Voorkeur "objective" lens grootte

Post Reply
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Voorkeur "objective" lens grootte

Post by Sako75 »

Vriende,

Ek hoor graag hulle mening rondom die voor en nadele van teleskope met groter of klein "objective" lense?  Meer spesifiek stel ek belang in 'n teleskoop om op my "groot meneer" (9,3x74) te monteer en wonder nou oor die opsies.  1). 1,5-6x42 (1de focal plane kruis) of 2.) 1-8x24 (2de focal plane kruis).

Die faktore wat ek in ag neem is:
1.) Genoeg lig deurlating om onder lae lig toestande goed te kan funksioneer (dis nou waar die "objective" lens inkom en seker 'n 30mm buis?)
2.) Kruis in 2de focal plane sodat hy nie te dun op lae vergroting en te dik op hoe vegroting is nie.
3.) Estetika (Hy moet darrem ook mooi lyk)
4.) My ongeluk is dat ek 'n versameling het en een "brand" teleskoop op al my gewere het wat my nie die luuksheid gee maklik (of sonder vrek goeie rede) te skuif nie?

Dankie!
Last edited by Sako75 on Sat Nov 13, 2010 8:10 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Post Reply