Page 1 of 1

Grond Huur

Posted: Fri Aug 16, 2013 4:15 pm
by Hardyman
Middag Almal,

Ek het bietjie op die forum rond gesoek na inligting oor die huur van grond. Dit wil vir my voorkom of dit oor die algemeen skaars is. Ek soek grond om skaap aan te hou en dalk n paar hektaar se kontant gewasse te plant. Dit sal nie my hoof bron van inkomste wees nie, maar eerder vir n ietsie ekstra gebruik word. Ek het n paar vrae.

1. Is dit enigsins die moeite werd om grond te huur?
2. Is daar huur grond in die Wes Kaap area beskikbaar?
3. Wat is die gemiddelde tarief vir huur grond?
4. Indien mens n huur kontrak sou sluit waarvoor moet n mens versigtig wees?

Groetnis

Re: Grond Huur

Posted: Fri Aug 16, 2013 7:26 pm
by johans
as jy moet gaan skaap koop vir die grond is dit moeilik,behalwe as jy die grond goedkoop te huur kan kry

Re: Grond Huur

Posted: Sat Aug 17, 2013 1:54 am
by vossie1
Ek het al self n lappie grond gesoek om te huur vir die doel,ma in ons area is dit maar skaars en dan moet jy ook maar aan die aledaagse realiteit van diefstal en vandalisme dink as jy nie self op die grond gaan bly nie.

Re: Grond Huur

Posted: Mon Aug 19, 2013 8:42 am
by Hardyman
Vossie,

Dit wil vir my voorkom of huur grond hier in die Weskaap skaarser as hoender tande is. Hopelik kom my skippie eendag in en kan ek dan maar n lappie van my eie koop.

Groetnis

Re: Grond Huur

Posted: Mon Aug 19, 2013 8:47 am
by Eugene
Hardyman, ek kan jou nie help met die tariewe nie, maar wel met aspekte waarvoor jy moet uitkyk.
Die volgende is belangrik as jy 'n huurooreenkoms aangaan:
1. Die tydperk van die huur;
2. Die bedrag per hektaar;
3. Die rakrag van die grond (of hoeveelheid vee eenhede wat jy mag aanhou);
4. Wat jy ekstra daar mag doen, bv, kamp, houtsny, werkers wat daar mag bly, jag, skiet van probleemdiere, ens.
5. Wat gebeur as die grond verkoop word;
6. Wat gebeur as die verhuurder sou sterf of insolvent raak;
7. Wat gebeur as die weiding sou afbrand of in geval van vloede, ens;
8. Hernuwing van die ooreenkoms.

Hoop dit help!

Re: Grond Huur

Posted: Tue Aug 20, 2013 9:03 am
by Capt. Yoda
Hardyman dit hang baie van die reen af sal ek se.
As dit baie reen en da is gras (of Mielies) dan is huur grond beskikbaar maar as die reen weg bly sukkel jy en as jy huur by n boer en da is nie reen nie kyk ha na jou soos n plakker.
Soos Vossie ook gese het skaap is n moeilike ding om op huur grond te laat loop.As n man nie naby skaap is nie kan hulle baie vinnig min raak.
Hoe se die "oumense" ver van jou goed naby aan jou skade

Re: Grond Huur

Posted: Tue Aug 20, 2013 10:36 am
by Dawie
Jy kan skaap ook huur..."sheep leasing"

Dis appart van die grond, jy betaal gewoonlik vir grond 'n bedrag per ooi wat jy kan aanhou.

My broer huur 'n paar stukke grond by, sal bietjie uitvind wat die bedrae is.


Ps. Dis baie goedkoper en ekonomieser om 'n plaas te huur as om te koop.

Re: Grond Huur

Posted: Tue Aug 20, 2013 10:38 am
by Hardyman
Dankie Dawie,

Ek het al gehoor daarvan maar is skrikkerig vir dit want nie al die stories was goed nie.

Re: Grond Huur

Posted: Sun Mar 30, 2014 3:58 pm
by peter
Ek het grond beskikbaar vir ongeveer 500 skaap in die roggeveld tussen matjiesfontein en Sutherland daar is ook grond vir lusern
kontak my 023 0040510

Re: Grond Huur

Posted: Sun Mar 30, 2014 7:14 pm
by PWV
Hardyman wrote:Dankie Dawie,

Ek het al gehoor daarvan maar is skrikkerig vir dit want nie al die stories was goed nie.
Hardyman

My gryskop se vir my daar is baie ander maniere om van jou geld ontslae te raak, as jy te veel het. ???

Groetnis

Re: Grond Huur

Posted: Mon Mar 31, 2014 10:14 am
by bush hat
Ek hoor mens kan 'n klein fortuin uit skaap boerdery maak !

Dit gaan jou egter 'n groot fortuin kos om mee te begin !
LOL

Re: Grond Huur

Posted: Tue Apr 01, 2014 1:35 am
by stan man
mater ,sterkte.
luister wat eugene te vertel het, hy werk met die soort goed.
huur grond is n pes. skape is n risiko.jy moet n klomp skaap he om dit lewensvatbaar te maak.
as jy sou wou huur kyk na n plaas waar jy voer kan plant en dit bemark. by dit bedoel ek dinge soos teff en lusern ens. daarna begin met n ou beesie of twee of drie en twintig. as jy regtig n liefde het vir skaap, sorg dat jy die regte spesie vir die omgewing koop. en nog belanriker, sorg dat jou skape snags veilig is. my skapies slaap in n kraal wat n ekstra omheining het wat gemaak is van lemmetjies draad. ek het nog net geskiet op die jakkalse wat blou oorpakke dra.

en om vadersnaam, bly weg van grond wat naby aan ons ongebleikte ''broers'' se nedersettings is. dit is ongelukkig die goedkoper huurgrond,maar ongelukkig met n rede !!!!!!!

sterkte.
ek hoop jy kom reg.

dit is darem maar lekker om met 10 skapies te begin en as jy weer tel dan het jy te veel.
vra my ek weet!!

Re: Grond Huur

Posted: Tue Apr 01, 2014 9:38 pm
by Dawie
Het my broer gevra wat hy betaal, dis rofweg R15.00 per skaap per maand vir die grond.

Een van die plekke wat hy op die oomblik huur gaan hy opgee Augustus, dis so 4000ha groot, dis tussen Laingsburg en Sutherland