My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul
Posted: Sun Jul 21, 2013 7:57 pm
Nou Donderdag wat verby is stop ek na 'n jakkalsjag te Vredefort gou op die plaas om hout vir die kaggel op te laai. Ek ry gou deur die veld en kyk of alles reg is met die diere, laai die hout en ry terug Klerksdorp toe om my ander sake te doen onder andere om vir Geno 'n nuwe klank te mail wat ek per toeval getoets het. Kom by die huis en kry die oproep van die plaasbestuurder; Ian, Napoleon die groot Swartwitpens is uit. Daar het 'n Hartman Sebra deur die drade gebreek en Napoleon is daar deur. My grootste nagmerrie het waar geword want daar is nog twee kampe met ander bulle in, Collin en Caeser. Nou weet ek as ek nie 'n plan nou maak gaan dit die "FIGHT" van die jaar wees want hulle baklei tot die dood intree. Ek skakel gou my veearts en hy kan my nie help nie maar hy kan vir my twee "Darts" gee vir ingeval ek die eerste een mis. Ek pak al my toerusting en ry met 'n spoed Kommandonek toe. Kom daar, reel nog twee bakkies, radio's en elke lewende siel op die plaas. Ons is nou 6 mense in totaal, 3 bakkies, 2 per bakkie en begin die plaas plat te ry maar geen Napoleon.
17H15 staan ek bo op 'n heuwel met die verkyker en ek merk Napoleon kom uit 'n digte bos gehardloop en 'n paar sekondes later die Kameelperde. Ek laat weet almal die "Dart" is aan en sy posisie. Ek ry gou om na die oop stuk veld en merk hom op naby die Kameelperde. Die volgende oomblik "home" die Kameelperdbul in op Napoleon en stap met 'n spoed na hom toe. Napoleon het gesien hier kom moeilikheid en in 'n digte bos in die hoek van die plaas gaan wegkruip.Ek kry hom 10 meter van die bakkie doodstil staan en hy weet ek kan hom nie deur die takke in die hande kry. Ek het met die dartgeweer hom bekruip maar hy hardloop net vir die volgende ruigtes en kruip daar weg Die skemer het my gevang en ek roep dit die dag. Ek het Donderdagaand met die soeklig die plaas en Swartwitpenskampe gefynkamp maar geen Napoleon.
Vrydagoggend 06H40 merk ek hom op bo naby sy kamp, ek ry in sy rigting, kom daar en hy verdwyn soos die Skim. Ons fynkamp die plaas die hele dag en ek weet my moeilikheid gaan groter word want die werkers gaan huis toe vir die naweek. Ek roep dit weer die dag by 17H15 en reel een werker om agter te bly vir Saterdag. Ek het nou intussen gereel dat my vrou en kinders ook moet deurkom plaas toe. Ons eet aandete en my Dogter Marli sê ons moet gou weer met die soeklig gaan ry. 21H15 lig ek die gang op tussen die swarwitpenskampe en daar het my nagmerrie waar geword. Collin en Napoleon baklei verwoed deur die drade, ek jaag op hom af en hy steur hom nie aan die bakkie nie want hy het een ding op sy brein en dis baklei. Ek skakel die bestuurder en sê hulle moet kom met die bakkie en TLB. Die volgende oomblik sak die twee bulle op hulle knieë vir die dood en ek besluit nou stamp ek jou. Wel, hy het die boodskap gekry en weer net verdwyn in die ruigtes. Ek reel dat ons mekaar aflos met die soeklig deur die aand om 'n bakleiery te voorkom maar hy het nooit opgedaag.
06H45 kom ek weer op die kampe afgery en daar is net stof soos wat Caeser en Napoleon baklei en ek jaag op hulle af en merk 3 Y-pale is af teen die grond. Napoleon het gesien hierdie baas is nou moeilik en het net weer in die ruigtes verdwyn. Ek reel dat Bossie (plaaswerker) in die bakkie sit en die kampe fynkamp en my laat weet as hy sy gesig weer kom wys. Ek, die kinders en plaasbestuurder besluit om die middelpad te ry want hy is laas in daardie rigting. Ek merk hom op in ruie bos links van die pad en besluit om hom te voet te bekruip. Ek het 10 meter gekom toe besluit hy, hy gaan vir sy bos in die berg. Ek het teruggespring in die bakkie en besef as hy oor die pad kom is dit neusie verby. Die Isuzu het nie geweet wat tref hom nie want ek is toe al mooi keelvol vir die bul. Ek het langs hom ingejaag, hy het vasgesteek, ek op die remme, hy draai mooi dwars op 48 meter en ek skiet 'n 2cc dart in sy regterblad om 08H28. Hy gaan lê 08H33, 08H35 laai ek die bestuurder by die TLB af en kry vir Bossie. Ons laai die bul met die TLB op my bakkie en 08H55 staan Napoleon weer op in sy kamp.
Dit was nou die stresvolste drie dae van my lewe en glo my die vliegtuig was vroeg oor op Saterdagoggend nadat alles verby was.
Foto's volg