter as 1min kan skiet,1min op 500 is 125mm=5duim heeltemal onvoldoende
Ek is nie n langafstand man nie( nog nie) MAAR ek respekteer ander wat dit wel doen en soos jy eerlik kan se,ek het nog nie n bok verloor nie.Soos jy kan sien kan geen mens onder die toestande laaang skote waag nie.

Jou vriend die roerder  johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by jaracal »

Johan
Jy het alles presies reg gese. As ek vir die lang skote gaan sorg ek dat die omstandighede reg is, dit is onverantwoordelik om op laaaang afstande te skiet as die toestande nie gunstig is nie. Die bokke word te maklik gekwes en dit is tog nie waaroor jag gaan nie. Die bok moet so vinnig as moontlik en pynloos gedood word.

Die voordeel as jy jou geweer en die tabelle ken en al op daardie afstande geskiet het, is dit makliker om 'n kwesbok van 'n klient uit te haal. Kwes met kliente gebeur vinnig. Die adrenalien loop hoog en "pullstart" van 'n gun is die inding. Dan is dit lekker om te weet jy kan. ;)
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dirk

Re: Blesbok 514 Yards

Post by Dirk »

Ek jag met n Toy outa hoef nie so ver te skiet nie, want ek kan ry tot by die bok
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by johan »

Dirk
Welkom hier by ons,ons manne wag al baie lank vir jou,jys amper soos David Matys ;D
Ek weet van beter en het self ervaar hoe jy n koedoebul op langafstand n kopskoot gegee het van die krans af :o
Hoop om meer van jou insette te sien.

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blesbok 514 Yards

Post by JACQUES BOTHA »

DIRK
Met huidige branstof pryse is dit goedkoper om ver te skiet as ver te ry...

As ons terugkom na die skoot..dis nie enige iemand met enige geweer wat dit moet probeer nie.
Jy moet glo in jouself en aan jou equipment..en etiek daaraan is daar geen probleem nie...
Jy mag dit doen  as jy kan  en weet wat jy doen omdat jy dit al gedoen het en gesien het waartoe jy en jou roer instaat is..
So doen dit as jy weet jy kan en nie omdat jy dink jy kan nie.....
toets en skiet maar eers n paar papier bokke  op daai afstand  en" dan sit jy die tyre teen die teer en gaan doen dit in die veld "....
en as jy terugkom maak jy soos n vriend van my altyd in sy epos se: SHOOT STRAIGHT AND TELL THE TRUTH.... Video kan nie lieg nie...en die gps loop nie kort treetjies en draaie as jy aftsand meet nie...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blesbok 514 Yards

Post by JACQUES BOTHA »

teikens waarn geskiet word  by jaggeweer skiet sport. nooit verde as 350 meter nie.
Targets       


http://www.sahuntingrifle.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=17&Itemid=30



 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by Christo »

Hallo manne

Ek het ook 'n 7x64 maar ek wil eerder daai man se geweer h?, dan kan ek nie die geweer die skuld gee nie. Ek het al oorweeg om 'n .50 Barrett te kry vir daardie skote, maar kan nie dink hoe die jagfoto's sal lyk nie.

Dit is 'n plesier om die forum te lees.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
charles

Re: Blesbok 514 Yards

Post by charles »

Aan al die slim mense: Wat is die beste langafstand geweer/kaliber waarmee n mens in Die RSA mee kan jag en op watse aksie sal julle dit sit? Hoe lang loop?Projektiel/punt?  Is jaar iets beter as n 338Lapua? Kan mens met 20gr kruit minder beter doen as die 338Lapua?
tafjak

Re: Blesbok 514 Yards

Post by tafjak »

Jong is daai 338 nie n overkill nie?Skop daai ding nie n scope stukkend nie?
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by johan »

Taffie
Ek stem saam die 338 klink my ook na n roer wat hom van sy eienaar kan vervreem agv recoil en muzzel blast om van die ore nie eers te praat nie :o
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Blesbok 514 Yards

Post by tafjak »

Johan en Charlie

Jong voor julle met 338's deurmekaar raak moet julle maar eers mooi dink. Ek weet jare gelede het my pa my ges? dat "magnum" maar eintlik net vir GROOTGERAAS staan.

So 2jaar gelede skiet 'n neef van my die 338's skoon stil met 'n 30-30 Marlin. Na 4 skote (338 Win Mag) toe lyk dit of so jong koedoebul net petrol kry en toe moes so wynverkoelde aanjaer die bul teen 'n grensdraad gaan keelaf sny. Die volgende voorsit skiet die 30-30 'n groter bul een skoot en ek glo nie die koedoe het 30 meter gehaal toe hy morsdood slaan nie. Skootplasing was nie 'n kwessie nie, al2 was nogal op dieselfde plek agter die blad geskiet.

As die 338 beter is met meer lood sal ek die neef met die cowboy-roer nou moet verbied om verder te jag.

Taffie
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by Kruger »

Geen kaliber kan van 'n swak skut 'n goeie jagter/skut maak nie. 'n Klein koeeltjie wat op die regte plek land het 'n groter effek as 'n groot koeel wat mis is. Ek het self groot 'n groter kaliber geweer en as hy jou eers seergemaak het is jy onbewustelik skrikkerig vir enige geweer.

As jy grootkaliber moet skiet, bou hom- of maak hom so swaar as moontlik. Jy pluk 'n skoot baie moeiliker met 'n swaar geweer en hy skop baie minder. Persoonlik hou ek gelukkig ook van 'n swaar geweer en die meeste van my gewere het loodstawe in die kolf en/of in die voorlaai om steeds balans te behou. Ek het 'n Sauer 90 30-06 wat harder skop as my 375 en dit gaan net oor gewig van die geweer en kolf vorm. Ons moet ook onthou dat daardie groter ysters nie eintlik bedoel wat om agter eenvolgens vele "pinpoint" skote per nag te skiet nie. Vir jakkalsskiet sou ek die 25-06 as maks beskou anders kan bogenoemde 'n probleem begin raak. Toegegee, sommige mense is minder skop sensitief as ander, so ons kan nie veralgemeen nie.

Ek het lank silhouette geskiet en menige manne het op pret dae met hulle groot magnums gekom om ons wat met 308's skiet te wys hoe word dit eintlik gedoen en dan kom hulle name nie eers op die bord nie. Moral of the story is, ken jou geweer, ken sy trajek, wees gemaklik en moenie bang wees vir die skoot nie. Dan is jou kanse goed dat daar 'n gaatjie op die regte plek sal wees, eerder as 'n groot gat is die grond iewers naby jou teiken.
Winners never quit - Quitters never win.
tafjak

Re: Blesbok 514 Yards

Post by tafjak »

M?re Kruger

Lekker re?n gehad? Gister daar by jou verby. Jong die storie oor die Magnum en 338 is weer om die ouens aan die praat te kry, jy ken my tog en weet dat ek maar 'n gevaarlike geweerkenner is. :D

Hier by Johan en gaan maar probeer om so paar jakkalse te skiet .

Groetnis en laat weet van die re?n.

Taffie
Last edited by tafjak on Sun Feb 15, 2009 11:04 am, edited 1 time in total.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by Kruger »

Hallo ou Tafman. Ja man ons het reen gehad, maar ons kort nog baie. Sommiges sal dit seker wil afmaak as toevallig, maar laas Vrydag het ons n biddag vir reen gehad. Saterdag het dit begin reen, sommige plekke met tot 3 duim tot hede. Toevallig.....?  Ons Vader luister!!

Jou bed is opgemaak vir die kursus Taffie, Groete
Winners never quit - Quitters never win.
charles

KONING VAN VERSKIETER GEWERE

Post by charles »

Die Kaapse Cobra (338 Umfezi)
Springbok 428m kopskoot genomineer afstand gemeet Swarovski 8x30 Laser Guide
Was besig met ladings uit werk 215 Sierra Game King het nog gefireform
2 Getuies Die Dokter Keelspesialis en broer Koos van DeAar
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Blesbok 514 Yards

Post by MEERKAT »

Dis baie duidelik hier is mense op die forum wat 'n voorliefde het vir pyn.

Gebruik net pie shooters.

Van die groter ketties wie gee die meeste pyn, wil ook liefde ontwikkel vir pyn.
MEERKAT
krippel2

Re: Blesbok 514 Yards

Post by krippel2 »

Nee wat ek haal my hoed af vir enige iemand wat daai afstand skiet.....dis nie ver nie dis moer ver! Ek dink dit gaan oor vertroue in jouself en jou roer en natuurlik hoe goed jy jou geweer ken. As jy dit nie het nie dan het jy dit nie, en daai lang skote kan 'n goeie man se vertroue gou knak. Ek het self gemaklik geskiet op afstande van 300m - 350m, een skoot het dit verander. Ek het 2 jaar laas met daai .30-06 gejag, begin nou eers weer vertroue in hom kry. Het in tussen tyd met .222 gaan jag en niks verder as 200m geskiet. Die .30-06 word nou ingespan om jakkalse te skiet om die vertroue weer terug te kry. As jy jouself vertrou op daai afstand go for it!
Post Reply