Ronde of vierkantige gongs?

Post Reply
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Ronde of vierkantige gongs?

Post by junglejulian »

Kan julle manne vir my help asb.

Verkies jul ronde of vierkantige gongs en Hoekom?
Is dit net vir Estetiese redes of help die ronde gongs vir sekere kruishare?

Ek het onlangs vir my n klomp gongs van n stuk 'offcut' VRN 500 gesny.Dit was alles 100mm;150mm;200mm Ronde gongs.Ek het dit laat plasmacut op n masjien wat die plaat so uitwerk dat ek minimale oorskiet materiaal het maar nog steeds was daar nog baie gemors agv die uitvalshoekies.Teen omtrent R5000 per plaat is dit duur ooskiet.

Ek wil volgende keer miskien vierkantige of reghoekige gongs laat sny.

Ek luister graag by die radio.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by PWV »

Julian
Waarom skiet 'n mens ghongs? Ek skat dit is om jou vermoë te toets op korter en langer afstande en op 'n teiken van 'n sekere grootte - gedagtig aan die "vitals" van die bok wat jy eendag gaan skiet.
So, ek sou sê die ronde ghong is nader aan die werklike as 'n reghoekinge of vierkantige.

Maar my 2c.

Groetnis
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by Christo »

Die middel van 'n ronde gong is ewe ver van al die kante af. As jy die kol met wat ook al mis mis jy die ronde gong, maar kan jy dalk 'n hoek op 'n vierkantige steeds tref.

Of hoe?
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by LongWolf »

Ek kan verstaan as jy nie wil mors met die koste van die plaat nie.

Hier is my 2c.

Ek vat my gongs en gooi n dik laag fyn sout en maak dit nat met asyn, dan vir 3 weke maak ek dit net met n bietjie water nat elke dag.
Na die 3 weke het die gong se gesig n mooi roes laag op, ek vat dan gewone wit pva en verf die gesig en dan spuitverf ek n kol van 2 en n driekwart duim vir die hart.

Dit wys dan elke skoot op die gong, so jy kan na die tyd mooi na jou resultate kyk.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by mariusr »

Dis nou slim een! Al gewonder hoekom manholes ook altyd rond is!? Dis omdat die ronde deksel nie deur die gat kan val nie!! Alle ander vorms val deur sy eie gat!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by cassie_calvinia »

ag nee wat, 'n gong is 'n gong.
myne sny ek sommer uit die naaste ploegskaar, of dik yster wat ek kry. reghoekig, langwerpig, drie hoekig, dit leer jou aanpas. veral hou ek van 3 hoekig.
HOU HOM DAAI DIKTE
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by PWV »

cassie_calvinia wrote:ag nee wat, 'n gong is 'n gong.
myne sny ek sommer uit die naaste ploegskaar, of dik yster wat ek kry. reghoekig, langwerpig, drie hoekig, dit leer jou aanpas. veral hou ek van 3 hoekig.
Cassie, try een met 'n gat in die middel. As die ghong nie raas nie, kan jy se jy het deur die gat in die middel geskiet! ::) ::)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by cassie_calvinia »

haha oom...een stuk ploegskaar het 1 gehad!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by RUPERT »

Dom vraag.Laat skiet bane jou toe om gong te skiet op die baan of is dit nou net weer vir n man wat sy uie plaas het
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by BRNO (Pierre) »

RUPERT wrote:Dom vraag.Laat skiet bane jou toe om gong te skiet op die baan of is dit nou net weer vir n man wat sy uie plaas het
Ek vat gereeld my gonge na Blue gum. Maak net seker dat jy dit nie op n sfatand van nader as 150m - 200m skiet nie
Veiligheid eerste manne!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2174
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by Johan Nel »

JJ,
Die oppervlakte van 'n ronde gong van bv 10cm in deursnee is groter as 'n vierkantige gong met 10cm sye.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by 243Songdaug »

Jungle.

Christo se verduideliking hierbo is reg. Dis totaal en al jou keuse watter vorm jy jou gonge maak.

Gonge word baie keer van afvalstukke plaat gemaak wat oorbly as die manne flense sny en soos jy weet kan man nie veel met die ronde stukkie oorskiet maak nie.(Persoonlik dink ek dat die heelmoontlik die oorsprong van die 1ste gonge was - rond lyk mos net mooi?)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by Cobus(Cobb) »

Johan Nel wrote:JJ,
Die oppervlakte van 'n ronde gong van bv 10cm in deursnee is groter as 'n vierkantige gong met 10cm sye.
10cm ronde gong het oppervlak van 78.5cm2 en 10cm vierkant gong het oppervlak van 100cm2...dus is ronde gong kleiner
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2174
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by Johan Nel »

Cobus(Cobb) wrote:
Johan Nel wrote:JJ,
Die oppervlakte van 'n ronde gong van bv 10cm in deursnee is groter as 'n vierkantige gong met 10cm sye.
10cm ronde gong het oppervlak van 78.5cm2 en 10cm vierkant gong het oppervlak van 100cm2...dus is ronde gong kleiner
Cobus,
Jy is reg, ek het dit verkeerd om. Eenvoudig gestel sal die sirkel in die vierkant pas.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by musgrave270 »

Ek het altyd gedog mens skiet op 'n gong net op lang afstande sodat mens kan hoor as jy die teiken raakskiet. Dit gaan nie noodwendig daaroor of die middel van die gong raakgeskiet is nie, maar meer oor die feit dat jy die gong met die area van die bok se vitals raakgeskiet het soos Oom Pieter hier bo genoem het. Maar as jy die gong mis, wat dan? Hoe weet jy waar jou punt getref het? As jy bv. 'n vierkantige plaat met sykante van 150mm het, verf dan 'n 100mm deursnee kol op die plaat. Op die manier kan jy ten minste sien hoe ver jy van teiken af is en bepaal of dit die wind is en of jy net nie reg aanlê nie. As mens nie gewoond is aan langafstand skote nie, soos ek, help dit nogal.

Groete
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by Cobus(Cobb) »

Ek sal weer dun plaat of karton agter die gong vassit...as jy dan die gong misskiet, kan jy steeds vorentoe loop en jou groep op die dun plaat staal sien en jou aanpassing maak.
Tog sal die gong nie lui nie en jy sal weet dis mis.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Ronde of vierkantige gongs?

Post by Piet Breedt »

Mens skiet n ronde gong baie maklikker mis as n vierkantige een, aangesien jou afstand en wind lees presies reg moet wees. As jy net 2" laag van middel skiet, is die area wat jy na links en regs kan raakskiet sommer baie kleiner. Dieselfde geld dan vir die wind afwyking.

As jy op n viekantige gong 2" laag skiet, is die area wat jy kan raakskiet na links en regs presies dieselfde as wat jy die gong in die middel sou raakskiet.
Post Reply