My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Ian »

Nou Donderdag wat verby is stop ek na 'n jakkalsjag te Vredefort gou op die plaas om hout vir die kaggel op te laai. Ek ry gou deur die veld en kyk of alles reg is met die diere, laai die hout en ry terug Klerksdorp toe om my ander sake te doen onder andere om vir Geno 'n nuwe klank te mail wat ek per toeval getoets het. Kom by die huis en kry die oproep van die plaasbestuurder; Ian, Napoleon die groot Swartwitpens is uit. Daar het 'n Hartman Sebra deur die drade gebreek en Napoleon is daar deur. My grootste nagmerrie het waar geword want daar is nog twee kampe met ander bulle in, Collin en Caeser. Nou weet ek as ek nie 'n plan nou maak gaan dit die "FIGHT" van die jaar wees want hulle baklei tot die dood intree. Ek skakel gou my veearts en hy kan my nie help nie maar hy kan vir my twee "Darts" gee vir ingeval ek die eerste een mis. Ek pak al my toerusting en ry met 'n spoed Kommandonek toe. Kom daar, reel nog twee bakkies, radio's en elke lewende siel op die plaas. Ons is nou 6 mense in totaal, 3 bakkies, 2 per bakkie en begin die plaas plat te ry maar geen Napoleon.

17H15 staan ek bo op 'n heuwel met die verkyker en ek merk Napoleon kom uit 'n digte bos gehardloop en 'n paar sekondes later die Kameelperde. Ek laat weet almal die "Dart" is aan en sy posisie. Ek ry gou om na die oop stuk veld en merk hom op naby die Kameelperde. Die volgende oomblik "home" die Kameelperdbul in op Napoleon en stap met 'n spoed na hom toe. Napoleon het gesien hier kom moeilikheid en in 'n digte bos in die hoek van die plaas gaan wegkruip.Ek kry hom 10 meter van die bakkie doodstil staan en hy weet ek kan hom nie deur die takke in die hande kry. Ek het met die dartgeweer hom bekruip maar hy hardloop net vir die volgende ruigtes en kruip daar weg Die skemer het my gevang en ek roep dit die dag. Ek het Donderdagaand met die soeklig die plaas en Swartwitpenskampe gefynkamp maar geen Napoleon.

Vrydagoggend 06H40 merk ek hom op bo naby sy kamp, ek ry in sy rigting, kom daar en hy verdwyn soos die Skim. Ons fynkamp die plaas die hele dag en ek weet my moeilikheid gaan groter word want die werkers gaan huis toe vir die naweek. Ek roep dit weer die dag by 17H15 en reel een werker om agter te bly vir Saterdag. Ek het nou intussen gereel dat my vrou en kinders ook moet deurkom plaas toe. Ons eet aandete en my Dogter Marli sê ons moet gou weer met die soeklig gaan ry. 21H15 lig ek die gang op tussen die swarwitpenskampe en daar het my nagmerrie waar geword. Collin en Napoleon baklei verwoed deur die drade, ek jaag op hom af en hy steur hom nie aan die bakkie nie want hy het een ding op sy brein en dis baklei. Ek skakel die bestuurder en sê hulle moet kom met die bakkie en TLB. Die volgende oomblik sak die twee bulle op hulle knieë vir die dood en ek besluit nou stamp ek jou. Wel, hy het die boodskap gekry en weer net verdwyn in die ruigtes. Ek reel dat ons mekaar aflos met die soeklig deur die aand om 'n bakleiery te voorkom maar hy het nooit opgedaag.

06H45 kom ek weer op die kampe afgery en daar is net stof soos wat Caeser en Napoleon baklei en ek jaag op hulle af en merk 3 Y-pale is af teen die grond. Napoleon het gesien hierdie baas is nou moeilik en het net weer in die ruigtes verdwyn. Ek reel dat Bossie (plaaswerker) in die bakkie sit en die kampe fynkamp en my laat weet as hy sy gesig weer kom wys. Ek, die kinders en plaasbestuurder besluit om die middelpad te ry want hy is laas in daardie rigting. Ek merk hom op in ruie bos links van die pad en besluit om hom te voet te bekruip. Ek het 10 meter gekom toe besluit hy, hy gaan vir sy bos in die berg. Ek het teruggespring in die bakkie en besef as hy oor die pad kom is dit neusie verby. Die Isuzu het nie geweet wat tref hom nie want ek is toe al mooi keelvol vir die bul. Ek het langs hom ingejaag, hy het vasgesteek, ek op die remme, hy draai mooi dwars op 48 meter en ek skiet 'n 2cc dart in sy regterblad om 08H28. Hy gaan lê 08H33, 08H35 laai ek die bestuurder by die TLB af en kry vir Bossie. Ons laai die bul met die TLB op my bakkie en 08H55 staan Napoleon weer op in sy kamp.

Dit was nou die stresvolste drie dae van my lewe en glo my die vliegtuig was vroeg oor op Saterdagoggend nadat alles verby was.

Foto's volg
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Ian »

Foto's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Ian »

Foto's volg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by DWB »

Liewe Ouers Ian,

Klink rof.

Is dit darem nie een van die mooiste diere wat die aarde betree nie!?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by grumpy »

Baie mooi.

Net vir interresantheid, ek behoort aan Swartwitpens Jagters Vereeniging.

Een van die mooiste diere. Sal hom nooit jag behalwe met n kamera.
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by uitenwaj »

Bly alles het darem uit gewerk, daai manne kos baie geld!!! Lyk my jy is n man van vele talente.
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Ian »

Grumpy en DWB

Ja, dit is persoonlik vir my ook die mooiste bok.
Hier is 'n foto van hom 'n paar jaar terug. Ek was al by gewees waar 'n klient 'n 42" bul geskiet het en dit was nie vir my aangenaam nie.

uitenwaj
Ek is geseend met dit wat ek doen en ek sit alles in en geniet nog steeds elke oomblik
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Boertjie »

Ian

So dit is die rede dat ek nog nie my email gekry het nie ;D Nou verstaan ek

Boera
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Marc »

Bly dit was nie ek nie, die Baas sou nie so geduldig gewees het nie, aand een het ek dit al verloor. Dit moet n man op slag tien jaar jonger maak om twee kaveliers te sien lemme swaai, veral as hulle albei nog jou belang is ook. Dis n mooi bul daai, bly alles het goed afgeloop.

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by grumpy »

Ian, baie mooi foto en baie mooi bok.

Sien jy is KLerksdorp omgewing. My skoonma bly daar so ek probeer gewoonlik jag in Noord Wes. Ek laai vrou en kinders daar af dan gaan ek aan met my jag van daar.

Dankie vir die deel van die mooi dier.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Chevvy SS »

Ian, gee liewer volgende keer 'n naam soos Gammat of Gatiep. Napoleon was 'n bakleigat!

Baie bly jy het hom terug.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by PWV »

Ian
Pragtige dier.
Bly vir jou part dat alles so voorspoedig afgeloop het.
Hoeveel van die diere het jy daar by jou?
Groetnis
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by uitenwaj »

chevvy ss die bok was Napoleon genoem en hy wil net baklei, as Ian hom Gammat of Gatiep noem gaan daai bok Ian arm drink aan die pap sakke. :laugh:

Sal dit self moeilik vind om so prag dier te skiet. daar is nou maar net so paar diere op my lys wat ek nooit sal skiet nie.
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Ian »

Nou het ek lekker gelag vir al die name. Julle moet 'n naam uitdink vir 'n bul wat net vroulikke kallers kan maak want Napoleon het die jaar net bul kallers gemaak.

Grumpy, ek gaan jou kwalik neem as jy weer in die wêreld kom sonder om hallo te kom sê, my deur staan altyd oop.

Oom Pieter, daar is drie teelkampe en in totaal 5 manlike- en 13 vroulike diere. Hierdie spesie is nou baie sensitief om mee te boer omrede hulle 'n groot rangorde het.

Boertjie, lekker om jou weer hier te sien. Ja, jy is reg was druk besig. Ek stuur more die mail.

'n Foto van Napoleon in 'n goeie nat jaar. Hier staan hy in 'n Smitsfinger land.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Mon Jul 22, 2013 8:07 am, edited 1 time in total.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by JPS »

Ian,

regtig 'n prag bul daai. sien hy hou jou op jou tone.

Net uit nuskierigheid is hulle baie Pieperige diere, maw vrek hulle redelik maklik van koue ens.? het erens gehoor hulle is baie sensatief en vrek redelik maklik? kan jy dalk bevestig?

mooiloop
JP
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Ian »

JPS

WEET JY DAT DIT SO KOUD WORD BY ONS DAT HUL OORPUNTE VRIES AF MAAR HULLE VREK NIE VAN DIE KOUE NIE. HULLE IS BAIE VATBAAR VIR PARASIETE EN DAN OOK VIR ROOFDIERE WANT HULLE STEEK DIE KALLERS WEG VIR 3 WEKE. Nee, dit is nie 'n pieperige bok nie maar hulle het ook 'n Alpha koei wat die rangorde reguleer soos bv. as jy nou 'n nuwe vers of koei by 'n familiegroep insit sal die Alpha koei haar dood maak. Die bul weer sal sy bul kallers dood maak op 8 tot 10 maande oud. Hy sal ook geen ander bul naby duld nie. So die beste is maar om al die nuwe aanwas op speenouderdom uit te haal om verliese te voorkom.

Goed om van jou te hoor
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Reggie Gerber »

WOW Ian

Bly jy kon jou moelikheid darum uitgesorteer kry

Pragtige bok

Reggie
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Frikkiedbr »

Ja nee wys jou net bok bly maar 'n bok, soek altyd nuwe blare en gras :)
Ek is bly jy het hom gekry en dat jou bloed bietjie vinniger gevloei het, hom mens jonk ++>:

Ek dink om met diere te werk is een van die lekkerste dinge op die aarde.
Stress vol maar lekker.

Geniet jou beroep Ian en dankie vir die deel

Mooi dag daai kant
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Lourens Potgieter »

Lyk soos 'n bok wat mens nie kaalhand aanpak nie....behalwe as hy gedart is, hahaha....

Pragtige dier....
Stasoft
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Stasoft »

Regtig pragtige bok en bly om te hoor alles het darem reg uitgewerk.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Geno »

Ian,
Bly jy kon die fransman ongedeurd terug in sy kamp kry. Ek het saam met jou gestress!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Hilux01 »

Ian n prag dier - bly dinge kon mooi uitdraai
Ek stem nie saam met die naams verandering na Gatiep of Gamat nie - dit kan dalk net maak dat hulle volgende keer in n mes geveg betrokke raak
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by vriell »

Mooi bly darem maar mooi ! Bly dit het reg uitgewerk.
Dankie dat jy dit met ons gedeel het.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by BRNO (Pierre) »

Soos ek dit het gebruik gatiep en Gammat so effe meer van die ewel foggies ook. Dit kan dalk net maak dat die hulle so bietjie meer rammetjie uitnek raak, en meer teel ook.
Veiligheid eerste manne!
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: My drie dae van HEL met 'n Swartwitpensbul

Post by Spekboom »

;D En daar kry NAPOLEON sy WATERLOO ;D
Eks bly jyt nie te veel skade gehad nie mater.
Post Reply