Die vleis van bulle en ramme het mos 'n bietjie van smaak of reuk.
My vraag is as mens so 'n dier knip en sodoende 'n os, kapater of hamel vir 'n paar maande laat loop gaan die smaak of reuk weg?
Hoelank moet so 'n dier loop en werk dit regtig so of bly die vleis onbruikbaar/
miskien 'n dom vraag maar sal nogal graag wil hoor van iemand wat ondervinding het.
baie dankie
Frik
