Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetisie.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Tegnologie speel deesdae 'n groter rol by die jag van wild as ooit tevore. Dit is veral by langer afstande waar dit sigbaar is. Laser afstandmeters word gereeld gebruik, teleskope met baie hoë vergroting is algemeen, die gewere is baie akkuraat en koeëls met besonderse hoë ballistiese en/of terminale verrigting is beskikbaar. Verder word klein draagbare weerstasies en ballistiese programme op slimfone of rekenaars gebruik om die trefpunt van die koeël oor langer afstande te voorspel.
Die groot vraag is nou in watter mate al hierdie tegnologie die risiko van 'n kwesskoot op langer afstande verminder? Kan daar met sekerheid op afstande verder as 300m na wild geskiet word? Wat word van die skut en sy toerusting vereis om dit te kan doen? Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging het in samewerking met die SA Jagter tydskrif besluit om uit te vind en die kompetisie word op 31 Augustus 2013 by die Piet Joubert skietbaan Noord van Pretoria aangebied. Daar sal vanaf 300m tot 700m na die Springbok- en Wildebeesteikens geskiet word.
Inskrywings is beperk tot 25 spanne van 2 skuts elk. Daar is plek vir 'n maksimum van 10 spanne (of dan 20 persone) wat nie lid van SA Jagters is nie. Daar moet ook 'n minimum van 2 en maksimum 4 spanne wees wat 'n 338 Lapua in die span gebruik.
Aangesien inskrywings beperk is tot 25 spanne, versoek ons dat slegs persone met die nodige toerusting en ervaring in die gebruik daarvan dit sal oorweeg om in te skryf. Spesiale uitnodiging word aan lanafstand skuts soos Ludwig, Wouter, Johan Nel, Marc, Ronald, Eugene, James Wilson, Arnold ens. gerig om in te skryf.
Baie dankie aan Safari en Outdoor wat met 'n reuse borgskap van tot soveel as R36 000.00 tot die kompetisie toegetree het, daar moet net raak geskiet word om dit te verdien.
Gaan na http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=61
vir meer besonderhede en die inskrywingsvorm.

- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Hier kom 'n ding.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
EK sien ook daai ding wat kom.matewis wrote:Hier kom 'n ding.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Chrisjan
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Ek is verseker daar. Kan nie wag nie...
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Sou wat wou gee om daar te wees.
Windhoek is net n bietjie vêr en die vlieg kaartjies nie goedkoop nie, dan kom die probleem om nog n roer saam te vat ook.
Julle manne moet dit geniet.

FanieVenter
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Middag Hercules
Gaan julle so kompetisie in die Karoo ook hou?
Pretoria is so effe ver. Ons Karoomanne is nogal goeie skuts. Springbokke hier by ons staan selde nader as 400m, dan moet man maar vir die die kop gooi terwyl die bokke draf. Ek glo ek en my .270 sal die ding kan doen. Ek skiet hoeka 130gram Highlander punte teen 3400fps uit my ou Brunotjie.
Groetnis
Fanie Venter.

Laat hy val waar hy wil!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Hercules, baie dankie vir jou vriendelike (en persoonlike) uitnodiging. Ek sien hierdie skietdag ongelukkig baie as 'n "put your money where your mouth is" proefneming, maar dis nietemin verblydend om te sien dat SAJWV, minstens bereid is om die "gevoel" te toets...
Ek is nuut tot die lang afstand skiet en jag dissipline en gaan vooraf reguit sê dat ek nie die dag sal bywoon as deelnemer nie, omdat ek nog nie gemaklik genoeg is met my nuwe toerusting nie en ook omdat ek bekommerd is dat my skietvernuf (of gebrek daaraan) op langer afstande, gaan gebruik word om langafstandjag te verdoem. Ek sal egter steeds my bes probeer om die dag by te woon.
Ek sal egter graag net meer besonderhede oor die reels en formaat van die kompetisie wil hê. As dit byvoorbeeld 'n baie winderige dag is (die datum van die kompetisie laat by my die gevoel dat dit baie winderig gaan wees...), hoe gaan dit die kompetisie beinvloed? 'n Langafstand jagter sal byvoorbeeld nie 'n skoot vat op 'n bok as die wind te erg is nie. Hoeveel tyd sal elke deelnemer hê om sy skoot/e te vat, aangesien jy in die veld, baie tyd sal hê om jou skoot so perfek as moontlik te maak? Wat gaan die minimum vereistes wees rakende toerusting? Of gaan Frikkie met sy Musgrave Light 308 en Tasco 3.5-10x44 en sy pakkie Highlands ook geklassifiseer word as 'n "Langafstand jagter"?
Die prysgeld en die "jy wen as jy net die teiken raak skiet" is nie presies in lyn met wat ek as lang afstand jag beskou nie...
Ek luister graag!
Groete

Aim small, miss small
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Ek stem glad nie saam hoe daar na sekere mense op hulle naam verwys word nie. Ek gaan nie name noem nie, maar daar is van die manne wat baklei vir LRH, maar hulle benader dit ook reg deur nie net in te spring en wild op lang afstande te skiet nie, maar dit stelselmatig aan te pak en hulle tegniek en bekwaamheid te verbeter om dit te doen.
Manne verder, wat is die motief agter die komp? is dit die begin van nuwe been van SA jagters of is dit nou maar net om n punt te bewys? Die manier hoe daar na mense verwys word en die toon van die uitnodiging wil dit vir my voorkom of dit dalk is om punt te bewys. Dit is maar my gevoel agter die storie. Maar asb, bewys my verkeerd!!!
Wat van as die omstandighede nie reg is vir skiet?
Ek hoop van harte dat die komp tot voordeel van beide aangewend kan word en die eerste van vele sulkes kan wees.
Manne verder, wat is die motief agter die komp? is dit die begin van nuwe been van SA jagters of is dit nou maar net om n punt te bewys? Die manier hoe daar na mense verwys word en die toon van die uitnodiging wil dit vir my voorkom of dit dalk is om punt te bewys. Dit is maar my gevoel agter die storie. Maar asb, bewys my verkeerd!!!
Wat van as die omstandighede nie reg is vir skiet?
Ek hoop van harte dat die komp tot voordeel van beide aangewend kan word en die eerste van vele sulkes kan wees.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Eugene en Ludwig
Ek het in my plasing hierbo die skakel gegee vir meer besonderhede, hier is dit weer.
http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=61
Die inskrywingsvorm, reëls en teikens met die tel-areas en punte daarop aangedui, is alles daar beskikbaar.
Ek het in my plasing hierbo die skakel gegee vir meer besonderhede, hier is dit weer.
http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=61
Die inskrywingsvorm, reëls en teikens met die tel-areas en punte daarop aangedui, is alles daar beskikbaar.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Dankie Hercules, ek het dit aanvanklik gemis en nou gaan lees. Ongelukkig word sekere van my vrae nie daar geantwoord nie. Enige spesifieke rede waarom daar op 300m net na die kop gemik mag word?Hercules Louw wrote:Eugene en Ludwig
Ek het in my plasing hierbo die skakel gegee vir meer besonderhede, hier is dit weer.
http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=61
Die inskrywingsvorm, reëls en teikens met die tel-areas en punte daarop aangedui, is alles daar beskikbaar.
Aim small, miss small
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
APPELS!!!FanieVenter wrote:Middag Hercules
Ek glo ek en my .270 sal die ding kan doen. Ek skiet hoeka 130gram Highlander punte teen 3400fps uit my ou Brunotjie.
Groetnis
Fanie Venter.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Eugene, Fanie Venter het hierbo geskryf:
Ons Karoomanne is nogal goeie skuts. Springbokke hier by ons staan selde nader as 400m, dan moet man maar vir die die kop gooi terwyl die bokke draf.
Dan is 300m kopskote op stilstaande bokke mos maklik....
Ons Karoomanne is nogal goeie skuts. Springbokke hier by ons staan selde nader as 400m, dan moet man maar vir die die kop gooi terwyl die bokke draf.
Dan is 300m kopskote op stilstaande bokke mos maklik....
- Machann
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Stefan, 50 BMG ens word nie toegelaat nie so daai 450 Rigby van jou is uit ongelukkig.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Hercules
Ek het nou seker n 300 woord antwoord uitgevee en besluit om verby te hou.
Ek dink ek is groter as dit, sorry Willem julle, weet julle beplan n reuse dag, en julle bank seker op paar manne om lekker te kom lood gooi.
Se jou wat, ek gaan plan maak om eerder saam julle te kom Veldskiet
Ek wil net noem dat ek nou eers beledig voel, ek is diep teleurgesteld in SAJWV se manier hoe hierdie onderwerp benader word
Mooi loop, hoop jy en jou vriend kry julle resultaat
Marc

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Hercules, ek is nie Fanie Venter nie en ek het nie tyd om te mors op 'n kompetisie wat duidelik net daar is om 'n oningeligte punt te bewys nie...
Geniet jou kompetisie en jou dag verder.
Geniet jou kompetisie en jou dag verder.
Aim small, miss small
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Beste Herculas
Ek is bly om te sien jy en julle vereniging het begin "backtrack",alhoewel ek nog geensins enige apologie hier sien nie!, maar dit daar gelaat!
Baie dankie vir die persoonlike uitnodiging. Ek sal die dag baie graag wil bywoon. Dit sal egter afhang van n eerlike antwoord! Is dit n "come put your money where your mouth is" oefening, of is dit n " change of hart" oefening van SA Jagters se kant af? Los asb die diplomasie en antwoord sommer reguit!
Indien dit 'n Change of hart is, is ek daar, en neem ek deel, soos met enige ander kompetiese waaraan ek al deelgeneem het ( en al baie gefaal het), indien nie, geniet julle side show!
Groete
Kopskoot

Manne
Ek wil net graag noem dat ek baie bevooreg voel om my naam saam ikone soos julle te sien in een sin. Dankie daarvoor Hercules, ek voel gevlei, maar nie seker of ek dit verdien nie
Mooi loop
Marc
Ek wil net graag noem dat ek baie bevooreg voel om my naam saam ikone soos julle te sien in een sin. Dankie daarvoor Hercules, ek voel gevlei, maar nie seker of ek dit verdien nie
Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Dagse
Ai manne asseblief, ek vra mooi kan ons nie van hierdie ding iets goeds maak nie. Marc, ek het nie die vorige draad goed gevolg nie, wil jy nie maar met my kom gesels oor die dinge wat jou pla nie. Kan ons nie 'n oplossing probeer kry nie. Ek wil julle in alle eerlikheid antwoord dat ek van my kant af geensins die skiet gaan bywoon om iets in SA Jagter te plaas wat se, "Ja, ek het mos gese nie." Ek wil baie graag leer en ja ek wil graag iets daaroor skryf, maar dit sal positief wees.
Ek wil weet van watter afstande af dit moeiliker raak, wat die faktore is wat 'n skoot vergemaklik of moeiliker maak. Ek is nuuskierig oor die toerusting en die ladings, asook die gewere wat gebruik word. Kortom, ek dink dit kan vir 'n baie interessante artikel sorg. En natuurlik sal ek in ag neem dat omstandighede dalk op die dag nie ideaal is nie en dit so aanteken. En aanteken dat skuts dan nie die skoot sal neem in die ware jagveld nie.
Ons kan so 'n groot klomp statistieke uit so 'n oefening kry en dalk selfs meer mense aanmoedig om hul toerusting te verbeter en ook hul skietvermoe. Ek sal juis graag die manne daar wil sien wat kan skiet dat ons van hulle kan leer. Ek het reeds in die vorige draad genoem dat ek steeds oor 300m sal skiet ten spyte van die SA Jagterverklaring en juis daarom is ek gretig om meer te leer.
Ek weet daar is mense wat blykbaar botsende persoonlikhede het en liggeraak is oor sekere aan- en opmerkings maar kan ons nie vir daardie een dag 'n bietjie saamwerk nie? Ek sal bitter graag die langafstandskuts se saak wil stel, maar gee my dan die geleentheid om dit te doen met praktiese resultate. Anders het ek mos geen voet om op te staan nie. Onthou al kan ons net mense help wat tussen 300 en 450m wil skiet het ons al klaar baie gevorder.
Daarom vra ek weereens mooi, wil julle verskietmense nie help nie. Ek is regtig op soek na goeie, praktiese antwoorde en wenke wat ander skuts kan help. As die lang skote moontlik is dan se ek so en as daar slaggate is waarvoor mense moet oppas dan moet ek dit ook uitlig. Natuurlik gaan ek nie iets skryf soos "Kosie en Pietie het net gekwes nie." Behalwe vir die wenners se name (met hul toestemming) sal ek nie name noem nie. As ons nie skiet nie sal ons mos nie weet nie. 'n Mens moet tog kan bewys wat moontlik is en wat nie. Verder dink ek die pryse is regtig aanloklik.
Moet asseblief nie weer begin baklei nie. Geen kompetisie is foutloos en perfek nie, maar om met eindelose argumente en teenargumente te kom oor hoekom dit sal werk of nie sal werk nie en wat die motiewe is of nie, bring ons niks in die sak nie.

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Herculus,Hercules Louw wrote:Tegnologie speel deesdae 'n groter rol by die jag van wild as ooit tevore. Dit is veral by langer afstande waar dit sigbaar is. Laser afstandmeters word gereeld gebruik, teleskope met baie hoë vergroting is algemeen, die gewere is baie akkuraat en koeëls met besonderse hoë ballistiese en/of terminale verrigting is beskikbaar. Verder word klein draagbare weerstasies en ballistiese programme op slimfone of rekenaars gebruik om die trefpunt van die koeël oor langer afstande te voorspel.
Die groot vraag is nou in watter mate al hierdie tegnologie die risiko van 'n kwesskoot op langer afstande verminder? Kan daar met sekerheid op afstande verder as 300m na wild geskiet word? Wat word van die skut en sy toerusting vereis om dit te kan doen? Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging het in samewerking met die SA Jagter tydskrif besluit om uit te vind en die kompetisie word op 31 Augustus 2013 by die Piet Joubert skietbaan Noord van Pretoria aangebied. Daar sal vanaf 300m tot 700m na die Springbok- en Wildebeesteikens geskiet word.
Inskrywings is beperk tot 25 spanne van 2 skuts elk. Daar is plek vir 'n maksimum van 10 spanne (of dan 20 persone) wat nie lid van SA Jagters is nie. Daar moet ook 'n minimum van 2 en maksimum 4 spanne wees wat 'n 338 Lapua in die span gebruik.
Aangesien inskrywings beperk is tot 25 spanne, versoek ons dat slegs persone met die nodige toerusting en ervaring in die gebruik daarvan dit sal oorweeg om in te skryf. Spesiale uitnodiging word aan lanafstand skuts soos Ludwig, Wouter, Johan Nel, Marc, Ronald, Eugene, James Wilson, Arnold ens. gerig om in te skryf.
Baie dankie aan Safari en Outdoor wat met 'n reuse borgskap van tot soveel as R36 000.00 tot die kompetisie toegetree het, daar moet net raak geskiet word om dit te verdien.
Gaan na http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=61
vir meer besonderhede en die inskrywingsvorm.
Baie dankie vir jou uitnodiging na hierdie kompetisie toe. Ek is egter maar een van daardie skuts wat nog nie verby die magiese 300m akkuraat kan jag of skiet nie, en my toerusting is absoluut ontoereikend, maar ek waardeer die gebaar (langafstand skut is op hierdie stadium beslis 'n 'misnomer' in my geval). Ek dink egter dat hierdie 'n stap in die regte rigting is om die vorm van skiet te toets en hopenlik ook te bevorder. Ek dink ook dit sal 'n platform skep om realiteite uit te wys en ook die vlak van toegewydheid wat langafstand skiet en jag, vereis. Ek sal die kompetisie egter graag wil bywoon as 'n toeskouer en ondersteuner.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Manne
Ek skiet nie ver nie want ek is nie so bekwaam om dit te doen nie. Ek moet eerlik se hierdie kompetisie maak nie vir my sin nie. Hoekom nou die omkeer van SA jagters?. Ek moet ook noem dat ek het geen probleem met lang afstand skiet nie. Ek dink hierdie manne het n besonderse talent.

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Ek sou definatief baie graag die skiet wil bywoon om die manne soos Ludwig, Wouter Chrisjan Ronald ens. in aksie te sien (nie om self te skiet nie)en so bietjie te druel oor hulle toeristing en te leer van die manne.
die vorige gesprek het net my belangstelling geprikkel om die lang afatand te doen en ek het besluit om 'n lang afstand geweer te bou. So hierdie sal ek baie leersaam vind en regtig wil sien wat die verskillende kalibers doen,juis as daar se effe wind is.
Ek hoop dus regtig die manne wat kan, kom neem deel sodat van ons kan leer.
groete
JP

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Ai, manne, hier pak ons al weer die waens en trek!
Kan ons as Volkie nie maar mekaar se bonafides aanvaar nie?
Ek is natuurlik boos omdat my naam as moontlike deelnemer, nie eers genoem word nie!
Groetnis.

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Nou ja toe....
Die uitdaaging is daar gestel.
Ek gaan hom mis want ek is land uit maar hoop daar sal wel verslag gedoen word en fotos geplaas word van die dag.
Piet Joubert skietbaan is n black sam om oor 300m kondisies reg te lees.
Dis mos deel van lang afstand skiet...
Hoop manne wat gereeld kompetisies skiet soos FKlas gaan ook n draai maak.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
immelmanw
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Naand Manne
Eerstens geluk aan SAJWV wat met die briljante idee vorendag gekom het om skiet/jag op langafstand te beproef, toets en deur middel van dit statistiek in te win om ons almal beter jagters/skieters te maak.
Manne, n mens kan sekerlik elke sin lees soos jy wil, ek het telkens op skool die vrae anders verstaan as wat dit op die vraestel gestaan het, net so probeer ons/julle nou goed lees en sien wat nie bestaan nie. Ek het in meeste van die SAJWV vergaderings ingesit waar die skiet beplan was, nog nooit was die woorde gebruik "kom bewys jouself nie" Die hele benadering was, kom ons skep n omgewing waar ons langafstand op bokke kan skiet en saam sien en avalueer watter toerusting werk beter, watter eksterne faktore het n rol gespeel en tot op watter afstand/gemiddelde was ons suksesvol.
My eniste vereiste vir so dag was dat ek so opgewonde is oor die idee, ONS MOET SO DAG IN DIE KAAP OOK AANBIED. SAJWV het my nie een oomblik gevra vir n borgskap nie, ek dink dit is so great idee dat ek aangebied het om betrokke te raak by so n dag!
Hoekom probeer ons klein groepie Jaracal manne nie n slag die goeie en positiewe ook in iets sien nie. As jy dalk iewers iets te veel of een of ander opmerking oor die LANGAFSTANDJAG gemaak het wat die gemoedere laat kook het (ek het ook) kom ons kyk mekaar in die oe en se, right manne, ons hoor mekaar, vergewe mekaar (waarvoor ook al) en probeer saamwerk aan iets wat ons almal baat by sal vind. Daar is niks negatiefs aan so kompetisie nie, en as jy nie so goed skiet soos jou tikvermoee op Jaracal nie, so what, ons is almal grootmense, die lewe is lekkerder en belangriker as om te worry oor n mis skoot op 600m......of se n mens n kwesskoot op 600m.
Ek sien uit na n lekker dag op die baan!

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Dit is 2000grein....nee maat, hou sommer vanaand op skiet hoor, jy gaan iemand seer maak...FanieVenter wrote:Middag Hercules
Gaan julle so kompetisie in die Karoo ook hou?
Pretoria is so effe ver. Ons Karoomanne is nogal goeie skuts. Springbokke hier by ons staan selde nader as 400m, dan moet man maar vir die die kop gooi terwyl die bokke draf. Ek glo ek en my .270 sal die ding kan doen. Ek skiet hoeka 130gram Highlander punte teen 3400fps uit my ou Brunotjie.
Groetnis
Fanie Venter.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)