6kg Tiervis

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

6kg Tiervis

Post by foxripper »

Het laasweek Donderdag die outjie gehaak.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 6kg Tiervis

Post by DWB »

Sjoe, baie geluk! Mooi vis!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by FHM »

Liewwe Donr dis n mooi vis Fox! :):
Dis een van my drome om nog so meneer tiervis daar Noord uit te haal, het nog nie een gevang nie - wil sommer formalien saamvat en hom net daar spuit - hy moet gemount word. ;)

Baie geluk!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
stan man

Re: 6kg Tiervis

Post by stan man »

jou gelukkige b@#$%#$^$m !!! die meeste van ons droom net daarvan om so n tier te kan hak.
baie geluk met n mooi vangs. waar het jy die kerel raak gedryf ?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by Piet Pille »

Liewe Ouers Foxripper!! :o :):
Baie netjies! Lyk soos op die Kavango?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by henried »

Baie geluk, dis 'n bus!
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by foxripper »

Ja dankie, ek was omtrent windgat na die tyd, moet se die brannas en Jagermeisters het mooi geloop daarna.. :)
Zambezi..was op vir n besigheids trip Katima toe en het gou die namiddag vir so 2ure op n boot uit gegaan en ons was oppad om die boot te park toe vat hy.

Ons het nie n maatband gehad om te meet maar net n skaal en toe trek hy die skaal op 5.98kg. Kon ongelukkig nie oor my hart kry om hom te hou nie en het hom weer laat gaan, alhoewel ons lank gesukkel het om hom weer aan die gang te kry want hy het homself halfvrek baklei.

Die taxidermis het gese hul sal vir my soortgelyke een kan opstop maar ek het nie die sizes nie. Hul sal maar werk op die kg en dit wat hul op die foto sien.

Het een van julle nie n "photoshop tool" wat mens dalk daai vis op een of ander manier kan meet nie?
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by savage(P Coetzer) »

Was dit by Island View?
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by foxripper »

Savage, ja, hoe weet jy?
Was jy ook daar toe die windgat ou van die water af gekom het?
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by savage(P Coetzer) »

Hahaha, ek het self al n paar dae daarso spandeer.
David was ons skipper gewees.
Mens kan jouself lelik kwes by daai plekkie.
Vriende van my was nou so 4 weke terug daar gewees maar die grootste tier wat uitgekom het was bietjie oor die 4kg.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by Piet Pille »

foxripper wrote:Ja dankie, ek was omtrent windgat na die tyd, moet se die brannas en Jagermeisters het mooi geloop daarna.. :)
Zambezi..was op vir n besigheids trip Katima toe en het gou die namiddag vir so 2ure op n boot uit gegaan en ons was oppad om die boot te park toe vat hy.

Ons het nie n maatband gehad om te meet maar net n skaal en toe trek hy die skaal op 5.98kg. Kon ongelukkig nie oor my hart kry om hom te hou nie en het hom weer laat gaan, alhoewel ons lank gesukkel het om hom weer aan die gang te kry want hy het homself halfvrek baklei.

Die taxidermis het gese hul sal vir my soortgelyke een kan opstop maar ek het nie die sizes nie. Hul sal maar werk op die kg en dit wat hul op die foto sien.

Het een van julle nie n "photoshop tool" wat mens dalk daai vis op een of ander manier kan meet nie?
Dis jammer jy't hom nie 'n maand later daar gevang tydens die Zambezi Classic nie- dan was jy in die World Cup! ;)

op wat het jy hom gevang?
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: 6kg Tiervis

Post by foxripper »

Groen Fire Tiger Rapala..het so 2maande terug toe ek ook daar bo was n 2kg een gevang met dieselfde rapala en vreeslik baie pick-ups gehad op daai rapala..die rapala lyk al sleg soos die tiere hom gebyt het maar hy werk..
Post Reply