Page 1 of 1
6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 3:46 pm
by foxripper
Het laasweek Donderdag die outjie gehaak.
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 3:47 pm
by DWB
Sjoe, baie geluk! Mooi vis!
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 3:49 pm
by FHM
Liewwe Donr dis n mooi vis Fox!
Dis een van my drome om nog so meneer tiervis daar Noord uit te haal, het nog nie een gevang nie - wil sommer formalien saamvat en hom net daar spuit - hy moet gemount word.
Baie geluk!
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 3:50 pm
by stan man
jou gelukkige b@#$%#$^$m !!! die meeste van ons droom net daarvan om so n tier te kan hak.
baie geluk met n mooi vangs. waar het jy die kerel raak gedryf ?
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 3:51 pm
by Piet Pille
Liewe Ouers Foxripper!!
Baie netjies! Lyk soos op die Kavango?
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:04 pm
by henried
Baie geluk, dis 'n bus!
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:09 pm
by foxripper
Ja dankie, ek was omtrent windgat na die tyd, moet se die brannas en Jagermeisters het mooi geloop daarna..

Zambezi..was op vir n besigheids trip Katima toe en het gou die namiddag vir so 2ure op n boot uit gegaan en ons was oppad om die boot te park toe vat hy.
Ons het nie n maatband gehad om te meet maar net n skaal en toe trek hy die skaal op 5.98kg. Kon ongelukkig nie oor my hart kry om hom te hou nie en het hom weer laat gaan, alhoewel ons lank gesukkel het om hom weer aan die gang te kry want hy het homself halfvrek baklei.
Die taxidermis het gese hul sal vir my soortgelyke een kan opstop maar ek het nie die sizes nie. Hul sal maar werk op die kg en dit wat hul op die foto sien.
Het een van julle nie n "photoshop tool" wat mens dalk daai vis op een of ander manier kan meet nie?
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:11 pm
by savage(P Coetzer)
Was dit by Island View?
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:16 pm
by foxripper
Savage, ja, hoe weet jy?
Was jy ook daar toe die windgat ou van die water af gekom het?
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:23 pm
by savage(P Coetzer)
Hahaha, ek het self al n paar dae daarso spandeer.
David was ons skipper gewees.
Mens kan jouself lelik kwes by daai plekkie.
Vriende van my was nou so 4 weke terug daar gewees maar die grootste tier wat uitgekom het was bietjie oor die 4kg.
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:32 pm
by Piet Pille
foxripper wrote:Ja dankie, ek was omtrent windgat na die tyd, moet se die brannas en Jagermeisters het mooi geloop daarna..

Zambezi..was op vir n besigheids trip Katima toe en het gou die namiddag vir so 2ure op n boot uit gegaan en ons was oppad om die boot te park toe vat hy.
Ons het nie n maatband gehad om te meet maar net n skaal en toe trek hy die skaal op 5.98kg. Kon ongelukkig nie oor my hart kry om hom te hou nie en het hom weer laat gaan, alhoewel ons lank gesukkel het om hom weer aan die gang te kry want hy het homself halfvrek baklei.
Die taxidermis het gese hul sal vir my soortgelyke een kan opstop maar ek het nie die sizes nie. Hul sal maar werk op die kg en dit wat hul op die foto sien.
Het een van julle nie n "photoshop tool" wat mens dalk daai vis op een of ander manier kan meet nie?
Dis jammer jy't hom nie 'n maand later daar gevang tydens die Zambezi Classic nie- dan was jy in die World Cup!
op wat het jy hom gevang?
Re: 6kg Tiervis
Posted: Wed Jul 31, 2013 4:37 pm
by foxripper
Groen Fire Tiger Rapala..het so 2maande terug toe ek ook daar bo was n 2kg een gevang met dieselfde rapala en vreeslik baie pick-ups gehad op daai rapala..die rapala lyk al sleg soos die tiere hom gebyt het maar hy werk..